
Die digter Sheila Cussons sou op 9 Augustus vanjaar 100 jaar oud geword het. As huldiging het Joanita Erasmus-Alt, ’n lid van die SA Akademie, ’n keur uit Cussons se gedigte getoonset. Hierdie siklus is deur die Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble opgeneem en word op 25 November (die 18de herdenking van Cussons se sterfjaar) op die SA Akademie se Facebook- en YouTube-blad uitgesaai. Die opnames word vergesel deur beeldmateriaal bestaande uit foto’s van Cussons en kunswerke deur haar.
Die opname is beskikbaar vanaf 25 November 2022 om 18:00.
YouTube-kanaal: https://www.youtube.com/channel/UCp7S5UyyEazdGABB7owx2Hg
Facebookblad: https://www.facebook.com/saakademie/

