... hierdie keer uit die Tweede Wêreldoorlog. Destyds, toe ek by SAW en Seuns was (14 Veld, artillerie) gesels ek met ‘n anders-as-my-kleur-ige wat gedurende die Tweede WO in die, soos hy dit noem, Entertainment Corps, in die woestyn, was. Hy vertel my hulle was skielik deur die vyand oorval, ek kan nou nie onthou of dit die Duitsers of die Italianers was nie en in die geharwar stamp hy sy kop of been of iets en land op die grond en hy kon nie beweeg nie.
Hy sê vir my, "die Australjanner, hy hardloop by my vorby, die Engelsman, hy hardloop by my vorby, maar die witmens, hy stop by my, hy sê vir my 'jou bliksisse k.. , wat soek jy hier op die grond?' maar hy tel my op en hy vat my saam. Hy red my lewe."
Jan Rap


