Soos gewoonlik, en almal weet al daarvan, maak Kobus uit die duimgesuigde bewerings, of hy haal aan uit Kreasionistiese twak, as hy beweer dat volgens die evolusieleer die een spesie uit ’n ander “te voorskyn kom”. Lees dit hier.
Nêrens in die evolusieleer word gesê dat die een spesie uit die ander kom nie. Net mense soos dominees dink dit is so, en daarom preek hulle gereeld dat Darwin gesê het mense stam van ape af.
Die mens en die aap se gemeenskaplike voorouer het 30 miljoen jaar gelede geleef, maar Kobus met sy spirituele IK sal dit nie verstaan nie. Darwin sê self:
By the theory of natural selection all living species have been connected with the parent-species of each genus, by differences not greater than we see between the varieties of the same species at the present day; and these parent-species, now generally extinct, have in their turn been similarly connected with more ancient species; and so on backwards, always converging to the common ancestor of each great class. So that the number of intermediate and transitional links, between all living and extinct species, must have been inconceivably great.
Darwin het sy teorie nie sommer uit die duim gesuig nie. Sy teorie het tot stand gekom na baie jare se navorsing, die versameling van baie voorbeelde, en die gedurige skakeling met ander navorsers en die werk wat hulle doen.
Daarteenoor klou Kreasioniste plus Kobus aan ’n mite wat hulle beweer die waarheid is, nl dat die mens deur God plotseling volwasse geskape is met tieties en al uit ’n hopie grond. O, God het toe asem geblaas in die hopie grond, en amper vergeet ek van die ribbebeen.
Die vraag is nou, wie het dit gesien gebeur? Die antwoord is heel eenvoudig. Daar was niemand nie; Hierdie verhaal hoe die mens gemaak is, is mondelings van geslag tot geslag oorvertel, totdat een of ander geleerde grotbewoner dit neergeskryf het.
Vir wetenskaplikes maak dit nie saak wie wat glo nie. Vir party mense sal die wetenskaplik gefundeerde evolusieteorie aanvaarbaarder wees. Vir Christene sal die hopie grond-ribbebeen storie geloofbaarder wees.
Ek neem Christene nie kwalik dat hulle hoog en laag sweer by die hopie grond-ribbebeen storie nie, ek neem hulle ook nie kwalik dat hulle verbete veg vir die waarheid daarvan nie, want as dit enigsins as onwaar bewys kan word, dan is hulle ou godsdiensie ook in sy peetjie in.
Dis die dun draadjie waaraan hulle hang. Natuurlik dink hulle dis ’n helse dik tou, want daar is die goddelike ingryping en natuurlik gebed.
Bron vir Darwin-aanhaling:
Darwin, Charles . On the Origin of Species By Means of Natural Selection, or, the Preservation of Favoured Races in the Struggle for Life (p280). Sterling ISBN 13 978.1 .4027.5639-9
Groete
Angus


Kommentaar
Dankie Angus vir n pragtige uiteensetting van die grondbegrip van die evolusieteorie. Nou sal elke kind dit ook kan verstaan behalwe die domastrante fundamentaliste. By die insepsie van hierdie teorie eenhonderd jaar gelede het die Kerk opsetlik dit misverstaan en dit so verdraai as om dit belaglik te laat klink, nl. dat die voorouer van die mens die aap is. Dit was te veel vir preutse Victoriane en hulle dominees wat graag wou glo dat die mens die "kroon" van die skepping sou wees en gemaak is in die beeld van god. Nou weet ons selfs dat god gemaak is in die beeld van die mens, en wanneer jy na sekere mense kyk en luister, is dit maklik om te glo dat hulle gemaak is in die beeld van ape!
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello,
Om verdere hipotese van Darwin te bevorder, neem die saak niks verder nie. Om weer en weer te herhaal wat reeds in vlamme afgegaan het, help ook nie, al stel jy dit met ander woorde, Angus.
Al verstaan Wouter dit nie, is toekomsgerigte voorspellings soos dié wat Darwin gedoen het ten aansien van sy proposisie dat die fossielrekord sy hipotese sou deurdra, asook die ander talle en talle hipotese waarop sleutelaspekte van die darwinistiese evolusie leerstuk gebaseer is, van profetiese aard - religieus boonop. Onder die begrip “profesie” word verstaan, die handeling om te profeteer. Onder die begrip “profeteer”, word verstaan, om ’n voorspelling te maak.
En Darwin was 'n vals profeet- sy profesieë kom nie uit nie - nes sy religie.
Al meer en meer mense, selfs geharde evolusioniste, kom onder die indruk dat darwinisme in sy wese en aard net so filosofies religieus is as wat dit die wetenskap probeer opsoek. Dink maar aan, byvoorbeeld, Thomas Huxley (Darwin se tydgenoot wat in ekstase was oor Origin of Species omdat dit vir hom die bybel van die “secular religion” was waarna hulle as ateïste uitgesien het, ) en sy latere naamgenoot, Sir Julian Sorell Huxley en Michael Ruse.
Ongeag Redelinghuys se gebruiklike oordrewe komplimente en neerhalende aanmerkings van dinge waarvan hy nie kennis dra nie, sans substansie op punt en Wouter se byna-histerie en verbale wasbondel en jou skamele poging om die massas wetenskaplike kritiek te weerlê met jou eie ongesubstansieerde pleidooi en nóg een van Darwin se eie hipotese, staan julle voor ’n kadawer wat met verbete pogings regop gehou word, maar nie sonder dat die maaiers oor julle ook, kruip nie – want julle kadawer is dood, vir die talle redes blykens die artikels met verwysings na geleerdes, waarvan julle nog nie een kon weerlê nie.
En nou word die geleerdes soos gebruiklik by julle, getakel asof júlle enigsins weet wat aangaan, wat nog te sê, beter as hulle. Julle pogings is teleurstellend en bied géén weerleggende of sinvolle materiaal wat ek mee kan werk in repliek, nie. Daar is nie materiaal vir julle beskikbaar nie.
Wouter, jy wat so lekker 'lag', speisaal vir jou : Spreuke 29:9 "Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak [saak van geregtigheid], dan gaan die sot tekere en lag sonder bedaring". Natuurlik...
Kobus de Klerk
Angus en Wouter asook vriend Redelinghuys. Ek stem saam met julle uiteensettings. Dit wil vir my voorkom asof de Klerk so inherente vrees het vir Darwin, daarom die histeriese reaksie die laaste ruk. Ek het nie tans die krag om te debatteer nie, maar ek het die laaste ruk nogal gesien wie de Klerk werklik is. Ek het op 'n stadium 'n sagte plekkie vir hom ontwikkel, maar ek dink dit is goed dat julle weer so bietjie die vloer met hom vee, ten einde hom terug te bring aarde toe!
Hallo Angus,
Jou oorsig betreffende die evolusieleer is sonder fout en 'n verligting midde al die ou Grote de Klerk se onsin veral die afgelope ruk.
Ek het lank reeds hier van die titel Christen afstand gedoen jeens die ou grote de Klerk se neerhaling en haat wat hy daaronder bedryf.
Maar dink jy nie dis ietwat van 'n sweeping statement om alle Christene oor die Bose de Klerk kam te skeer nie?
Wat in jou veralgemening omtrent Christene is anders as die ou grote Kobus se generaliseer deur ongelowiges en andersgelowiges almal as "agnoste" te brand (ek weet die ou grote ken of verstaan wat die verskil tussen ateïs en agnost is nie)?
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,
Ekke
Spreuke 29:9, Kobus se heel eerste aanhaling uit die Bybel in hierdie stortvloed van aanhalings teen evolusie... en nie om sy posisie te bewys nie, maar om iemand sleg te sê.
Kobus,
Pieter en Wouter,
Johan,
Die "vloer vee" gesegde van julle agnostici - ek het al vir julle gesê, as die moppe van die samelewing is dit julle enigste verwysingsraamwerk.
Wanneer skrywe julle iets waaruit blyk dat julle insig, kennis en verstand, het?
Chris, die aanhalings en besprekings uit Genesis het hierdie hele gesprek, heel gepas, voorafgegaan. Is jou geheue so kort?
Natuurlik is dit ook nuttig vir die wyse, om 'n teregwysing op sy tyd, te ontvang. Die Woord is ook uitnemend daarvoor geskik. Die hantering daarvan deur die ontvanger, sal aandui of hy 'n wyse is, of 'n sot, soos die Woord dit gepas, noem.
Maar, terug by die eintlike punt. Om sins-en taalontledings te doen, neem die saak vir julle nie verdere nie. Julle is in 'n onoorkomelike dilemma
Kobus de Klerk
Kobus, volgens Darwin se evolusieteorie is daar nog lank voor die mensdom genesis uit hul duime gesuig het 'n wonderbaarlike ontstaan en ontwikkeling gewees. Nie net die ontstaan (deur miljoene jare se prosesse) van die mensdom nie, maar ook van alles wat jy in die sogenaamde skepping aanskou. Darwin was sy tyd sover vooruit dat die geringste aanval op hom, hom steeds na Einstein sal laat lyk in verglyking met sy tydsgenote. Kyk maar na ou Samuel Wilberforce. ...
Ek dink die probleem met julle christene is dat julle nie die vermoe het om verder as sesduisend jaar terug te dink nie. Julle het nie die vermoe om in te sien hoe ding deur miljoene jare kan verander en hoe natuurlike seleksie grotendeels tot hierdie vorming en skawing van wat ons vandag aanskou kon lei nie.
Dit is seker maar een van natuurlike seleksie se tekortkominge. Vir die mens se eie selfbehoud is daar immers 'n groepsmentaliteit deur die eeue ontwikkel, en natuurlik moes godsdiens sy rol speel (dit ontken ek nie). Ons is egter al sover ontwikkel en het reeds 'n inherente gemeenskaplike waardestelsel tot stand gebring dat die mensdom nou werklik kan floreer en verder voortuitgaan as die bog wat ons saamgesnoer het die afgelope paar duisend jaar.
So ongelukkig is daar tans nog baie ou ape wat onder die mensdom wandel en vasklou aan die antieke idee wat ons aanvanklik van die aapspesies onderskei het. Om so onnosel te redeneer dat Darwin kwansuis verkondig het ons stam van ape af, toon 'n onbegrip asook 'n stoere onwilligheid om die volgende sprong te maak.
Sluit gerus aan by ons Kobus. Die skepping en alles wat jy as geskape aanvaar is eintlik soveel meer magies en soveel meer opwindend as wat die bybel ons leer. In my gedagtes beperk godsdiens beslis die magiese einskappe van die heelal, waarvan ons maar tans onbenullig baie van weet.
Amen broer Angus, in die naam van Darwin hoor ek jou en hallalujah!!!!!
Wouter, solank die aanbidding van Gravitasie, Termodinamika, Algemene en Spesiale Relatiwiteit (as voorbeelde van die ander persone in die goddelike eenheid) nie ontken word nie. Ja, hoekom nie, WWDD?
Kobus, jy verskaf nie juis materiaal waarop mens kan reageer nie. Die oomblik indien jy enigsins vir ons iets skrywe wat insig en kennis toon, in plaas daarvan om Darwin te misinterpreteer, kan mens dalk met jou in gesprek tree. Tot dan bly jy ongelukkig die dorpsidioot waarmee die vloer gevee sal word.
Hello Chris,
Beste Cornelius,
Jy is heeltemal korrek: n mens moet nie veralgemeen nie. Wat ek dink Angus bedoel is geharde hardkoppige fundamentaliste, en nie Christene soos jy nie wat die lig reeds gesien het. Daar is ook geen venyn en haat in jou hart vir anderdenkendes nie. Soos ek jou leer ken het deur jou skrywes van die laaste 5 jaar kom jy oor as n voorbeeld van n goeie mens: iets wat jy buitendien sou gewees het sonder enige godsdienstige verband.
Johan,
Ek dink jy moet liewer net gaan rustig raak en ietsie lees, of so - probee rmaa rnet ontspan. Jy is duidelik verby jou vermoëns.
Ek dink jou sig is ook nie meer waffers nie - jy het waarskynlik Angus, Wouter en Chris se skrywes hierbo onder oë gehad, en gedink dis ek.
Kobus de Klerk
Dankie Pieter,
Dis lekker om jou weer op die werf te lees!
Wat my verstom omtrent hardkoppige fundamentaliste soos Kobus de Klerk is die geweldige wrok en hartseer wat hulle oor hulself met hul haat bring.
Ek't vrede wat Kobus glo of nie glo nie, maar ek glo dat as jy jouself die reg daarin gun jy minstens ook jou medemens dieselfde reg gun (soos ek seker ook al te veel gedweep het).
Ek stem saam dat geharde huiskerkstelseldrogma fundamentaliste soos Kobus 'n mens tot uiterstes uitlok. Dis soos die hel wat enige oorlog in mense se lewens bring. Daar mag heldedade tussendeur gebeur maar die geweld van sulke stryd laat blywende letsels in die hele mensdom.
Vir my is dit veel makliker om by 'n sinagoge of moskee in te stap en die vrede en vreugde in aanbidding tot ons almal se Almagtige Lewende Skepper met my medemens te deel as om Kobus se "drogma" te moet lees. Mense gee nie vir mekaar geloof nie. Dis genade uit die hand van die Skepper self.
Kobus se obsessie met "Darwinisme" veral die afgelope ruk het totaal absurd en banaal geraak. Dis asof hy weer iets raak geGoogle het en nou's die gort gaar.
Iets wat my soms wel pla is die afwesigheid van predikante en lidmate uit kerkverbande wat wel in "ou aarde kreasionisme" of "Deïstiese evolusie" glo.
Ek dink ‘n belangrike rede is waarskynlik hul vrees vir godsdiensboewe se irrasionele aanslag op forums soos die werf, maar ek dink ook dat die opkoms van "jong aarde kreasionisme" onderskat word.
Die opvatting bestaan dikwels verkeerdelik dat die "jong aarde kreasioniste" se voortbestaan vergelyk kan word met die pous se volharding dat die aarde plat is selfs lank na Ferdinand Magellan se ekspedisie om die aarde - so asof dit gaan oorwaai.
Die verbetenheid waarmee aanhangers van huiskerstelseldrogma hul "jong aarde wetenskap" verdedig wys dit sal nie gebeur nie.
Die stroming van lidmate uit die Driesusters na die franchise godsdiens in die baie charismatiese kerke is ook iets beduidend. Hoewel ‘n standpunt oor evolusie selde ‘n rol speel word lidmate gou opgesweep in hierdie besigheids godsdiens organisies wat terwille van onderskeid nogals sterk 'n soort "jong aarde kreasionisme" aanhang.
Pieter, ek het nie my feite by my nie maar ek onthou dat daar op 'n stadium weldeeglik kennis geneem is deurdat die Europese Unie ‘n beleidsdokument aanvaar het met die titel: “The dangers of craetionism in education”.
Miskien verg dit 'n "volledige bydrae" op 'n ander keer soos Kobus daarna sou verwys.
Nietemin Pieter, ek's bly jy's terug!
Kobus, ek is 'n sieklike man, soos jy reeds weet. Maar met my oe is daar niks verkeerd nie. Ek lees kalm deur al die kommentaar, en moet eerlik wees dat jy dalk in hierdie opsig die kluts so bietjie kwyt is. Ek het nog altyd vir jou respek gehad, maar hierdie darwin - reeks van jou gee my so 'n effense sooibrand.
Hello,
Hello,