Bokomo-brekfisbrief; 02/03/2010: Die Apteker

  • 0

'n Jong man stap die apteek binne. Hy vra die vriendelike apteker vir 'n kondoom met die verduideliking dat sy meisie baie mooi is, en miskien wil sy iets van hom hê.

By die deur draai die jong man skielik om en vra die apteker vir nog 'n kondoom. "My meisie se suster is ook mooi en sy kruis altyd haar bene op so 'n verleidelike manier as sy my sien," verduidelik hy.

Weer 'n keer draai hy by die deur om en vra die apteker vir nog 'n kondoom. "My meisie se ma is ook baie mooi, en sy het my juis vir ete genooi. Dalk wil sy ook iets van my hê," verduidelik hy blosend.

Dié aand sit almal al aan tafel, toe die pa inkom en gaan sit. Skielik begin die jongman te bid. Hy bid vir die voedsel, die hande wat dit voorberei het, die grond waarin die worteltjies en aartappels gegroei het, die weiveld waar die gebraaide skaap geloop het en toe hy by al die sonde kom, stamp sy meisie so liggies teen hom.

"Ek het nie geweet jy is so godsdienstig nie?" fluister sy.

"En ék het nie geweet jou pa is 'n apteker nie," fluister hy terug.

Groete,

Angus

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top