Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Persverklaring: SA Akademie versoek Suid-Afrikaners om hulle te laat inent
2021-09-10Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om hulle teen COVID-19 te laat inent om die voortgesette verspreiding en verwoesting wat die SARS-CoV-2-virus saai, te beperk.
SA Akademie: Uitnodiging na bekroningsplegtigheid
2021-07-12Jy word uitgenooi om op Woensdag 14 Julie 2021 om 18:00 na die SA Akademie se noordelike bekroningsplegtigheid te kyk wat op Facebook en YouTube gebeeldsaai sal word. Die suidelike bekroningsplegtigheid word op 28 Julie gebeeldsaai.
Ina Wolfaardt-Gräbe: ’n lewe gewy aan literatuurwetenskap en Afrikaans se hoë funksies
2021-06-24"Afrikaans as onderrig- en vaktaal is beslis onder beleg. Maar so ook blykbaar basiese Afrikaansonderrig. Luister maar na die uitspraak of foutiewe woord- en sinsklem op Afrikaanse TV-programme. Of kyk na die dikwels onbeholpe vertalings van onderskrifte."
Kennisgewing: Oproep om referate vir die SAAWK se jaarlikse algemene simposium vir 2021
2021-06-18Belangstellendes wat ’n bydrae wil lewer, word hartlik uitgenooi om voor 28 Junie ’n voorlegging te doen wat aansluit by die oorkoepelende tema (armoede in die Suid-Afrikaanse samelewing) en verwante temas/terreine.
Hennie van Coller: effe "stadiger" deesdae, maar niks minder polemies
2021-06-08"Ek het koppe gestamp met Jan van der Merwe (ANC-lid); JC Kannemeyer oor ’n boel onwaarhede in sy Leroux-biografie; ’n hele reeks rektore oor Afrikaans as onderrigtaal, veral Jonathan Jansen, wat verantwoordelik was vir die nekomdraai van Afrikaans by die UV; oor die verskuiwing van die Steyn-standbeeld, ens."
Perversklaring en uitnodiging: Met een voet in die Bybel-boekbekendstelling
2021-05-10Alle belangstellendes word uitgenooi na die bekendstelling van Met een voet in die Bybel op 15 Mei 2021. Die publikasie van hierdie boek is moontlik gemaak deur die ondersteuning van die SA Akademie.
Boekbekendstelling: Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole
2021-04-30Die bekendstelling van Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johann Burger en Aslam Fataar vind op 4 Mei aanlyn plaas. Hier is verdere inligting.
Besondere erepenning van die SA Akademie 2021: ’n onderhoud met Rina Loader
2021-04-30’n Besonderse erepenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is onlangs aan Rina Loader, woonagtig in Oostenryk, toegeken. Die prys word aan haar toegeken vir haar bydrae oor 23 jaar met betrekking tot die bevordering en bekendstelling van Afrikaans in Europa en in die besonder haar betrokkenheid by die onderrig van Afrikaans aan die Universiteit van Wene. Sy praat met Naomi Meyer oor hierdie toekenning en haar betrokkenheid by Afrikaans in die buiteland.
Die Hertzogprys vir drama 2021: ’n onderhoud met Nicola Hanekom
2021-04-23"Teater is lewende kuns. Dit sluimer hopelik net tydens die pandemie ’n bietjie. Teater is alles vir my. Dis kerk en kulkuns, konfrontasie en ontvlugting, droom en nagmerrie."
CJ Langenhovenprys vir Taalwetenskap 2021: ’n onderhoud met Wannie Carstens
2021-04-22"Ek het taalkunde vroeg as dissipline ontdek en dit my loopbaan gemaak. Maar die volheid van Afrikaans as taal het my passie geword en my gemotiveer om aan te gaan met navorsing en betrokke te wees by aktiwiteite wat Afrikaans raak."
Tienie Holloway-medalje 2021: ’n onderhoud met Fanie Viljoen en Tumi Steyn
2021-04-21"Ek wou die klein lesertjies laat verstaan dat daar hulp sal wees as hulle praat, en ek wou hulle toerus met maniere waarop hulle hulp kan vra."
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings vir 2021
2021-04-16Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns maak die gesogte Akademiebekronings vir 2021 bekend.
Persverklaring: Jan H Maraisprys 2021
2021-04-13Die Jan H Maraisprys vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal word vanjaar gedeel deur Ina Wolfaardt-Gräbe van Pretoria en Hennie van Coller van Bloemfontein.
Persverklaring: Suid-Afrikaanse Akademie betreur taaldebakel op Stellenbosch
2021-04-07"Ons kommer oor die taalkwessie by Stellenbosch spruit uit die waarneming dat een van ons land se inheemse tale, en daarby die jongste taal uit Afrikabodem wat die afgelope eeu tot volle wasdom as ’n wetenskapstaal ontwikkel het, se waarde klaarblyklik deur die Universiteit Stellenbosch geringgeskat word."
Persverklaring oor Kruis van liefde: ’n uitsending van die Paasoratorium
2021-04-01Hier is inligting oor ’n uitsending van die Paasoratorium op RSG op 2 April om 14:04. Verse uit die pen van die digters Hans du Plessis en Bernard Odendaal sal ook gehoor word.
Kennisgewing: Geskiedenissimposium, 29 Januarie 2021
2021-01-22Alle belangstellendes word uitgenooi na die Geskiedeniskommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se simposium op Vrydag 29 Januarie 2021 wat virtueel aangebied gaan word. Vanjaar se tema is: "Kommunisme in Suid-Afrika: Verlede, verloop, vandag, 1921–2021". Bywoning is gratis.
SA Akademiepryse 2021: Herinnering – nominasies ingewag
2021-01-14Belangstellendes word hiermee herinner aan die sluitingsdatum vir nominasies vir die 2021-Akademiepryse op 31 Januarie 2021.
Uitnodiging: Klinkklaar – virtuele huiskonsert
2020-12-03Jy word uitgenooi na ’n virtuele huiskonsert waartydens 21 toonsettings van gedigte oor afsondering uitgevoer sal word. Die konserte word gratis op 4 en 11 Desember om 18:00 op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Facebook-blad uitgesaai.
Bekendstelling van Randfigure – Stemme van toe tot nou
2020-11-26Vroeg in Desember 2020 vind die bekendstelling van die bundel Randfigure – Stemme van toe tot nou by vier geleenthede plaas. Hier is nog inligting oor die bekendstellings in Bloemfontein, Wellington, Stellenbosch en Pretoria.
Persverklaring: Jan H Maraisprys – Voorstelle vir 2021 word ingewag
2020-11-09Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Maraisprys vir 2021. Die doel van die Prys is om erkenning te gee vir ’n uitstaande lewenslange bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Nominasies sluit op 31 Januarie 2021.