KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Shani van Dyk2012-10-04"Die arme haas het geen kans nie. Voor hy mooi weet wat aangaan, is Ricky bo-op hom. Net soos die klein mannetjie begin Ricky suig en hy kan homself nie keer nie. Die kop van die haas bly heel laaste oor. Beangste ogies word toegemaak toe Ricky inbeweeg vir die finale suig."
George Claassen2012-10-03"Die geskiedenis van die mens is ’n verhaal deurspek met bygeloof en môre sal daar ’n nuwe kultusleier opstaan om genoeg volgelinge sonder onsinverklikkers aan hul neuse te laat lei."
Aaron de Kock2012-10-03"’n Klomp dokters staan om my. So gretig soos aasvoëls wat ’n dooie dier gevind het. Ek hoor nie eens hoe hulle my beter wil laat voel nie. Alles voel vals. My arms, bene en nek is vasgemaak aan die bed waarop ek lê."
Chrissie Haupt2012-10-03"Die inwoners van Platville is allerhande interessante kreature, met onreëlmatige, plat figure. Maar almal van hulle het net een ding gemeen: Hulle is plat."
Jana Burger2012-10-03"Ek is nogal opgewonde oor hierdie snaakse wese wat my ma vir ons gaan koop. Van die begin van die jaar af het hulle al gepraat van hierdie robotte in koerante en tydskrifte, maar niemand het werklik geweet of die skepsel gemaak gaan word nie."
Megan Smith2012-10-03"Vir ’n week lank het mense gedebatteer oor wat moes gebeur en die oplossing was duidelik. Hulle sou nuwe blyplek moes kry. Dit het lank gevat om almal daar te kry, maar na vele jare was die maan die mens se nuwe tuiste."
Elani de Beer2012-10-03"Polisiemotors staan orals, met polisiemanne wat binne-in die motors sit of buite rondloop. Geel plastiek omring die omgewing waar die moord plaasgevind het."
Christian du Toit2012-10-03"Die wêreld is nie meer dít wat hy in die verlede geken het nie. Die uitputting van die meeste fossielbrandstowwe in die negentien-negentigs het daartoe gelei dat elke land se regering slegs een gierige behoefte het: energie."
Carli Blignaut2012-10-03"'Jy weet, ek gaan hom eintlik mis. Hy was ’n heel intelligente knapie.' Die gesprek laat Kittel se arms met hoendervleis uitslaan. Hy weet nie of hy moet begin hardloop of verder moet luister nie."
Carla Koen2012-10-03"Met ons aankoms by Unitas Hospitaal het die bevelvoerder die ultraviolet-suigbuis gebruik om die pasgebore baba uit die suster se arms te raap en my in haar arms te plaas. Die suster was baie moeg en oorstuur en het net haar kop geskud. Sy’t die babadogtertjie na haar 'ma' geneem. So het dit gebeur dat ek my Aarde-ouers, Johan en Louise, aangeneem het."
Albert van Zyl2012-10-03"Grasvlaktes, plante, woude, wilde diere. Dis alles iets van die verlede. Ons leer kinders van die plaaslewe deur vir hulle prente in boeke te wys. Ons moor vir vrugte."
Aidan Vermaak2012-10-03"Die president se gesigsuitdrukking verstrak: 'Generaal, jy en jou twee soldate is ons enigste hoop op dié stadium. Ek en die hele wêreld plaas ons volle vertroue in julle.'"
Carla le Roux2012-10-03"’n Honderd jaar gelede was telepatie ’n lagwekkende onderwerp. Bloot iets waaroor elke man gedroom het as hy na sy vrou kyk wat hom vir die soveelste keer uitskel oor die ding wat sy hom 'al ’n duisend keer gevra het om te doen'."