Bokomo-brekfisbrief; 12/03/2010: En Moses op de berg geklommen (vir Adriaan)

  • 0

Die ouderling neem die diens waar. Hy lees uit die Bybel:

"En Moses op de berg geklommen," blaai so 'n paar bladsye om, "vloog weg."

Dit kan darem nie waar wees nie, dink hy so by sy sigselwers, en lees weer: "En Moses op de berg geklommen," blaai om, "vloog weg."

Vir 'n derde keer lees hy: "En Moses op de berg geklommen," blaai om en meewarig kom die uitspraak:

"Broeders en Susters, hy vloog toe so wragtag weg."

Groete,

Angus

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top