Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Swerfjaar vir seniors, aflewering vyf: ’n Road trip is nie dieselfde as ’n motortoer nie

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-01-14

"'We do not take a trip,' skryf Steinbeck in Travels with Charley; 'a trip takes us.' Dis ’n waarheid wat ons oor en oor getref het terwyl ons padlangs deur Amerika reis."

Die bloed in my are

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-01-11

"My ouma Nicolaas Grobler (gebore Grobler, en getroude van ook Grobler) was sexy. Mag ’n mens dit van ’n voorsaat sê?"

Dis groter as net Djokovic

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-01-11

"Djokovic se appèl was suksesvol ... Dis ’n jammerte, want dit skep die indruk dat sekere persone op grond van sosiale status beter behandeling mag eis as ander."

Nuwe jaar, nuwe jy?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-01-06

"Ek wil dankbaar wees vir die klein goedjies. ’n Sonsondergang wat my herinner in watter mooi land ons bly. ’n Vreemdeling wat die deur oophou vir iemand. Blomme in my tuin. Vriendskap. ’n Meem wat my laat lag. Humoristiese kommentaar op absurde berigte. Die ongebreidelde vreugde van ’n bekende wat besluit het om op sy eie ’n kind aan te neem."

’n Nuwe volkslied vir Versoeningsdag?

Jason Lloyd Rubrieke 2021-12-14

"Daar is egter sekere mense of politieke partye wat nie gelukkig is met die sameflansing nie. Omdat dit eersdaags Versoeningsdag is, is dit miskien heel gepas om weer na die debat oor die volkslied te kyk."

Wôd gou gesond, uncle Cyril!

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-12-13

"Maa ôs sal moet wêk annie messaging rondom die vaccine, wan ammel is mos nou experts. Kon nie eens stannerd 6 wetenskap deukom ie, maa nou wiet hulle bietere assie scientists. En al wat ek nou sien op social media, is al daai anti-vaksers wat vra hoekom het uncle Covid gekry as uncle gedouble-jab is."

Swerfjaar vir seniors, aflewering vier: Watter fliek was dit nou weer?

Marita van der Vyver Rubrieke 2021-12-13

"Want ons het grootgeword met Amerikaanse rolprente, ons kyk deesdae aanhoudend Amerikaanse TV-reekse, ons luister van jongs af na Amerikaanse musiek en lees Amerikaanse boeke. Ons kulturele verwysingswêreld is deur dié land gevorm – of ons nou daarvan hou of nie."

Die tyd van die tegnokrate

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-12-13

"Die tyd van die tegnokrate het onherroeplik aangebreek. Laasgenoemde is waar, soveel méér as vir enige tydvak in die mens se geskiedenis. Vandag bestudeer navorsers die impak van tegnologiese verslawing. Maar – tegnologie het ook ’n meedoënlose metgesel geword; as jy nie bybly nie, moet jy nie genade verwag nie. Wetenskapfiksie, soos ons dit eens geken het, het gaandeweg geskiedenis geword."

Die Desember van die neefs

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-12-08

"Daar was al soveel Desembers in my lewe. Nege-en-vyftig om presies te wees. Die meeste daarvan het verdwyn in die woestynlandskap van die verlede. As ek oor my skouer kyk, sien ek hier en daar ’n duin: ’n nag op die strand by Boggomsbaai, jare se son, branders en vrugtekoek."

Wat lees jy vir #ReadingAfrica-week?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-12-06

"Watter boeke het jou geprikkel?"

Sestien dae maak my bôs warm, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-11-25

"En soelank assie criminals en vroueslaners en kinnermoordenaars in charge vannie land ennie municipalities ennie poelieste is, kan djy maa sê wat djy wil, die violence sal aangaan, wan die anne sien mos nou daa issie consequences nie."

Gooi weg daai vooropgestelde idee oor hoe antivaksers lyk

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-11-23

"Hierdie vlaag gaan gedryf word deur mense wat doelbewus kies om nie in te ent nie. Hulle kies nie net vir hulself nie, hulle kies vir die mense om hulle."

Verskoon my Frans

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-11-19

"Vuil, kru of gekruide taal. Afrikaanses maak ruimskoots gebruik van swetsery, verwensinge en kragwoorde. Vloekwoorde, as ’n versamelnaam, dui op taboewoorde en is ’n aktiewe deel van enige taal se leksikon. En Afrikaanses pruim in ’n ruim woordeskat, al is hulle ook hóé ingat of vroom."

’n Swerfjaar vir seniors, aflewering drie: Allerhande alledaagse wonderwerke

Marita van der Vyver Rubrieke 2021-11-17

"Ons het onsself iewers langs die pad verloor, maar op ’n positiewe manier, soos wanneer jy jouself in die liefde verloor. Soos die herfsbome wat hulle dooie blare verloor om plek te maak vir die nuwe blare van die volgende seisoen."

Kom na my tuin, Rosa Rosarum

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-11-16

"Toe ek dus op die gedenkdiens snot en trane huil, ontroosbaar, het die broers sekerlik gewonder: Waar was jy al die jare?"

Wysheid is besig om by Suid-Afrikaanse kiesers pos te vat

Jason Lloyd Rubrieke 2021-11-16

"So maak vas julle veiligheidsgordels, want vir die volgende twee tot drie jaar gaan dit veel slegter word om in Suid-Afrika te woon, maar die tikkie wysheid wat gedurende die munisipale verkiesings by Suid-Afrikaners posgevat het, skep darem hoop."

Verkiesing 2021, die Groot Wegbly

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-11-03

"Sewe-en-twintig persent is nie aanvaarbaar nie. Dit kan nooit wees nie. Ons verdien beter."

Baldwin is tog aanspreeklik vir Hutchins se dood

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-10-28

"Daar is nog baie vrae oor hoe Halyna Hutchins gesterf het, en presies wat op 21 Oktober op die Rust-filmstel gebeur het."

John Steenhuisen, stemwerwer teen die DA

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-10-26

"Val ’n shock jock ’n swart vrou aan wanneer sy oor haar geleefde ervaring van rassisme praat? Pleks van leierskap toon, kom ons por hom aan met nog meer skietgoed."

Suid-Afrikaners sal moet kies watter soort toekoms hulle wil hê

Jason Lloyd Rubrieke 2021-10-20

"Kiesers wat gereed is om op 1 November te stem, moet na politieke partye se ekonomiese plan vir Suid-Afrika kyk."

Top