Sedert Copernicus en Galileo het die Bybel al sy geloofwaardigheid begin verloor, maar Darwin se evolusieteorie het dit drasties laat ineentuimel.
Dit is egter nie net as gevolg van die wetenskap dat hierdie ineenstorting plaasvind nie; vanuit alle oorde, ook vanuit kerklike geledere word die inhoud daarvan bevraagteken. Kort-kort lees ’n mens in die nuus van hierdie of daardie dominee wat die goddelike inspirasie, of maagdelike geboorte, of wonderwerke bevraagteken. In ’n onlangse publikasie HIER STAAN EK... ISBN 978-1-920424-23-7 onder redaksie van Diek van Wyk, Coenie Nolte en Leon Atterbury, vertel ’n aantal predikante van hulle ontnugtering toe hulle die Bybel eers regtig begin bestudeer het.
’n Figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, Anglikaanse biskop J W Colenso, http://www.britannica.com/EBchecked/topic/125226/John-Colenso , na wie die Natalse dorpie, Colenso, vernoem is, is veral bekend vir sy hewige kritiek op die Bybel in sy werk Pentateuch.
Biskop Colenso het met sy aankoms in Natal onmiddellik begin Zulu leer, en was verantwoordelik vir die vertaling van die ZuluBybel. Sy oë het oopgegaan toe hy studente by die sendingskool se ongemaklike vrae oor die Bybel moes beantwoord. Daar word vertel dat die Zulu-man wat hom gehelp het met die vertaling, party dae sommer gelê het soos hy lag vir die snaaksighede van die witmense se heilige boek. Wat Colenso o.a. gegrief het, was dat hy as biskop kerkwetlik verbind was om in die storie van Noag te glo.
In sy werk die Pentateuch wys hy daarop dat daar twee uiteenlopende skeppingsverhale in die Bybel is, dus twee verskillende vertellers en daarom kan dit nie deur God geïnspireerd wees nie.
In Gen. 1:9 kom die aarde uit die waters te voorskyn en is dus sopnat, terwyl in Gen2:6 kom die water uit die aarde uit om dit nat te maak.
In die eerste verhaal word die voëls en diere voor die mens gemaak, en in die tweede word die mens voor die voëls en die diere gemaak.
In die eerste word al die voëls wat vlieg uit die water gemaak en in die tweede word hulle uit die grond gemaak.
In die eerste word die mens volgens die beeld van God geskape, en in die tweede word hy uit stof en gemaak en asem ingeblaas. Dis eers nadat hy van die vrug geëet het dat God kon sê: “Die mens het nou soos een van Ons geword.”
In die eerste is man en vrou saam geskape en in die tweede is Adam van stof gemaak en eers daarna is Eva van sy ribbebeen gemaak. (Ek kan my net voorstel hoe die Zulu-man geskater het van die lag.)
Daar is nog hope ander verskille en Biskop Colenso gebruik dit om aan te toon dat die skeppingsverhaal afkomstig is van ander, ouer legendes van ander volkere, o.a. van die oud-Persiese heilige skrif, die Zend-Avesta. Hierin het die god Ahuramazdâ (Ormuzd) die heelal in ses periodes gemaak; eers die hemel, dan die waters, die aarde, die bome en plante, die diere en dan die mens, in daardie volgorde. Ormuzd het man en vrou gelyktydig geskape, maar hulle was soos Siamese tweeling aan mekaar vas en hy moes hulle van mekaar lossny.(Die ribbebeenstorie is darem een ding waarmee die Bybel oorspronklik is. Maar ’n mens moenie te gou praat nie.)
Biskop Colenso is deur die kerk as ketter verklaar en vir ’n tyd lank geëkskommunikeer.
Hoe gouer die Christen besef dat die Bybel nie letterlik nie, maar metafories gelees moet word, hoe beter is dit vir hulle. Dan het die Bybel nog ware betekenis. Maar hulle wil nie hoor nie en lewer hulle heilige boek uit aan die wetenskaplikes, die geskiedkundiges, die evolusioniste, die ateïste, die letterkundiges, en filosowe.
En dit voorspel net een ding vir die Bybel: toiletpapier! Binnekort sal daar “Red die Bybel”-optogte gehou moet word.
Groete
Angus


Kommentaar
Hallo Angus,
Dankie vir nog 'n leersame bydrae midde al die KobusdeK op die werf.
Ek wil jou tog verseker dat Kobus en sy huiskerkbende hier op die werf die enigste aanhangers van kreasionisme is wat ek in my hele lewe teëgekom het.
Miskien is daar vreeslik baie van hulle elders maar ekke is genadiglik soort van gespaar van sulke Bybelaanbidders in die regte lewe.
Met die wat jy die ervaring van die wonderlike en begaafde Biskop Colenso met ons deel, kom dit by my op soos Cornelius Langenhoven ook altoos geseg het; "Dit kos 'n geoefende denker om sy opinie in die balans te hou en dit nie eenkant of anderkant toe te laat oorhel omdat sy informasie onvolledig is of omdat hy dit nog nie deeglik gesif het nie. Die oefening wat hom daartoe bring is sy ondervinding van die baie kere wat hy al in die verlede sy kop gestamp het deur alte halsoorkop na 'n gevolgtrekking te spring. Dit is juis hy wat voel dat daar bitterlik min vraagstukke in die wêreld is waar hy alles van weet aan albei kante wat daar te weet is wat volkome bevoeg is om te oordeel. Selfvoldaanheid is nie 'n kenmerk van kennis nie maar van onkunde (soos in die Kobus-geval se spirituele intelligensie)."
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,
Ekke
Angus
Groot geeste soos Voltaire en Spinoza het bedenkinge gehad oor godsdiens.Voltaire het onder andere geskryf: "The truths of religion are never so well understood as by those who have lost the power of reasoning". Dit som nogal vir my die hele debat op, wat op die oomblik hier plaasvind.
Nog gesegdes van Voltaire, wat mens laat dink:
"The man who says to me, 'Believe as I do, or God will damn you,' will presently say, 'Believe as I do, or I shall assassinate you' ".
On religion,many are destined to reason wrongly;others not to reason at all;and others to persecute those who do reason."
Baie bekende scenario wat hom hier afspeel. Al verskil is dat jy gelukkig nie op die brandstapel sal beland nie en dat jou tong nie uitgeruk sal word nie ... twee van die ligte straffies wat die Christendom in die Middeleeue uitgedeel het!
Beste Angus,
Dankie vir jou nuutste skrywe wat handel oor die werklike waarde van die Bybel. Die verhale en legendes daarin opgeskryf kan seker vergelyk word met derglike epiese werke afkomstig uit die Bronz Periode van daardie tyd, soos Gilgamesh, Odyssey en die Iliad van Homeros. Wat wel so interessant is : Hoe was dit enigsins moontlik dat ons destyds as kinders hierdie boek vir soetkoek opgevreet het en dit letterlik so aanvaar het: waar was die kritiese verstand dan gewees? Nog meer merkwaardig: dat vandag nog volwasse mense die feëverhale glo soos die vis wat Jonas ingesluk het!
Vandag bestaan daar ook n skreiende gebrek aan kennis oor Kerkgeskiedenis onder gelowiges en hulle besef glad nie hoe deur die millenniia leiedende figure ( dus mense) die geloof, formules en doktrine gevorm het . M.a.w. niks betreffende die Christelike geloof was reeds "klaar" en geset in graniet by die tyd van Christus se dood nie. Trouens, eers by een van die vroegste konsilies van die Kerk is daar besluit om Christus te verhewe tot n God. Deesdae word gewese Pouse verhewig tot die status van Heilige (Sainthood).
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Angus,
Om aan te sluit by my vorige kommente: besef jy dat daar onder die Tien Gebooie van die Ou Testament geen verbod bestaan oor lieg nie, maw., daar is geen verbod wat lui dat jy nie mag lieg nie. Daar is ook geen verbod wat lui dat jy nie jou medemens mag haat nie! Die afleiding wat n mens dus maak: die Bybel is geen bron of handboek vir die lei van n etiese lewe nie, dus nie eers n geïnspireerde boek nie.
Die defekte van die Ou Testament word deels gekorrigeer deur die Nuwe waar die kernbegrip/fokus nou verskuif na die gebod op naasteliefde, genade en vergifnis, in pleks van straf. Hierdie paradigma verskuiwing kon ook teweeg gebring word deur kruisbestuiwing van ander godsdienste en filosofieë ( Buddhisme) in daardie deel van die wêreld aan die begin van die eerste millennium. Die gebod op naaste liefde en "compassion" is die gemene deler van al die heersende Godsdienste van ons tyd.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Ek lees so nou en dan die nie Christene se briewe. Soos dit my reg en voorreg is as Christen of gelowige so het elkeen sy eie opinie van wat en wie hy of sy aan glo. Wat my opval is die veneinigheid en algehele afkraak van die Christen se geloof deur nie gelowiges. Ek kan en het nog nie die soort aanval op die Hindu of Moslem geloof gesien nie. Ek besef daar is dwepers onder die Christendom en valses maar ek is nogal omgekrap dat die Christendom en die gelowiges op n subtiele manier as agterlik afgemaak word. Die ware Christen loop nie te koop daarmee nie, hy leef volgens sy geloof. Iemand het eendag vir my vertel dat daar aan n bekende geleerde gevra is of evolusie kan omkeer. Ja seg die man dit is vandag meer as ooit tevore aan die gebeur.
Angus en Grietjie,
Dankie Angus — dis lekker en altyd leersaam om jou bydraes te lees! en
Perdebytjie — Voltaire was vir seker baie skerpsinnig. Een van die groot waarhede wat hy kwytgeraak het, was: “We see that these tales have been written by fools, commented upon by simpletons, taught by knaves, and given to children to be learned by heart; yet the sage is called a blasphemer because he becomes indignant, and is irritated at the most abominable fooleries that ever disgraced human nature.”
Om soveel met so min woorde te sê bewys sy genialiteit.
Nou sal Kobus seker weer ontevrede wees omdat ons vir Voltaire aanhaal. Volgens sy reëls mag jy mos slegs uit die Bybel aanhaal.
Groete
Panda
Wat jy en Angus blykbaar nie begryp nie, Perdebytjie, is dat julle modelle, Spinoza en Voltaire, nie, soos julle, ongelowiges as sulks was nie, maar deïste of panteïste, terwyl hulle die onderskeid tussen God en religie kon tref (God en religie is beslis nie sinoniem nie), iets wat julle blykbaar nou nog nie kan doen, nie - dit is waarom hulle beide, vir julle een voor was, en steeds is...
As jy hoegenaamd kon eerlik wees, sou jy ook weet dat Voltaire die volgende as "geloofs"belydenis voorgehou, het, naamlik
"What is faith? Is it to believe that which is evident? No. It is perfectly evident to my mind that there exists a necessary, eternal, supreme, and intelligent being. This is no matter of faith, but of reason." Hy het ook die panteisme sterk gepropageer, asook religieuse vryheid. Sy rede en intelligensie het hom darem by die plek uitgebring waar hy besef het daar is n Intelleigete Skepper, meer as wat julle bekrompenheid vir julle doen.
Wat Spinoza aanbetref, was dit onseker of hy 'n panteïs of ateïs was. Hy het die term "God" geredelik gebruik, maar meer in 'n panteïstiese formaat. Dus, panteïste het by hom geleen, deïste ook, en so ook ateïste - Spinoza was 'n regte draadsitter-model.
Maar so ploeter julle voort in julle dodelike onkunde en vooroordeel, daardie sien-net-wat-jy-wil tipe lewensbeskouing.
En so kry julle dit reg om in die bestek van enkele sinsnedes, van julself gekke te maak, en die enigste wat julle daaroor toejuig, natuurlik, is die irrelevante Kerneels - om nie 'n kans te laat verbygaan om jul jisse blink te lek in ruil van tog net 'n bietjie aandag, nie...
Vandaar ook jou gebrek aan insig in wat tans hier aangaan.
Kobus de Klerk
Kobus, jou "verwaande appeltjie met God" deur God in jou pag voor te hou mens; en jou wrok teenoor die res van die mensdom buite jou huiskerkstelsel, is gewis veel meer relevant in jou geblerts as die Evangelie. Ek kies om eerder saam met die Evangelie irrelevant te wees as om in jou sensasionele haat op die werf gereken te word.
Cornelius, jy is nie irrelevant nie, Jy het 'n goeie hart. Kobus het nou vir my irrelevant geword. Juis die onlangse bog wat geskrywe word oor Darwin. Het die man die een of ander obsessie?
Kobus,
Almal wat hier deelneem weet verseker wat die verskil is tussen panteisme, deisme, teisme en ateisme. Jy gaan tog nie nou vir Voltaire en Spinoza inspan om ateiste by te kom nie, want jy gaan jou vasdraai.Hierdie twee was heeltemal onverdraagsaam teenoor die Bybel,die kerklikes en godsdiens en sou vandag die vloer met jou gevee het!
Voltaire het in gevaarlike tye geleef,waar hy tweekeer in die tronk beland het en 'n derde keer moes vlug.Hy het hom beywer vir geregtigheid teenoor slagoffers van godsdienstige onverdraagsaamheid.
Dis debatterbaar of hy werklik 'n deis was.Onthou,sy kop kon waai as hy te ver gegaan het.Soos wat jy daar aangehaal het,het hy ook die volgende verwoord:"Which is more dangerous,fanaticism or atheism? Fanaticism is certainly a thousand times more deadly:for atheism inspires no bloody passion,whereas fanaticism does..fanaticism causes crimes to be committed".
Ook:"The word of God is the word of priests;the glory of God is the pride of the priests;the will of God is the will of the priests;to believe in God is to believe all that the priests tell us."
Wat Spinoza betref:Hy het nie geglo in 'n persoonlike God nie.Vir hom was God nie eers bewustelik nie en eerder die onderliggende substansie van die natuur.Hy het ook nie geglo aan enige lewe na die dood nie en dat niks in die natuur goed of sleg is nie,dat die Bybel net bestaan uit verbeelde skrywes en nie 'n wetenskaplike feite rekord is nie.Die feit dat hy in hierdie tyd van vervolging geleef het,het hom genoop om sy eie bas te red deur sy hoogs intellektuele herdefiniering van God en onverganklikheid.Volgens jou dan draadsittery.
Sy volgende uitlating dui op sy gevoel teenoor godsdiens:"Believers are but triflers who,when they cannot explain a thing,run back to the will of God;this is truly,a ridiculous way of expressing ignorance"
Christo,
As jy die debat lankal gevolg het, sou jy gesien het dat dit gaan oor die euwels van alle godsdienste.Kobus het egter die hele debat gekaap met sy Christelike godsdiensbeskouing en sy gehamer op die valsheid van evolusie.Daarom lyk dit vir jou of net die Christendom deurloop. Jy het jou mede broer in Christus hiervoor te blameer.
Waarom die venynigheid teenoor die Bybel en die Christendom? Ons verdedig ons maar net self. Vir eeue is mense verbrand omdat hulle nie glo aan die bonatuurlike nie. In die moderne tyd word ongelowiges verag en vertrap. Kyk hoe Kobus ons hier uitskel. Ek het self oneerlik moes wees om 'n graad op universiteit te kry. Ek het gemaak of ek 'n lid is van die NG-kerk, anders sou ek ook nie 'n onderwysdiploma kon kry nie. My aansoeke by skole het misluk omdat die ouerrade nie goddeloses as onderwysers by hulle skole wou hê nie. Gelukkig ook, want toe kon ek vir baie jare verder studeer weg van Suid-Afrika. Twintig jaar gelede wou my blindederm bars, en ek kon nie toelating kry by 'n hospitaal nie, want ateisme is nie 'n geloof nie, en hulle dring aan op die invul waar daar Kerkverband op die toelatingsvorm staan. Om van die pyn verlig te word, sê toe maar ek is 'n protestantse ateis. So 'n ruk gelede het 'n Amerikaanse president nog gesê ateiste behoort nie as landsburgers gereken te word nie.
Beste Angus,
Dit spyt my diep om te hoor van jou ongelukkige ondervindinge aan die hand van "christene" of agv die Christelike geloof. Dit laat my net weer besef hoe gelukkig ek is om in n sekulêre land te woon waar die kerke sondag leeg staan en waar kerverband geen rol speel by die aansoek vir n pos nie.
Die Amerikaanse president wat reken dat ateïste nie as landsburgers gereken moet word nie is dieselfde "christen" wat n land aangeval het onder die leuenagtige voorwendsel dat hierdie land wapens van massa vernietiging ( weapons of mass destruction) besit. Dit is blybaar okay dat jy n land binneval, honderde duisende siviele doodmaak, n hele geslag van kinders traumatiseer, solank jy glo dat jy n "born-again christen" ( a fundamentalist christian faith) is.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys