SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

VRYDAG; 19/02/10, TWEEDE UITGAWE

LitNet 2010-02-19 Jy het in my lewe ingewarrel, en nou warrel jy weer uit. Gelukkig gaan jy nie te ver nie. Gelukkig sal jy nog kom stoepsit op weeksmiddae en grappies vertel, gelukkig is daar braaie by die dam en lang aande se twakpraat wat voorlê.Jy is 'n ...

Bokomo-brekfisbrief; 19/02/2010: 5 dinge wat ook belas moet word

LitNet 2010-02-18 Gister was minister Gordhan se begrotingsrede. Bykans alles wat lekker is, is voorspelbaar belas - om met jou kar rond te ry, alkohol, sigarette, ensovoorts. Tog is daar goed wat nie belas word nie, wat wel myns insiens belasting hoort aan te trek. ...

Bokomo-brekfisbrief; 18/02/2010: Hoekom 'n vrou moerig is as manlief laat by die huis kom

LitNet 2010-02-17 Ek kan 'n ooggetuie-verslag lewer dat die volgende wél waar is: Dit werk so: Vroulief bel vir Manlief so teen 7-uur as hy nog nie tuis is nie, om te hoor waar is hy en of hy huis toe kom vir ete. Hy sê dan gewoonlik hy het net vir ...

Bokomo-brekfisbrief; 17/02/2010: Die funksies van religie

LitNet 2010-02-16 Dit is die moeite werd om die volgende boek van Pascal Boyer te lees: Religion explained; the human instincts that fashion gods, spirits and ancestors (London: Vintage, 2002). Boyer is 'n filosoof en veral 'n antropoloog. Sy ...

Bokomo-brekfisbrief; 16/02/2010: Van predikante en kerke

LitNet 2010-02-15 Uitgelate en jubelend in Christus baljaar ‘n ietwat gesette dominee en mevrou die Saterdagmiddag in die pastorieswembad, wat verlede jaar van die gemeente afgebid is. Alhoewel, miskien omdat, haar baaipak te klein is, vind dominee vir mevrou ...

Afrikaans

LitNet 2010-02-12 Angelina en Lizz, Ek word net so vies vir Afrikaners wat hul kinders Engels grootmaak, omdat hulle kwansuis só gaan sukkel in ‘n Engelse wêreld. Ek, my man en al my kinders was in Afrikaanse skole, op Afrikaanse universiteite en ...

Bokomo-brekfisbrief; 14/02/2010: Vredestelers

LitNet 2010-02-12 Waar hierdie brief sy oorsprong het, weet ek nie. Ek het hom van uit die VSA gekry. Of mens ‘n christen is of nie, maak nie saak nie, want as elkeen iets begin doen dan sal die resultate ons verbaas. In ons woonbuurt het die inwoners ...

Bokomo-brekfisbrief; 13/02/2010: droomwêrelds verward

LitNet 2010-02-12 besef't nou, nou eers, paar van ons's anners,glad nie in tred met narcissisties' Self-Sarkozy,narriteit, Self be-Berlusconi, so ver-Rajbansi soos Sol, jeentemal uit voeling, bewussyn, vannie Werklikheid,eish, allie eise van belasting ...

Bokomo-brekfisbrief; 12/02/2010: Boeta

LitNet 2010-02-11 My liewe broer,jy lees nie eers hier nie. Maar ek gee nie om nie. Jy sal dalk eendag dié briefie raaksien en weet dis vir jou.Dankie dat jy sterk is wanneer ek nie is nie, dat jy my held is in soveel opsigte, my beter ken as die res ...

Bokomo-brekfisbrief; 11/02/2010: Odyssea en 'n aarde sonder olie

LitNet 2010-02-10 Beste Odyssea, Jy het my nou lekker aan die dink gesit en ek het in my gedagtes ‘n pad begin stap. Ek is nie ‘n kundige op enige gebied nie, maar my gesonde verstand laat my ‘n skrikwekkende prentjie optower, wat dalk nie ...

Bokomo-brekfisbrief; 10/02/2010: Johannes Comestor se brief oor niks

LitNet 2010-02-09 Johannes, wat ‘n pragtige brief. Jy laat ‘n mens wonder oor dié dinge. Mense wonder soms waar hulle was, voordat hul geleef het? Jy was eers nie hier nie, maar nou is jy bewus daarvan dat jy hier is. Is dit wetenskaplik om te ...

Bokomo-brekfisbrief; 09/02/2010: Die dood van 'n boom

LitNet 2010-02-08 Gisteroggend verlustig ek my in die pragtige blou dag, vol voëlgesang en vars lug na die afgelope tyd se heerlike reën. Skielik word die prentjie versteur deur die aaklige geluid van ‘n kettingsaag. Nee! Net nie dít nie, ...

Bokomo-brekfisbrief; 07/02/2010: Stinkie in Madrid

LitNet 2010-02-05 My laaste dag in Madrid het aangebreek en ons is al vroegoggend deur die hotelontvangs geskakel en aangejaag om uit te check. Aangesien my vlug eers 1:30am (Maandagoggend) na Suid-Afrika vertrek, het ek en my kollege besluit om maar die hele Sondag ...

Bokomo-brekfisbrief; 07/02/2010: Frikkie

LitNet 2010-02-05 My vriend Wollie, vertel my hierdie storie na al die hartseer op die werf: Klein Frikkie, sewe, vra sy ma een middag na skool: 'Kan ek en ma bietjie man en vrou speel?' Sy vind die voorstel half vreemd, maar besluit om saam te speel. ...

Bokomo-brekfisbrief; 06/02/2010: Die groot oomblik

LitNet 2010-02-05 Werfvoetjies, Ons tref almal oomblikke wat te veel is en jou in die spore stuit dat jy wragtig nie weet watter kant toe nie ... OutoppieKlein Poison en die groot oomblikOupa het die plaaswinkel gehad en so het hy uiteraard die plaaslike seuns in ...

Bokomo-brekfisbrief; 05/02/2010: Vet(koek) pret skuins voor Valentynsdag

LitNet 2010-02-04 Wat gebeur as jy hartlik sat is vir jou eie skete en smag na 'n bietjie toorkuns vir die smaakkliere? En as jy nie by 'n winkel kan uitkom om Valentyns-hartjies en sjokolade vir die familie te gaan koop nie? Jy besluit op 'n oefenlopie ...

Bokomo-brekfisbrief; 04/02/2010: Soengroet of nie?

LitNet 2010-02-03 Dis nou een van daai dinge wat 'n tameletjie is vir my. Mens word mos van kindsbeen geleer om die familie te soengroet as daar 'n gathering is. Kom sussie, gaan SOEN die tannie! En jy wat so halfhartig nader sleepvoet, nie baie lus nie. En ...

Bokomo-brekfisbrief; 03/02/2010: Verskil tussen potensiaal en realiteite

LitNet 2010-02-02 Die laerskoollat nader sy pa om die verskille tussen bg mooi uit te lê, dis nou nadat die onnie hulle getaak het. Pappie probeer verduidelik, maar kom nie helemaal mooi deur nie. Einde ten raad beveel hy toe sy lat om aan sus te loop vra of ...

Bokomo-brekfisbrief; 02/02/2010: Fox hunt van die lekka ingelse en FW

LitNet 2010-02-01 Die Lekka Ingelsman se pa het destyds vir oubaas Willemse genooi vir ‘n fox hunt. Daar het die stoere boer kennis gemaak met al die protokol en tradisies en seremonies en etiket waarvan hy nog nie eers gehoor het nie. As eregas is hy met ...

Bokomo-brekfisbrief; 01/02/2010: Thula-thula

LitNet 2010-01-29 Ek kan nie glo dat iemand Annelie Botes se boek as pornografie beskou nie, eers klaar lees en dan verbrand, maar onthou darem in detail die detail. Ek is van mening dat seuns ouer as agtien maar die boek kan lees. Verkieslik as hulle ‘n oop ...
Top