Om 4 seuns oor die diepere dinge van die lewe te leer het mens ‘n sin vir humor nodig. Besmoontlik sommer met die res van die lewe ook!!
Seksvoorligting
My vier seuns het hulle totale lewensvoorligting gekry by wyse van 'n gelykenis - allesomvattend; van wetenskap; biologie, dierkunde, fisiologie, fisika tot lewensvaardighede, oorlewingstegnieke en prokreasie.
Die totale vader - seun gesprek het omtrent uit die volgende bestaan:
Dis die ware verhaal van die pragtige meisie wat in die Durbanse see geswem het met daardie gloeiende geel stunning bikini aan - voor die tyd van die haainette. Toe die mense die haaivin naby haar gewaar skreeu hulle vreeslik vir haar en sy swem laat dit bars sonder om te spat en spartel strand toe.
Haaie word deur reuk en helder kleure en spartel aangetrek en sy tas en elektriese sintuig is op sy vel. Daarom skuur hy eers teen sy prooi voordat hy proe.
Die mooi meisie het dit alles geweet en toe hy die eerste keer teen haar skuur toe gooi sy die bo-stuk van die stunning helderkleurige bikini vêr weg om haar 'n kans te gee om weg te kom - om die haai se aandag af te trek. Maar dit het die haai net nog meer opgewonde gemaak. Maar sy moes toe ook nog die onderstuk van die stunning bikini afskop voordat sy die veiligheid van die strand kon haal. Dit het haar genoeg kans gegee om tot by die vlak water te vorder, maar natuurlik stunning poedel nakend. Die klein skare mense het haar laat wegdraai, parallel met die branders na 'n skuiling toe, toe die haai met 'n spoed op die strand uitswem tot op die droë sand waar hy lê en hap en spartel het.
Die haai kon nie draai nie want sy stert was styf.
Laat dit nou vir julle manne ‘n les wees ... as julle meer wil weet gaan vra julle se ma en lees Die Vleesgenoot!!!!
Outoppie


