Bokomo-brekfisbrief; 07/03/2010: "˜n Oorlogstorie …

  • 0

... die keer in die diaken se huis. Die diaken het destyds, toe ek nog in Valhalla gebly het, altyd laaste by my verbygekom want dit was naby sy huis en dan het ons ‘n paar biere gedrink en gesels oor alles en nog wat. Elke keer as hy klaar gekuier het het hy na die skaakbord op die koffietafeltjie gekyk en gesê ek moet tog ‘n slag teen sy seuntjie kom speel want die is tog te lief vir skaak.

Ek was nie te lus daarvoor nie want die outjie was so standerd 2, 3 en ek was so negende op die ranglys van die werk se skaakklub, weliswaar nie ‘n grootmeester nie maar ook nie te vrot nie.

Ewenwel, ek stap toe een Saterdagoggend oor en begin teen die outjie speel. Hy't ook nie baie lus gelyk nie want elke keer as dit my skuif was tel hy een van sy karretjies op, spin die wieletjies, stoot die karretjie oor die vloer of hy blaai deur een van sy comics en sodra hy hoor ek het geskuif onderbreek hy skaars waarmee hy besig is en maak dadelik sy skuif.

Op ‘n stadium haal die outjie skaars sy gesig agter ‘n comic uit, net ver genoeg om vir my te sê ‘as oom daai skuif maak gaan oom oom se koningin binne 3 skuiwe verloor.'

Die oom is toe redelik gerattle, veral toe die oom na ‘n lang studie sien die mannetjie het inderdaad gelyk.

Ek sluk toe maar my trots en vat die skuif oor maar dit het niks gehelp nie, die kind het die oom opgedonner, daardie spel en die een of twee wat ons daarna gespeel het. Wys jou, soos Sun Tzu sê, moet nooit jou vyand onderskat nie.

Groetnis,

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top