Universiteitseminaar | University Seminar

Follow and join the ongoing conversation on education, access, transformation, language and the Constitution.

Contributions in any language and format are welcome: naomimeyer@litnet.co.za.

Ikabod vir Afrikaans aan US beteken Ikabod vir US

Cerneels Lourens Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-21

"Afrikaanshartige alumni kan verder in die oorgangsproses as belangegroep optree terwyl hulle hul groot energie in die ontwikkeling van ’n nuwe privaat universiteit belê."

“Dala Afrikaans!” – die geboorte van ’n nuwe taalbeweging

Frederik Rudolph van Dyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-20

"Die strate van Stellenbosch het op 9 April 2021 met ʼn groep heldhaftige en besorgde voorstanders van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch te kampe gehad. Wat is hier gebore, wat het hier ontstaan? Die beweging wat hier groei, verstaan goed dat die sprekers van Afrikaans moet aandring op insluiting by staatshulpbronne soos openbare universiteite."

Belgiese akademikus stuur sterk boodskap aan US

Menán van Heerden, Yves T'Sjoen Onderhoude 2021-04-16

Wat is die stand van Afrikaans en Nederlands as onderrigtale aan hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika en in die buiteland? Menán van Heerden voer ’n videogesprek met Yves T'Sjoen.

Dala Afrikaans in Stellenbosch se strate

Izak de Vries Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-09

Danie van Wyk, voorsitter van die DAK Netwerk, het op 9 April 2021 ’n protesoptog deur Stellenbosch se strate gelei om DAK se verontwaardiging met die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid te kenne te gee.

Griefskrif met sewe eise vir Afrikaans aan US oorhandig

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-09

"’n Griefskrif waarin geëis word dat Afrikaans steeds as volwaardige akademiese taal by die Universiteit Stellenbosch (US) aangewend word, is vandag (Vrydag 9 April) tydens ’n protesoptog aan die universiteit oorhandig. Die griefskrif met sewe eise vir Afrikaans is tydens ’n optog onder die vaandel van die DAK Netwerk ook aan die deure van die universiteit se hoofgebou vasgeplak."

US-taaldebat 2021: Denken ist heute überhaupt nicht mehr Mode (denke is vandag hoegenaamd nie meer mode nie)

Ronée Robinson Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-09

"Taal maak saak, om vele redes. Een van die sterkste oorwegings ten gunste van meertaligheid is die geleentheid wat dit tot verbreding van denke en uitkyk bied."

Strate toe vir Afrikaans by US: 9 April

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-08

Danie van Wyk van DAK Netwerk: "Ons het niks teen Engels nie en is ook nie gekant teen transformasie nie. Bruin mense is die groep wat die meeste ly onder die universiteit se huidige taalbeleid. Die universiteit skuld bruin mense ’n verskoning vir die wyse waarop hulle ons in die verlede op grond van ras uitgesluit het en nou weer op grond van taal." Jean Oosthuizen lewer verslag.

US-taaldebat 2021: Die oortjies van die seekoei

Andrew Nash Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-07

"Want al wil mens wat ook al verstaan, behoort die weggooi van ’n taal eintlik onbegryplik te bly."

US-taaldebat 2021: US-koor sing nog in Afrikaans

Marguerite van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-07

"Die kwessie van sang en taal is egter veel groter as die vraag of ’n koor in Afrikaans mag sing al dan nie. Dit gaan eerder daaroor dat die koor (en selfs sêrgroepe) soveel beter daaraan toe is as hulle in soveel moontlik tale sing."

US-taaldebat 2021: Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch

Dawie van Velden Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-07

"Mense van alle vlakke van die samelewing het ’n behoefte aan wetenskaplike inligting in hulle moedertaal van die wêreld waarin ons leef om sin te maak van ingewikkelde begrippe in verstaanbare taal. Universiteite is belangrike nasionale bates waar vernuwende denke tot verbetering van ons land en die wêreld moet lei."

US-taaldebat 2021: Hou op om in Afrikaans te droom

Virginia Keppler Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-01

"Afrikaans is juis sy eerste kopskoot toegedien met die aanvaarding van die US se 2016-Taalbeleid, en nou, terwyl hy lê en bloei, kry hy sy tweede skoot."

Afrikaans: Rollende massa-aksie by US, 9 April

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-31

"Dit sal die eerste keer in die geskiedenis wees dat ’n optog van hierdie omvang vanuit hoofsaaklik bruin geledere geloods word om protes aan te teken teen die groeiende miskenning van Afrikaans aan die universiteit."

Afrikaans: US-protesaksie vanaf 9 April

Freek Robinson, Hermann Giliomee, Danie van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-31

Protes en rollende massa-aksie wag op Wim. Freek Robinson praat met die geskiedkundige Hermann Giliomee en DAK-netwerk se Danie van Wyk.

Kaaps is the future of Afrikaans

Quentin Williams Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-30

"If it wasn’t clear before, then it definitely is now: public debates about Afrikaans have never really been concerned with how we should plan, empower and increase the access and success of historically marginalised and racialised varieties of Afrikaans in institutions of power such as Stellenbosch University."

US-taaldebat 2021: Die taalkwessie aan die Universiteit Stellenbosch

John Mobbs Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-29

"Ek het ervaring van parallelmedium as leerder en as onderwyser. Dit is net eenvoudig aangrypend hoe leerders en studente wat in hul moedertaal onderrig ontvang, beter presteer as niemoedertaalstudente."

US-taaldebat 2021: Ek is Afrikaaps

Blaq Pearl Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-26

"Almal se moedertaal moet gerecognise word in institutions, insluitend variations soos Afrikaaps en Afrikaans. Niks taal moet geforce word op iemand nie. En niks judgement omdat jy verskillend klink nie."

US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig

Frazer Barry Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-25

"Afrikaans is die beste voorbeeld en rigtingwyser van hoe om ’n taal akademies tot op die hoogste vlak te neem. My grootste bekommernis is dat die ander inheemse tale in Suid-Afrika uiteindelik ook die prys gaan betaal indien Afrikaans nie meer toegelaat kan word in daardie ruimtes nie."

US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel

Ingrid Jones Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-25

"Ons weet wie die voorlopers, die sleutelbordaktiviste, bewakers, saamlopers, vryers, verdagmakers, puriste, nuwelinge, taal-toi-toiers, ens is. Iemand moet die kinders ’n geskiedenisles gee."

Onverskilligheid of malligheid? Ons hoef nie een sektor van die gemeenskap te ontmagtig om die ander te bemagtig nie.

Mvula Yoyo Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-25

"Hoe help dit die student van Khayelitsha dat Trompie Toerien van Genadendal nie meer wiskunde in Afrikaans kan leer nie? Die groot vraag sentreer rondom watter voordeel daar is vir die Xhosasprekende studente as daar nie meer kursusse in Afrikaans aangebied word nie. Die vraag wat ons onsself behoort te vra is hoe ons daartoe kan bydra dat hierdie studente wel in Xhosa kan studeer."

’n Taalbom bars al weer in Stellenbosch

Mercy Kannemeyer Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-24

"Taal is sentraal tot wie ons is."

Top