Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Persverklaring: Aankondiging van die Suid-Afrikaanse Akademiepryse vir 2025
2025-04-25Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2025 aan.
Persverklaring: Kortlys van die Protea Boekhuistoekenning bekendgemaak
2025-04-10Die kortlys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Protea Boekhuistoekenning vir beste gepubliseerde boek in geskiedenis of kultuurgeskiedenis word hiermee bekend gemaak. Dié prys word jaarliks toegeken en roteer tussen ’n ongepubliseerde magisterverhandeling, ’n ongepubliseerde doktorale proefskrif en ’n gepubliseerde boek in Afrikaans oor geskiedenis of kultuurgeskiedenis.
Persverklaring: Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe vier ’n eeufees én ’n redaksionele oorgang
2025-04-08Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bring op 3 April 2025 hulde aan Ina Wolfaardt-Gräbe, wat ná meer as 24 jaar as hoofredakteur van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW) die leisels aan Nerina Bosman oorgee. Tydens die geleentheid het die Akademie ook die TGW se nuwe temanommer, jaargang 65, nommer 1, bekendgestel.
Persverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se letterkundige pryse van 2025 bekend
2025-03-28Vanjaar is dit die tweede jaar dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse vooraf aangekondig word. Die vier kortlyste vir 2025 se boekpryse is pas bekendgemaak.
Sluitingsdatum uitgestel – Uitnodiging na 2025 se studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe
2025-02-25Die SA Akademie nooi u hartlik uit om die opkomende studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe by te woon. Die program sluit interessante aanbiedings vanuit verskeie vakgebiede in.
Uitnodiging: Internasionale Moedertaaldag 2025
2025-02-14Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi alle belangstellendes hartlik uit na ’n aanlyn paneelbespreking oor taal en toegang tot geregtigheid op Donderdag 20 Februarie ter viering van UNESCO se Internasionale Moedertaaldag 2025.
Uitnodiging: Breyten Breytenbach: woordenaar, woordnar – ’n persoonlike blik deur Francis Galloway by NALN op 13 Maart 2025
2025-02-12Kom kuier saam by NALN in Bloemfontein op 13 Maart 2025. Francis Galloway spesialiseer in navorsing oor die loopbaan van Breyten Breytenbach as skrywer en openbare figuur. Sy is ook die samesteller van die huldigingsbundel, in die reeks van die SAAWK, Breyten Breytenbach: woordenaar, woordnar, wat te koop aangebied sal word tydens dié gespreksgeleentheid.
Uitnodiging: Geskiedenissimposium en Hertzoggedenklesing, 31 Januarie 2025
2025-01-20Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi u hartlik uit na ’n Geskiedenissimposium op 31 Januarie 2025. Na afloop van die simposium word u uitgenooi na ’n skemeronthaal en daarna word ’n JBM Hertzoggedenklesing gelewer. Lees meer oor die program hier.
Persverklaring: Vakante pos – hoof- operasionele beampte
2025-01-16Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi aansoeke in vir die pos hoof- operasionele beampte. Aansoeke word tot 28 Februarie 2025 ingewag.
Persverklaring: Onderwyskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oor die 2024-matriekuitslae
2025-01-15Die Onderwyskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap wens die 2024-matrikulante, onderwysers en almal wat ’n bydrae gelewer het tot hierdie noemenswaardige prestasie, geluk met die 2024-matriekuitslae. Die opwaartse kurwe in die nasionale slaagsyfer dui op verbeterings in sekere aspekte van die onderwysstelsel en word verwelkom.
Uitnodiging: Bekendstelling van Soos Abraham deur Gerhard Kruger en Franco Kruger
2025-01-14Die SA Akademie nooi alle belangstellendes uit na die bekendstelling van Soos Abraham: Die verhale van agt Kruger-gesinne deur Gerhard Kruger en Franco Kruger op 23 Januarie in Pretoria.
Persverklaring: Uitnodiging na 2025 se studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe
2025-01-09Nagraadse studente wat hulle navorsing in Afrikaans doen, word genooi om hul navorsing, wat in Afrikaans vasgelê word, in die vorm van ’n referaat (20 minute) of plakkaat (5 minute) by die simposium aan te bied. Die 2025-simposium sal hibried aangebied word.
Persverklaring – Bela-wet: SAAWK spreek kommer uit oor bedreiging vir moedertaalonderrig
2024-12-20Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) neem met kommer kennis van die implementering van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) in sy geheel soos goedgekeur deur president Cyril Ramaphosa. Die SAAWK waarsku dat hierdie wetgewing in sy huidige formaat ’n beduidende bedreiging vir moedertaalonderrig op basieseonderwysvlak inhou. Dit raak nie net Afrikaanse skole nie, maar enige gemeenskap wat sy grondwetlike reg op onderrig in die taal van sy keuse wil uitoefen.
Persverklaring: Vakatures – die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2024-12-04Aansoeke van belangstellende kundiges word tans ingewag vir die volgende vakante poste in die Taalkommissie. Aansoeke sluit op 15 Januarie 2025.
Persverklaring: Uitnodiging – Rondleiding deur Jan van der Merwe, samesteller van ’n Versameling afgediende muses
2024-11-27U word hartlik uitgenooi na ’n rondleiding deur Jan van der Merwe (ook die samesteller) van die kunsuitstalling, ’n Versameling afgediende muses deur Ruhan Janse van Vuuren en Bastiaan van Stenis, op Maandag 2 Desember 2024.
Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach, ’n pionier in Afrikaanse Letterkunde
2024-11-25Sy werk, wat in verskeie tale vertaal is, is steeds ’n kernonderdeel van Suid-Afrika se literêre erfenis en word wyd bestudeer, selfs as voorgeskrewe werke op skoolvlak.
Persverklaring: Oproep om nominasies – Akademiepryse 2025
2024-11-22Die SA Akademie wag nominasies in vir die Akademiepryse wat in 2025 vir toekenning oorweeg word.
Onderwyskommissie van die SAAWK-persverklaring: beroep op regering oor Bela-taal- en toelatingsklousules
2024-11-05In hierdie lig beskou, doen die SAAWK ’n beroep op die regering om beginsels van samewerkende regering toe te pas deur die vennootskap tussen staat en skool te versterk en gemeenskappe se demokratiese reg op inspraak in hulle skole te beskerm.
Persverklaring – Kunsuitstalling: ’n Versameling afgediende muses open 6 November 2024 in Pretoria
2024-10-28Die amptelike opening van ’n Versameling afgediende muses, ’n kunsuitstalling met werke deur Bastiaan van Stenis en Ruhan Janse van Vuuren en saamgestel deur Jan van der Merwe, vind plaas op Woensdag 6 November 2024 by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria.
Persverklaring: SA Akademie se studentesimposium in die natuurwetenskappe
2024-10-16Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na die SA Akademie se studentesimposium in die natuurwetenskappe wat vanjaar op 30 en 31 Oktober by die Universiteit van die Vrystaat plaasvind.