Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Uitnodiging: Werkgemeenskap Potchefstroom – byeenkoms op 27 Oktober 2022

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-10-11

Enige belangstellendes word hiermee vriendelik uitgenooi na die geleentheid. Die tema is "Die geheime diens van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) 1894–1900" en die gasspreker is brigadier-generaal (dr) Gerhard Kamffer.

Uitnodiging: 51ste JBM Hertzoggedenklesing

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-10-10

Jy word hartlik uitgenooi na die 51ste Hertzoggedenklesing wat op 19 Oktober 2022 aanlyn aangebied word deur die SA Akademie se Geskiedeniskommissie. Hier is nog inligting oor die geleentheid.

Uitnodiging: 2022-Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-10-04

Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika word genooi om hul navorsing, wat in Afrikaans vasgelê word, in die vorm van ’n referaat of plakkaat op 9–10 November 2022 by die simposium aan te bied. Voornemende deelnemers kan hul voorstelle teen 16 Oktober 2022 indien.

Boekbekendstelling: Publieke teologie as profetiese teologie? deur Martin Laubscher

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-09-30

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Publieke teologie as profetiese teologie? ’n Kritiese beskouing van die sosio-ekklesiologiese implikasies van die drieërlei amp in die teologie van Karl Barth op 2 November 2022.

Persverklaring: Nuwe lede van die SA Akademie se Letterkundekommissie aangestel

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-09-23

Die nuwe voorsitter is Willie Burger van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria en die nuwe lede is die bekende skrywers Valda Jansen en Bettina Wyngaard.

Eerste aankondiging: Die SA Akademie wag tans nominasies in vir sy gesogte Akademiepryse vir 2023

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-08-30

Die SA Akademie wag nominasies in vir die toekenning van Akademiepryse in die kategorieë wat in 2023 aan bod kom. Die finale sluitingsdatum vir nominasies is 15 Februarie 2023.

Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Michelangelo se Sistynse Kapelplafon

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-08-23

Jy word hartlik uitgenooi na die volgende lesing deur Alex Duffey wat handel oor die kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld. Die lesing kan vanaf 18:00 op 23 Augustus 2022 aanlyn gekyk word.

Uitnodiging: Boekbekendstelling – So is onse mense deur JC Steyn

LitNet Boeke en skrywers 2022-08-11

Jy word uitgenooi na ’n viering van die skrywer JC Steyn en die bekendstelling van sy laaste boek, So is onse mense, op Vrydag 26 Augustus 2022 in Bloemfontein. Hier is nog inligting oor die geleentheid.

Persverklaring: Hennie van Coller bedank as voorsitter van die SA Akademie se Letterkundekommissie

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-07-25

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig aan dat prof Hennie van Coller, die voorsitter van ons Letterkundekommissie, sy bedanking ingedien het.

Lede van SA Akademie se Letterkundekommissie bedank oor Hennie van Coller se omstrede rubriek

Melt Myburgh Menings 2022-07-22

Marius Crous en Andries Visagie het as lede van die SA Akademie se Letterkundekommissie, onder voorsitterskap van Hennie van Coller, bedank weens die onaangenaamheid rondom menings wat Van Coller in ’n rubriek oor randfigure in kinder- en jeugverhale gelug het.

SJ Naudé se toespraak by ontvangs van die Hertzogprys

SJ Naudé Seminare en essays 2022-07-22

"’n Seker manier om mense ontuis te laat voel in Afrikaans en om die taal in haar weerlose posisie skade aan te doen, is om onsensitiewe sentimente uit te druk rondom wie normaal of gewoon sou wees al dan nie, wie in die hoofstroom mag swem en wie in die systrome, wie in die kern hoort en wie maar op die rande moet bly beweeg. Dit is ’n gesindheid wat die huis van Afrikaans kan laat leegloop."

Uitnodiging: SA Akademie se Noordelike bekroningsplegtigheid

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-07-19

Jy word hartlik uitgenooi na die SA Akademie se Noordelike bekroningsplegtigheid wat vanaf Woensdag 20 Julie 2022 om 18:00 op die Akademie se twee elektroniese platforms beskikbaar sal wees.

Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Botticelli se Primavera

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-06-23

Alex Duffey se lesing "Botticelli se Primavera verbeeld beskaafde gedrag vir alle tye" handel oor die kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld. Die lesing kan op die SA Akademie se sosialemediaplatforms gekyk word.

Persverklaring: Onderwysverklaring na aanleiding van Wysigingswetsontwerp op basiese onderwys

LitNet SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-06-10

’n Berig het onlangs in Rapport verskyn in verband met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys wat deur die regering beplan word en daarby ook ’n brief wat deur 19 organisasies, wat hulle beywer vir volhoubare Afrikaanse onderwys in openbare skole, onderteken is. Hierdie brief is aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gestuur. Laai die brief hier in PDF-formaat af.

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-05-31

"Christo van Rensburg se Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar is werklik ’n boek waarvan mens kan sê dat dit die perspektief verruim."

Uitnodiging: Theuns Eloff oor die toekoms van Suid-Afrikaanse universiteitswese

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-05-17

Alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Werkgemeenskap Potchefstroom van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se volgende byeenkoms. Die gasspreker, Theuns Eloff, sal praat oor die toekoms van Suid-Afrikaanse universiteitswese teen die agtergrond van onlangse politieke ontwikkelinge.

Kennisgewing: Oproep om referate vir die SAAWK se jaarlikse algemene simposium vir 2022

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-05-11

Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind virtueel op 15 September 2022 plaas. Alle belangstellendes, ook nielede van die Akademie, word daaraan herinner om ’n referaatvoorstel in te stuur. Die oorkoepelende tema is "Om op te staan uit die as: Reaksies op rampe en pandemies met ’n fokus op die Covid-19-pandemie".

Aankondiging: Rufus Gouws wen die Jan H Maraisprys vir 2022

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-05-05

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig aan dat die leksikograaf Rufus Gouws met die Jan H Maraisprys vir 2022 bekroon is.

Aankondiging: 2022 se wenners van SA Akademiepryse

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-04-22

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig die name van hul pryswenners vir 2022 aan. Hier is die volledige lys van die gesogte Akademiebekronings.

Meevoerend elegant en melancholies: William Kentridge se kortprente

Johan Myburg Kuns 2022-03-16

"Dit is in dié animasieprente waarin onthou en vergeet, benadruk en uitwis, die gewig van geheue en die kortstondigheid van vergeet vasgevang word in houtskool en uitveër." – Johan Myburg lewer verslag oor Alex Duffey se taksering van William Kentridge se nege Drawings for projection.

Top