KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Simone van Loggerenberg2012-08-13"Ek het die vrou uit my gedagtes uitgeskakel, want ek kon nie die vreemde gevoel omtrent haar verstaan nie. Teen die volgende week het ek dit reggekry om heeltemal van haar te vergeet. Tot een stormagtige Vrydagoggend."
Elzette Steenkamp, Lucia Brand2012-08-09"Hoe meer inligting daar aan die brein verskaf word, en hoe meer take aangepak word deur hierdie modaliteite (met ’n ontspanne ingesteldheid), hoe meer gebruik die brein sy eie intelligensie om te groei."
SJ Adonis2012-08-06"Ons is in die proses om ons skoolbiblioteek van die grond af toe te rus. Ons leesvlakke van veral Graad 8- en 9-leerders is kommerwekkend. Ons benodig dringend hulp met boeke en befondsing ..."
2012-08-03"Onderwys in Suid-Afrika is tydens die pas afgelope spitsberaad van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) in Bellville-Suid, aangebied in samewerking met die ATKV, vergelyk met ’n terminaal siek pasiënt in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal, gekoppel aan ’n asemhalingsapparaat wat dit nog net kunsmatig aan die lewe hou."
Danie van Wyk2012-08-02Lees Danie van Wyk se bydrae tot die Onderwysspitsberaad wat op 28 Julie 2012 te Athlone Skool vir Blindes plaasgevind het. Hierdie spitsberaad is aangebied deur die SBA en die ATKV.
Henna Schwartz, Naomi Meyer, Charmaine van der Merwe2012-08-02Daar is leerders wat eerder hou van ’n verfkwas as ’n wiskunde-sakrekenaar. Hoe gemaak as hulle die vak wiskunde moet deurkom? Naomi Meyer hoor by Henna Schwartz en Charmaine van der Merwe van ’n ander benadering tot wiskunde.
George Claassen2012-08-02"Ons bring twaalf jaar van ons kort lewe op die skoolbanke deur, sterk onder die invloed van onderwysers wat ons verstand kan vorm, stuur en manipuleer om feitlik enigiets te glo."
2012-07-26Daar bestaan 'n skole- en senior afdeling van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging. Die wenners van die vereniging se nasionale skryfwedstryd, Skrywers 2012, is nou bekend.
2012-07-26"Wil jy stories skryf wat lesers se nekhare laat rys? Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging bied vanjaar op Saterdag, 25 Augustus 2012 om 8:00 – 15:00 in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Pres Brandstraat, Bloemfontein die jaarlikse BSV Slypskool vir ontluikende skrywers aan onder leiding van die gewilde rillerskrywer, Francois Bloemhof."
2012-07-25Die spitsberaad oor onderwys vind op Saterdag 28 Julie 2012 in die ouditorium van die Athlone Skool vir Blindes, Athlonestraat, Beroma, Bellville-Suid plaas.
George Claassen2012-07-19"Vra maar die mediese navorsers wat reeds meer as drie dekades lank stry om die slim MI-virus te uitoorlê en ’n teenvoeter vir die dodelike vigs te kry waarheen die virus onvermydelik op pad is as dit eers vastrapplek in die mens gekry het: Dis evolusie, daagliks, voor ons oë aan die gebeur."
Naomi Meyer2012-07-18Alle Suid-Afrikaners wil die land se jeug bemagtig sodat almal kan voordeel trek uit mense wat goed opgelei is, maar waar kry mens die geld vir hierdie opleiding? Spurgeon Haddon-Wilson vertel vir Naomi Meyer van Rachel's Angels.
Steyn du Toit, Ronel Nel2012-07-13Resolution Health Medical Scheme and Moonprint Productions NPC launched a partnership last month. This move will see the facilitation and promotion of recycling awareness at music and artistic events across the country, as well as at schools. Moonprint’s Ronel Nel shares all the exciting details with Steyn du Toit.