Judaïsme vs die Christendom

  • 13

Die probleem wat sommige mense, veral agnostici en sekulariste het, is om te onderskei tussen wat bekend is as Judaïsme (’n onbekende term in die tyd toe die HERE Sy bediening op aarde gedien het, maar beskrywend van die religie van fariseërs en sadduseërs) en die werklike Israelitiese of Joodse Godsdiens. Laasgenoemde kan ons dan die Abrahamiese- of Verbondsgodsdiens noem – dít is die Godsdiens wat ontwikkel het sedert Noag, Melgisedek, Abraham, Moses en dan die HERE Jesus Christus.

Sedert Abraham is dié Godsdiens deur God se uitverkore volk, die twaalf seuns van Jakob (Israel), via Moses, ontwikkel.

Dit is insiggewend dat die Goddelike profete álmal terugverwys na dié voorafgaande Godsdiens, ter verdoeming van wat tóé in Israel en Juda besig was om te gebeur en hulle deur dié profete geroep word om terug te keer na die ware Godsdiens, dié van Abraham, Izak en Jakob (Israel). In dié tyd was daar ook telkens konings in Juda én Israel, wie wél teruggekeer het na die ware Godsdiens en daar word in die Woord baie duidelik onderskeid getref tussen hulle en die ander, wat nuwe afvallige rigtings ingeslaan het (wat uiteindelik tot die twee volke se verstrooiing gely het) – tóé al het God deur die profete gewaarsku dat God die Verbondsgodsdiens deur ander volke sal voorsit en die afvallige Israel sal verstrooi en uitsluit (Jesaja 2:2-4; Lukas 14:17-24).

Wat inderdaad gebeur het … Want Israel en Juda ís uiteindelik verstrooi weens hulle afvalligheid en in die verstrooiing het hulle grootliks afgewyk (die ontstaan van die Judaïsme, soos ons dit vandag in selfs meer afgewaterde en veranderde vorm, ken) van die Verbondsgodsdiens.

Vir ongeveer 4 eeue daarna is die ware Godsdiens net deur ’n kerngroep gelowiges beoefen – sien Esra en Nehemia in daardie verband - en dit wil voorkom of meeste van hulle nie eens die tempel bygewoon het op Sabbatte nie.

Ons sien dit ook bevestig deur die HERE se keuse van apostels en dissipels. Alhoewel die HERE gereeld op die Sabbatte na die tempel gegaan het om daar te gaan onderrig (HY doen dit immers al van sy twaalfde jaar af), het Hy juis Sy dissipels buite tempelverband, waar die Judaïsme in sy verskyningsvorms van die fariseërisme en die sadduseërisme bedryf was, gaan aanstel – dáár waar hulle met hulle werk besig was. Gééneen van hulle was dus “kerkgangers” nie, anders sou die HERE hulle juis daar aangetref het ... Die huiskerkstelsel was toe reeds al in gebruik en het mense huisaltare gehad waar hulle hul offerandes gebring het en dit is waar ware gelowiges hul Verbondsgodsdiens nog getrou beoefen het – die eerste volgelinge.

Trouens, toe die vername, hooggeplaaste fariseër Nikodemus Jesus in die donkerte van die nag nader met die erkenning dat die HERE van God is en met die versoek om hom touwys te maak aangaande die ware Godsdiens, was Jesus se antwoord dat Nikodemus die religie moes los waarmee hy besig was, deur wedergebore te word uit die Gees – wat Nikodemus as afvallige en spiritueel afgestompte Judais, natuurlik net so min kon verstaan soos vandag se Chrisse, Angusse, Thomasse, Wouters, ens.

Daar is verskeie ander verwysings in die Woord waar die HERE duidelik gemaak het dat die religie waarmee die fariseërs en sadduseërs, die Judaïste, mensgemaakte versinsels is en hulle van God verwyder het. Ek verwys na sommige belangrike daarvan in my ander artikel hieroor, asook Mattheus 15:1-3, 6-9; 23:23-33 wat baie belangrike aspekte van die Judaïsme uitwys wat lynreg téén die Verbondsgodsdiens, is.

Duidelik die HERE Self, die antieke Verbondsgodsdiens as synde die ware en oorsponklike Godsdiens, waar dié juis in Hóm vervul word, bevestig, waar HY, na aanleiding van die verbreking van daardie Godsdiens deur die Judaïsme, sê:

“17“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle, hulle volle betekenis te laat kry. 18Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is. 19“Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer (die Judaïste van die tyd), sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. 20Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.”

Só is die Christendom die ware antieke en ewige Godsdiens en die Judaïsme, ’n afwykende sekte. Daar is talle Jode wêreldoor vandag, wie tot die Christendom bekeer.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 13

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus, met alle rerspek; jou "huiskerkstelsel" is presies wat jy veronderstel - jou eie mensgemaakte stelsel waarin jy jou ego as die mees spiritueel intelligentste midde 'n handjie vol onderdruktes streel.

     
    Jou veronderstellinge hierbo oorskry soos altyd die mees absurde argument.
     
    Natuurlik val alle waarheid jou verby.
     
    Maar probeer tog asb om eerlik te wees en voer 'n bron of wat aan wat jou wilde aannames staaf. 
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
  • Kobus de Klerk

    In sy The New Testament In Light Of Modern Research skrywe Adolf Deissmann

    “…And there is also prophetic inspiration. Without inspiration there would be no Christianity, and the New Testament would never have originated ... Historical questions demand historical answers ... Also the Man from whom the greatest spiritual impulse has come, an impulse which is felt through two thousand years of Christian history, Jesus of Nazareth, in common with His disciples, had the greatest reverence for the Holy Scriptures. It is not insignificant, in this connection, that in the narrative of Luke we find Him when He was twelve years old, in the Temple sitting among the learned, listening to them and asking questions. We gather from the words of Jesus, which have been handed down to us, that He was intimately acquainted with the contents of the Holy Scriptures, and had the greatest love for them. Yet He did not bow down to the letter of the Law, for example, the Sabbath commandment; He performed works of relief and love to His neighbor on the Sabbath. But still he would not annul the Holy Scriptures. He even confessed once, “Think not that I came to destroy the law or the prophets: I came not to destroy, but to fulfill. For verily I say unto you, Till heaven and earth pass away, one jot or one tittle shall in no wise pass away from the law” ... Christianity originated in a country in which a book, as Holy Scriptures, enjoyed unique reverence because men heard the voice of God Himself in its lines. Jesus of Nazareth, the Prophet of the Gospel, and His circle of disciples paid all respect and reverence to this Holy Book, as their inheritance from their fathers and forefathers. All this is certain. But it is also quite as certain that the Gospel itself did not begin with a sacred book, not even with a single written page, or one inscription on a stone or in bronze. Jesus Himself has not left a single line written by his own hand, and He never commanded one of his intimate friends, saying, “Take a pen and write down the words which I say unto thee” ... It is part of the unsurpassable greatness of the historical Jesus that He did not come forward as a lawgiver with sections and paragraphs, but rather as a sower who scattered with blessing hands the divine seed over the field. This seed He left to itself, so convinced was He of its vitality. The Jesus who wrote no book but staked all on the Spirit and the living Word surpassed all the book prophets. If Christianity began with Jesus, then it can be said that it did not begin with a book. Christianity is older than the sacred book of Christianity, Christianity is older than the New Testament. In the beginning was, not the book and not the letter; in the beginning was the Word and the Spirit. First of all Christianity learned to pray, afterward it learned to write — just like the children. The prayer, “Our Father,” is older than the New Testament; the Gospel is older than the Gospels. Thus we place a non-literary, a pre-literary period in the history of Primitive Christianity. From this it can be said that Christianity, in its origin, is not a book-religion, as many have asserted ... But the fact that it owned the Old Testament does not distinguish Early Christianity from Judaism. What distinguished Early Christianity from Judaism was, not the possession of a book, but rather the possession of the personality of Jesus of Nazareth. With Jesus everything depends on the vitality of the Word, on deep thinking, on a living, winged Spirit, on the simple, triumphant Truth. In the beginning was, not the book, in the beginning was the Word which had become flesh in Jesus of Nazareth.

    Deismann is een van die mees gerekende moderne geskiedkundiges en teologiese kommentators in die teologiese wêreld.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    The International Standard Bible Encyclopedia stel die Christelike Godsdiens as absolute Godsdiens, en sy globale oorsprong, as volg:

    “From the first, Christianity aimed at being a world-conquering principle. The task it set before itself was stupendous. Its message was not one likely to commend it to either Jew or Greek. It renounced temporal weapons; had nothing to rely on but the naked truth. Yet from the beginning it had a remarkable reception. Its universal principle was still partially veiled in the Jewish-Christian communities, but with Paul it freed itself from all limitations, and entered on a period of rapid and wide diffusion. It is the custom, even in circles where the full supernatural claims of Christianity are not admitted, to speak of Christ’s religion as, in comparison with others, “?the absolute religion,?” meaning by this that in Christianity the true idea of religion, which in other faiths is only striven after, attains to complete and final expression. Hegel, e.g. speaks of Christianity as the “?Absolute or Revealed Religion?” in the sense that in it the idea is discovered of the essential unity of God and man (thus also T. H. Green, E. Caird, etc.); others (e.g. Pfleiderer) in the meaning that it expresses the absolute “?principle?” of religion — a Divine sonship ... It is the final and perfect revelation of God for which not only revelation in Israel, but the whole providential history of the race, was a Divinely ordained preparation. It is absolute in the sense that a larger and fuller revelation than Christ has given is not needed, and is not to be looked for. Not only in this religion is all truth of Nature about God’s being, attributes and character, with all truth of Old Testament revelation, purely gathered up and preserved, but in the person and work of the incarnate Son a higher and more complete disclosure is made of God’s Fatherly love and gracious purposes to mankind, and a redemption is presented as actually accomplished adequate to all the needs of a sinful world. Mankind can never hope to attain to a higher idea of God, a truer idea of man, a profounder conception of the end of life, of sin, of duty, a Diviner provision for salvation, a more perfect satisfaction in fellowship with God, a grander hope of eternal life, than is opened to it in the gospel. In this respect again, Christianity stands alone (compare W. Douglas Mackenzie, The Final Faith, a Statement of the Nature and Authority of Christianity as the Religion of the World).”

    Die vetgedrukte gedeeltes (my aksentuering) lig die oorsprong van die Christelike Godsdiens en die ganse antieke ontwikkeling regdeur die Ou-Testamentiese tyd (wat beskrywe word as ’n voorbereidings periode vir die kulminasie in die volvoering daarvan in die HERE Jesus Christus), duidelik uit. Die noodwendige implikasie is dat die Judaïsme soos ons dit ken, ’n tussenperiodieke afsplintering is (beslis nie andersom, nie) en sedertien parallel met die Christendom bestaan.

    Daar is soveel Spirituele dinamika, momentum en implikasies in hierdie geskiedkundige ontwikkelings (wat uiteraard deur insigvolle kundiges geidentifiseer en geboekstaaf word), dat mens wonder hoe 'n sekularis en agnostikus dit ooit onder die knie sal kan kry. Arme mense.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    “Here it is desirable to look at the place of Christianity in the series of historical religions in certain of its wider aspects. The uniqueness of Christ’s religion, and justification of its claim to a special, Divine origin, will only appear the more clearly from the comparison. In general, it need only be remarked that no other religion in the world has ever even professed to present a plain, historically developed, progressive revelation, advancing through successive stages in the unfolding of a Divine purpose of grace, till it culminates in the appearance of a person, life, character and work, like that of Jesus Christ; not in one single instance.” – The International Standard Bible Encyclopedia

    “The world already had plenty of religions and gods at the time of Jesus’ birth. The Romans had combined their gods with those of the Greeks, and thousands of deities were worshiped. None of these gods had ever lived; most were based on imagination or heroic stories. But Jesus had actually lived in Palestine, had been crucified under Pontius Pilate (the Roman governor of Judea), and had been raised from the dead by the power of God the Father ... In the apostle Paul’s time there was a grave danger that Jewish converts to Christianity would make the (their) new religion nothing more than an extension of Judaism. Paul fought to keep salvation-by-grace-plus-nothing the essence of Christianity (Eph. 2:8–9). Paul’s conflict was with a group of converts called Judaizers (Acts 15; Galatians 2). Paul, Barnabas, and others traveled to Jerusalem, the center of Judaism, to settle the issue with the church leaders. In effect, Christianity was declared to be a full-grown, independent religion, not simply an extension of the Jewish faith.” – New Illustrated Bible Dictionary


    There is both continuity and a discontinuity of Christianity with the religion of the Old Testament. The life and teachings of Jesus, upon which Christianity is founded, are the culmination and fulfillment of the Old Testament; and at the same time they represent the incarnation of the Spirit of God in a way radically different from anything which preceded” - The Wycliffe Bible Encyclopedia. Hierdie dui op die ontwikkeling van die Christelike Godsdiens vanuit die vroegste Ou Testamentiese tyd, tot die kulminasie daarvan in die Spiritualiteit - gedrewe Godsdiens soos ons dit vandag ken - geheel en al verwyderd en onafhanklik van, die Verstrooing-Nuwe Testamentiese tyd Judaisme en hedendaagse Judaisme.


    Die duidelike uitlewing en ervaring van skeiding met die Judaïsme van die tyd, wat gelowiges selfs in die vroeë Nuwe-Testamentiese tyd gehad het en waarmee hul van die Judaïsme van die tyd onderskei het, is geleë in die feit dat hulle hulself as “nuwe Israeliete” bestempel het en word as volg in die Illustrated Manners and Customs Of The Bible verwoord:

    The New Israel. The early Christians identified themselves with Israel, God’s chosen people. They believed that Jesus’ coming and ministry fulfilled God’s promise to the patriarchs (cf. Matt. 2:6; Luke 1:68; Acts 5:31), and they held that God had established a new covenant with Jesus’ followers (cf. 2 Cor. 3:6; Heb. 7:22; 9:15). God, they held, had established His new Israel on the basis of personal salvation, rather than family descent. His church was a spiritual nation that transcended all cultural and national heritages. Anyone who placed his faith in God’s new covenant by surrendering his life to Christ became Abraham’s spiritual descendant and as such a part of the “new Israel” (Matt. 8:11; Luke 13:28–30; Rom. 4:9–25; 11; Gal. 3–4; Heb. 11–12).”

    Wie kan nog stry dat dit eerder die Judaisme is, wat 'n afsplintering van die ware Christelike Godsdiens, as andersom? Seker net iemand wat teen die prikkels wil skop, of werklik geen insig en kennis kan bemeester nie.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus, jou bronne en aanhalings is totaal irrelevant tot die stellinge wat jy in jou tiksel heel bo maak.

    Kan dit wees dat jou Ingels dalk so kak is dat jou misverstand soveel stank by jou laat uitborrel?  

    Lees weer hoe spog jy in jou waan aan Wouter; "So, wat hét Kobus? Kobus het intensiewe jare lange Godsdiens ervaring, Geloof, Goddelike leiding, kennis, toewyding, ywer, Spiritualiteit, Spirituele Intelligensie, ervaring en ’n magdom bronne en ondersteuning van eweknieë en meerderes, jare lange ervaring en ondervinding in en met gesprekke met agnostici op alle vlakke, sodat Kobus hulle modus operandi, maar verál hulle gebreke in die bepaalde veld, góéd ken – direk op punt op die gespreksvlak en gespreksgebied. Natuurlik sal jy dit wil versmaai."  

    Die nuwe werf is voorwaar 'n verligting.  

    Jou sensasionele kommentare val genadiglik nou saam met jou vrot winde vir enigeen om self jou totale gebrek aan eerlikheid te aanskou.  

    Gelukkig vir jou kan jy wegkruip agter 'n "private profile". Andersyds sou die prentjie van jou algemene boewery op die werf nog meer duidelik wees.  

    Gelukkig vir enige ander belangstellende blaas jy jouself nou onder "meeste kommentaar" so op dat daar darem minstens altyd so tien of wat van jou lote uit Satan ter waarskuwing bot. 

     Kobus,  jou absurde veronderstellinge word nêrens aanvaar nie. Jou wanaangepastheid kan net in 'n "huiskerkstelsel" geld.  

    Gaan liefs regte kerk toe Kobus. Jy vind dalk dat daar menige is wat meer "intensiewe jare lange Godsdiens ervaring, Geloof, Goddelike leiding, kennis, toewyding, ywer, Spiritualiteit, Spirituele Intelligensie, ervaring en ’n magdom bronne en ondersteuning van eweknieë en meerderes ... " as jy het.

    Bowenal, jy vind dalk die HERE se liefde en genade tussen die "armes van gees" waarop jy in jou selfverheffing neersien.

  • Nou hoe nou? 

     
    In jou eie aanhaling: 
     
    Yet from the beginning it had a remarkable reception. Its universal principle was still partially veiled in the Jewish-Christian communities..
     
    Maar nog steeds karring jy met:  
     
    geheel en al verwyderd en onafhanklik van, die Verstrooing-Nuwe Testamentiese tyd Judaisme en hedendaagse Judaisme. 
     
    Lees maar net oor die gedeeltes wat jou nie pas nie. 
     
    Dit is die maklikste en moet nie wat jy aanhaal toets aan algemene vakkundige werk nie. Aanhalings, komende van my dalk 'n "skok", is 'n euwel en ek het al baie aangehaal hier. 
     
    Dit is nie aanhalings wat verlang word nie maar 'n rekord van die groter spektrum. 
     
    Aanhalings, het 'n plek, maar moet in konteks geplaas word en 'n presiese punt aanspreek. 
     
    Maar nog steeds is dit einde niet en voer jy nou aan: "Wie kan nog stry dat dit eerder die Judaisme is, wat 'n afsplintering van die ware Christelike Godsdiens, as andersom? Seker net iemand wat teen die prikkels wil skop, of werklik geen insig en kennis kan bemeester nie".
     
    Wie met jou sal stry, is almal wat die onderwerp bestudeer. Enige universiteit wat met 'n goeie afdeling vir hierdie studies sal met "stry".
     
    Glo jy werklik alles wat jy skryf?
     
    Panda en Jupiter, Angus en mitologie, letterkundige studie van die Bybel ('n opvolg moet ook nog volg).
    Chris en die korrupsie van tekste. 
     
    Bogenoemde as voorbeelde van betroubare bevestigings wat jy doodgewoon verwerp. 
     
    Die waarheid en werklikheid is groter as wat jy dink dit is en daarmee moet gehandel word. 
     
    "n Tipiese probleem van die "visie van die gesalfde", waarvan ek voorheen geskryf het. 
  • Kobus de Klerk

    Toemaar, Kerneels.

    Ons weet dat jy, in jou toestand, net een ding kan sien, hoe kompleks die issues nou ookal is, maar dat jy selfs daardie een ding, wat dit ook al is, dan ook nie kan begryp nie – soos byvoorbeeld, die feit dat die issue onder bespreking glád nie wentel om of daar huiskerke was of nie (dit is maar bykomende algemene kennis ter wille van dummies, maar jy is mos nie eens op dummie-vlak nie, of hoe…)

    En jy verstaan ook nie wie die HERE is nie - jy het mos vir jou so 'n pasmaak affêre saamgeflans, wat nie bestaan nie, nie eens in die mitologie nie, en een waaraan jy nog elke dag hulde bring (die dat jy so hopeloos integriteitloos is), terwyl ek praat en getuig van die werklike, die Lewende, HERE.

    As jy nog nie agtergekom het nie, die agnostici is weer besig om jou toutjies te trek, terwyl hulle jou vertel hoe useless jy is (maar selfs dit kan mos nie tot jou deurdring nie...) terwyl hulle dit terdeë geniet as jy soos 'n dom marionet en 'n imbesiel manifesteer - hulle geniet dit gate uit, want hulle spot agteraf met jou en beledig jou in jou gesig met meer en minder subtiele aanslag, solank jy net vertoning lewer... en ek kry jou jammer.

    En laastens, wie stel belang in wat jy te sê het? Niemand. Jou opinie is net so waardeloos. Toe die boonste bydraes geplaas is, was dit nie met jou in gedagte nie. Dit is 'n gegewe dat jy nie begryp wat gaande is, nie.

    En spaar ons n verdere manifestasie - netnou jaag jy my "meeste kommentaar" getalle op... Wys jou hoe siek jou kop werk, en wat vir jou belangrik is.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Die verkeerde konsep onder oningeligtes en onkundiges dat die Christendom ’n uitvloeisel van Judaïsme is.

    Die verskil word hierbo baie duidelik verduidelik (ignoreer natuurlik Cornelius se geslobber daaroor, dit is van geen nut nie en het hy dit hier kom inforseer).

    Die mense wat só redeneer, ken nie hul geskiedenis nie, ken ook nie die realiteite van die Christendom, nie. Om die duidelike verskil raak te sien, verg nie ’n geniale verstand nie, maar wel insig. Vir die een met kennis en insig, sal die volgende baie duidelik blyk – die Christendom het by die begin van die Ou Testamentiese tyd, begin – tóé was daar nog nie Jode nie. Net gelowiges en baie ongelowiges.

    God sluit toe met ons geloofsvader, Noag, ’n verbond. Later, sluit God met ons Verbondsvader, Abraham, ’n Verbond waardeur mense gered kan word. Uit Abraham word Isak gebore, ooreenkomstig God se Verbond met Hom en uit Isak, word ons volksvader, Jakob gebore. God gaan met Jakob met die uitvoering van die Verbond voort en verander sy naam na Israel. Uit Jakob word twaalf seuns gebore en die twaalf stamme van Israel ontstaan. God verorden dié stamme as ’n volk vir Hom en hulle staan as Israelite bekend. Later skeur die volk weens onmin en tien stamme verenig onder Israel en twee onder Juda. Hierdie twaalf stamme staan gesamentlik bekend as Jode. God lê vir die Jode wette en Godsdienstige en ander reglemente neer en verwag volkome trou van hulle. Sommige van die Jode raak egter afvallig en begin van God vervreem raak maar ander bly getrou. Na vele waarskuwings, laat God toe dat die hele Joodse volk verstrooi raak onder verskillende nasies, terwyl baie van die Jode steeds getrou bly aan God, maar ander, selfs en veral gedurende die verstrooiing,  só afvallig van God raak, dat hulle sommer hulle eie reëls en reglemente as gesaghebbend oor God se oorspronklike reëls, inbring en maak asof dit van God is. So onstaan 'n nuwe religie - Judaisme.

    Steeds bly daar getroue Jode, wat nie van God afvallig wil raak nie. Die ander, afvalliges, versamel onder hoofsaaklik twee groepe, naamlik fariseërs en sadduseërs (teo-politieke groeperinge) en dié staan bekend as Judaïste. Hulle is natuurlik óók Jode, nes die Jode wat die oorspronklike Godsdiens steeds getrou bly beoefen.

    God gryp in ooreenkomstig die profesieë wat God al honderde jare voor daardie tyd laat profeteer het deur Jesaja (onder meer) en die HERE Jesus Christus, God se Woord, inkarneer deur onder die Jode, maar nié die Joodse Judaïste nie, uit die maagd Maria, as Mens, gebore te word. Op dié manier vestig God die finale en volkome Nuwe Testament (Verbond) wat die Abrahamiese Verbond vervang. Daardeur stel God die Verbond van Verlossing oop vir álle mense, nie net Jode, nie.

    Op 30 jarige ouderdom, die wettige ouderdom vir priesterskap ooreenkomstig die oorspronklike Joodse gebruike, aktiveer die HERE Jesus Christus Sy Priesterlike suiweringsbediening op aarde, deur te gaan en die twaalf Jode wat as leiers van die oorspronklike getroue Jodedom optree, tot volle bediening te roep, wat hulle dan ook doen, elk met sy eie roeping.

    Onmiddellik is daar konflik tussen die HERE God en die Judaïste - die fariseërs en sadduseërs. Die HERE laat vir hulle in géén onsekere terme verstaan dat hulle nié vir God dien nie, maar totaal afgedwaal het en van God vervreemd is en dat hulle moet terugkeer na God. Let daarop dat Petrus deur die HERE God, juis geroep is, om die Joodse Judaïste, tot bekering te probeer bring. Baie van hulle het bekeer, maar die ander het die HERE as Messias bly verwerp, soos hulle vandag nog doen.

    Só is die Christelike Godsdiens, die oorspronklike Godsdiens, deur Jesus Christus, deur die ontwikkelingsfase daarvan, vanaf Adam, deur Noag, tot by die HERE Jesus, deur die HERE volbring.

    Alle Jode is nié Judaïste nie en was nog nooit – net soos vandag. Onkundiges meen alle Jode is noodwendig Judaïste, of dat Judaïste ’n ander woord vir Jode is. Verkeerd – Judaïsme dui op ’n afvallige religie, waaraan sommige Jode behoort.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Ag nee, wat, Wouter, nou raak jou eierdans darem éérs ’n spektakel, want jou eierdop het gebreek en jy glip-en-gly in die gemors, met eiergeel oor jou oneerlike gesig gesmeer...

    Kom ons kyk gou na die manifestasies wat tot jou finale geloofwaardigheid-ondergang gelei het –
     
    Aanvanklik het jy vir my gesê ek suig alles uit my duim en flans my eie storietjies saam. Ek begin met die gerekende skrywer Schaff en wys jou daar en dan uit dat jy lieg. Jy maak hom toe sommerso af as ’n “nobody” - Toe hou jy aan en maak ’n gróót hoeragie oor die Judaïsme en die Christendom – en jy smaal behoorlik saam met jou nuwe metgesel, Kerneels, hoe ek dít uit my duim sou suig en hoe oneerlik ek kwansuis sou wees – en ek reageer deur vir jou ’n rits gerekende werke uit te wys en aan te haal, om te wys watter gek jy van jouself in jou onkunde, oningeligtheid, vooroordeel en insigloosheid maak.

    En stééds, presies nes Kerneels, hou jy domastrant, insigloos en leeg, aan en antwoord my, soos hierbo – plaas dat jy eerder stilbly vir jou eie beswil! Maar selfs dáárdie insig en wysheid het jy in jou helderste bolder wegvluggery verloor… Jou aanhaling is nie net opsetlik uit konteks (kenmerkend ook met jou seleksie van skrywers waarop jy steun om jou vooroordele en selfdesepsie te voed) in die geheel waarin dit vir jou aangehaal is nie, maar jy het ook nie (gebruiklik) insig daarin nie –

    Die kernbegrip in daardie werklike sinsnedes is die woord “veiled”, wat beteken dat die onderliggende Christelike beginsels gedeeltelik versluier (bedek) was vir en in die Christelike en Judaïese gemeenskappe – dus – dit is die Christelike beginsels wat in beide gemeenskappe (let ook daarop dat dit geskeie gemeenskappe is, konkurrente, nie 'n enkel gemeenskap nie) versluier was en nie die ondergeskikte Judaïstiese beginsels, nie, maar wat ten einde gekom het toe Paulus die fundamentele gebreke in Judaisme kom uitwys – wat, saam met die res van die aanhalings, een honderd persent die premis ondersteun dat die Judaïsme die afsplintering is en die Christendom, die oorspronklike ware Godsdiens.

    En dan is uitgebreide aanhalings skielik ook nie vir jou goed, nie. Jy verstaan nie jou eie keuse van sinsnede nie, hóé op aarde sal jy volledige werke verstaan van mense met werklike insig, iets wat jy ontbreek? G’n wonder, jy vermy dit nie – dit laat jou natuurlik uiters minderwaardig en onbekwaam voel – tereg só.

    Die res van jou snert-getjommel verg geen kommentaar, tyd of aandag nie – veeg dit gewoon weg, synde komende van jou (dit is duidelik).

    Terloops, jy sal moet vriende maak met Kerneels, want julle is nou in dieselfde haglike bootjie vol gate op die oseaan – jy is ’n woordswendelaar soos hy en jy pas nou by hom – niemand slaan meer ag op wat jy sê nie, nes met hom – ander (selfs van jou eie soort) het dit van jou gesê voor my en ek moet tot my verleentheid en groot spyt, erken, hulle is reg…

    Jy is wáárlik nie ’n vriend van die waarheid nie, of, sou ek eerder sê, jy is ’n vriend van die waarheid soos jy ’n vriend van die Christelike Godsdiens is – so ’n Machiavelliaanse verhouding waar jy glimlag en soetjies die regte geluide maak, maar wanneer jy binne is, dan van binne af die ondergang van jou Gasheer wil bewerkstellig – wie het vyande nodig met súlke "vriende"? Maar die Gasheer het jou uitgeskop en jouself laat uitwys vir wat jy werklik is, want dit sit nie in jou of enigeen van julle, om die Gasheer te verneuk of om die bos te lei, nie.

    Soos daar geskrywe is – die put wat jy vir ’n ander stel, sal jy self in val… en só is dit met jou.

    Kobus de Klerk  

  • Kobus, 

     
    Kennis geneem van wat jy skryf en Henn sal nooit my bondgenoot wees nie en daarom is dit nie nodig om daar te keer nie. Henn het eweveel onsin hier publiseer as wat jy hier gedoen het. Beide van julle verkwansel 'n selfgemaakte visie van die gesalfde en reageer eenders deur dit 'n persoonlike kwessie te maak wanneer daar kritiek gelewer word teen dit en nie die kwessies onder bespreking aanspreek nie, maar die persoon. 
     
    In elke siklus het jy nie die skrywers na wie ek verwys het se argumente nie maar slegs hulle as persoon net soos jy aanspreek as persoon sonder end. 
     
    Die toppunt daarvan is die volgende wat jy my toedig:"dom insigloosheid en vlak begriploosheid dat hy nie kan insien dat sy gebrekkigheid hom onbekwaam maak om hoegenaamd self net in te sit op dié gesprek nie…gedeabiliteer met die onkundige dwaalredes van die ander soos en erger as hy self en dan, sónder om volwasse begrip te toon vir sy juveniele aanmatigendheid en  arrogansie, groot stellings kom maak aan die kundiges wat aan die woord is en vir dié probeer wysmaak dat hulle nie weet waarvan hy praat nie..." 
     
    Jy weet wat jy geskryf het, nie net aan my nie, maar elke ander deelnemer hier. 
     
    Vergelyk dit met die loflied wat jy jouself toedig en word Henn se inleiding behou:  
     
    Lees weer hoe spog jy in jou waan aan Wouter; "So, wat hét Kobus? Kobus het intensiewe jare lange Godsdiens ervaring, Geloof, Goddelike leiding, kennis, toewyding, ywer, Spiritualiteit, Spirituele Intelligensie, ervaring en ’n magdom bronne en ondersteuning van eweknieë en meerderes, jare lange ervaring en ondervinding in en met gesprekke met agnostici op alle vlakke, sodat Kobus hulle modus operandi, maar verál hulle gebreke in die bepaalde veld, góéd ken – direk op punt op die gespreksvlak en gespreksgebied. Natuurlik sal jy dit wil versmaai."
     
    Vir die rekord, om te versker daar is geen onsekerheid daaroor. 
     
    Dit wat jy bied is waardeloos, en nie my tyd werd nie. 
     
    Hierdie was goed om te sien en bevestig wat almal weet, behalwe ek, dat gesprek met jou is onmoontlik indien dit nie presies volgens jou riglyne geskied nie.
     
    Met dit as agtergrond twee finale opmerkings. 
     
    Dit is verstommend dat jy net aanneem ek is nie bekend met Donne nie, gegewe dat ek meer as jy na digters hier verwys het en is die retoriek wat jy kwytgeraak het daaroor pateties. 
     
    Laastens, natuurlik sal jy die Eerdmans Dictionary to Early Judaism verwerp, wat my verwysing is en mees onlangse vakkundige werk versamel en in 2010/2011 publiseer is. 
     
    Met dit as agtergrond bevestig dit hoekom ingeligte gesprek met jou onmoontlik is. 
     
    Alles wat jy hier aanbied oor Judaisme word weerspreek in bogenoemde boek net soos die Oxford Handbook of Early Christianity nog 'n verwysing wat ek gebruik ook jou stellings weerspreek. 
     
    Daarom sluit ek nou af en sal ek nie reageer op 'n reaksie van jou nie. 
     
    Vergelyk die kalmte en redelike ingeligtheid in bogenoemde twee studies met alles wat jy hier kwytgeraak het en dit sal duidelik wees hoekom ek hiermee gesprek met jou stop.
     
    Daar is NIKS, abosluut NIKS wat van waarde by jou gevind kan word nie. 
     
    Wat 'n mors van tyd was dit nie. 
     
    Hiermee sluit ek af en is geprek deur my met jou finaal oor, aangesien dit so absoluut vrugteloos is om met jou in gesprek te probeer wees. 
     
    Wouter
     
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Dit is natuurlik so - saad op 'n dooie stuk grond met toksiese afval besmet, sal geen vrug oplewer nie - omdat jy op hierdie stadium die bewerker van jou eie sielsgrond, is - met die satan as die verderwer daarvan, wyl jy onbewustelik vrywillig saamwerk.

    Die "loflied" waarna jy omtrent myself verwys, is maar weereens uit jou eie verwysingsraamwerk bejeën.

    Wat éintlik gebeur is dat, al daardie positiewe hoedanighede wat ek omtrent myself opnoem, nie vanweë my eie toedoen is, nie, maar algar gawes van die HERE van my Godsdiens - dit is nou maar so - die HERE bedeel ons met uitnemende gawes, en dié wat ek opnoem is maar net 'n paar daarvan omdat dit nou tersaaklik is. Daarom is daar geen probleem mee om aan  hulle erkenning te verleen nie - trouens, dit sal uiters onvanpas en selfs aanmatigend wees, om te maak of mens daaroor 'beskeie' is, want dit impliseer dat dit mens se eie maaksel en vermagting is, waaroor jy dan moet beskeie wees.

    Nee, dit is onverdiende, louter goedertieren gawes wat die gelowige by God kry, en dit is nie onder die maatemmer weg te steke, nie. Goeiste, ek is mos nie skaam daaroor dat ek dit wil verdoesel nie - ek is uiters dankbaar daaroor en getuig dan ook so. 

    Daar is baie wat julle nie weet of verstaan nie - as jy, byvoorbeeld, gawes wat jy by God gekry het, vir jouself toeëien asof hulle jou maaksel is, sal jy hulle verloor soos wat mens 'n watertenk se kraan oopdraai en die inhoud loop uit, algar geniet dit, maar meteens, op ’n dag, besef jy die bron is droog - want God hou dit nie vir jou in stand nie, weens jou aanmatigendheid en die feit dat jy dit in die eerste plek nie vir jouself vermag het, nie, en dus ook nie kan aanvul of vermeerder nie -

    Maar die gelowige se gawes word selfs vermeerder... wees gewaarsku :

    “12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. 13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. 14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie."

    Dit is ook dan vir dieselfde rede dat Cornelius ook nie verstaan wat aangaan nie - nes jy, want julle is ewe sielsonbekwaam.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Jy verstaan soos gewoonlik nie Wouter – ek het nooit beweer jy suig jou opinie uit jou duim, soos wat jy met my gedoen het en ek jou daarin verkeerd bewys het en jy nie genoeg integriteit het, om dit reg te stel nie.

    Maar wat ek vir jou ook sê is dat jy blind is, nes jou bronne en jy blinde bronne opsoek juis om by Jou eie blindheid te pas – en jou bronne jou in jou blindheid onderskraag.

    Eerstens, meen ek, het jy Wikipedia geraadpleeg en nie die bronne wat jy sê, nie. Hoe ook al, die kanse dat Eerdmans jou sal ondersteun, is uiters gering, selfs nul, omdat daardie publikasie slegs handel met die ontwikkeling van Judaïsme (nié die Christendom nie) vanaf die tweede tempel periode  - dus baie laat, maar toe Judaïsme vir die eerste keer ontstaan het (juis die tyd van die invoering van die rabbiniese presepte) en die Christendom alreeds in die formaat van die Abrahamiese-Mosaïese Godsdiens bestaan het sedert die vroegste tye, al. Uiteraard het die Judaïsme daaruit weggesplinter, deur die inkorporering van vreemde leerstellinge. Die Christendom, daarenteen, het getrou by die oorspronklike Goddelike leer, die oorspronklike Godsdiens,  gebly, wyl die Judaïsme radikaal afgewyk, het.

    Dus, al die Christene was Jode, en so ook die Judaïseers. Eers bietjie later het ander volke ook toegetree tot die Christendom en van die Judaïseers het daardie religie verlaat en weer die Christelike Godsdiens aangeneem.

    Die kanse dat jy Eerdmans ook verkeerd interpreteer is ook uitstekend, want sovêr interpreteer jy die Christelike bronne ook verkeerd.

    Dan, die Oxford Handbook waarvan jy praat en wat op die internet beskikbaar is – al wat daaroor hoef gesê te word, is dat dié werk tipies dié van Oxford, die tuiste van beide MacCulloch en Dawkins en ander antagoniste reflekteer – bevooroordeeld uitsluitend. Die probleem is dat dié mense nie die Spirituele inhoud en grondslag, wat die historiese ontwikkeling direk beïnvloed, kán begryp nie.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top