Bokomo-brekfisbrief; 12/03/2010: Die vruggebruik in RSA

  • 0

Die Wiids se toegewyde entoesiasme oor die evolusie van die Eerste-plek-vatter het my laat dink aan die storietjie.

Toe ek so na die seksuoloog op kykNET kyk en luister soos wat hy uitwei oor die diepere waarhede van onderwerpe en voorwerpe en daar waar die son nie skyn nie - met so 'n ‘snuf-in-die-neus' bo-tande-grynslag soos Jim Carey, (en in Afrikaans!) - nadat iemand die allervreeslikste vraag ingebel het - dink ek so aan die verskillende mans wat daaroor gestry het: watter volk se mans die meeste romanties is en 'n vrou die gelukkigste kan maak.

Die Engelsman vat natuurlik haar eers na die Chelsea blommeskou toe en speel Händel se Barok en na haar jubelende orgasme kielie hy haar maag met egte dons en dan sweef sy vyf sentimeter bokant die matras.

Die Fransman in egte Franse tradisie sal dan eers na 'n liefdevolle ete met rooiwyn, kaviaar en kabaret katel toe gaan. Waar hy die nuutste Chinese truuks sal uithaal op die maat van die Franse volkslied. Na twee orgasmes sal die vrou sommer 10 sentimeter bokant die waterbed sweef wanneer hy haar toontjies suig.

So brag die lot die een na die ander:

Die Russe met hulle se Tsjaikofski-ballet en Vodka veroorsaak nog 'n bietjie hoër hoogtes na nog meer orgasmes en die Italiaanse vrouens met Verdi-operas bereik omtrent dieselfde hoogte bokant die katel as die note van die tenoor arias saam met die eksotiese fluit van 'n Formule 1, 10 silinder Ferrari.

En die Duitsers op die maat van marsmusiek bo-op 'n Mercedes Benz se enjinkap - selfs nog hoër.

So gaan dit al erger.

Die vet Amerikaner - natgesweet en harerig - al stomende met 'n selfoon in sy jacuzzi , stort en swembad - veroorsaak 'n staat van gewigloosheid soos in die Shuttle, as't ware.

En ou Ntonto Malema slaan kierie en gooi nat as sy uitpass totdat sy warm is.

Maar ou neef Gert het absoluut geen benul gehad waaroor dit alles gaan nie en luister verstom en verbaas oor al die stories van die ander.

Toe hulle hom later vra hoedat die Boere op hierdie gebied presteer, vertel hy ewe ernstig dat as hy na rugby, bier en biltong met Sannie klaar liefde gemaak het en hy vee sy affêre aan die gordyn af - dan gaan sy deur die dak!! Want dit is 'n nuwe gordyn!!

Ketoolsie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top