
Foto: Hai Tran | Unsplash
Wyerand-, gevlegte strooimandjies met ’n hoë handle na bokant toe; een rand van die mandjie staan regop agter en is eintlik nou die backdrop, en die ander rand leun vooroor en skep die holte tussen die twee waarin ’n blikkie gepas het. Die blikkie was vol opgefrommelde, fyn ogiesdraad. Dan kan die blikkie volgemaak word met water en die blomme gearrange word. Even kranse was gemaak van die ogiesdraad, maar sonder die waterblikkie, of course.
Party mandjies was van natural rottang maar gepaint met varnish om langer te hou. Die water kon nie die biesies laat vrot nie. Party was plastic. Maar almal het die hoë handle gehad met ’n strik om – so aan die een kant. En die strik se colour moet match met die blomme se kleur.
Some other baskets was weer wit gepaint, of silwer, of even ligte pienk en blou vir babies in die hospitaal – hang af: boys or girls, pink or blue.
Mrs Redelinghuys kon so mooi blomme rangskik. Sy’t die florist gehad. Rosemine.
Ek’t altyd loop en rympie maak so by myself: “Rose mine, rose myn ... Rose myn, vars uit my tuin; rose myn, vir Klaradyn!” Als so op maat van S le Roux Marais van Cypress Grove, die composer en Volkskool se music teacher, se song “Kom dans, Klaradyn”. Nou vir wat moes hy dan twee surnames dra? Dis mos unnecessary. One is mos enough! Ai darem, die weë van ’n kind tog.
Almal het omgegee vir haar, Mrs Redelinghuys. Sy’t so mooi gepas, grys hare and all, tussen die emmers blomme oppie grond en plastic kranse teen die mure. Party in plastic domes en anner net plastic sakkies. Oe, en sy kon die mooiste posies maak! Vol van sweetpeas, honeysuckle, miniature roses, mint blare, fennel, rosemary – alles wat so nice geruik het. I loved those. Ek wens skoon ek’t nou een hier by my.
Sword ferns, maiden hair, asparagus en green ferns virrie baskets – glads en sword ferns moes hoogte gee aan die agterkant en was wydgesprei nes ’n kalkoen se stertvere. En die meeste mandjies was met groot blomme, soos krisante, asters, delphiniums, dahlias, rose en so aan volgemaak. Fyner blommetjies van alle soorte het ingevul waar daar gate was. Gypsophila se baby’s breath was noggie gekend nie.
In die ou tyd was all types blomme maar gebruik: die aim was mainly waardering, plesier, vreugde, vrede en opgewondheid. Plain pure excitement vir wie dit moes gekry het. Maar partykeers as excuse ok ... Veral mans vir vroumense!
Die meeste blomme het maar van Graaffernet se eie wonderlike tuiniers en gevoede vrugbare grond gekom. Hulle het die langste gehou. Fresh en so lekker geruik. Simply homegrown. Behalwe nou as die stele te lank gestaan het in die blikkie water ... dan’t g’n blom lekker geruik nie. Skoon gestink.
Mrs Minnie se Reinet Flora was eers later jare. Nie in my se tyd nie.
Anyhow. En toe kom die crinklecut pampierblomme, die plastiekblomme en die vereblomme mos so in die mode. You see, die mense het geredeneer sulke arrangements het langer gehou en op die long run was dit so te sê nie so expensive soos vars blomme nie. Maar ek’t dit g’n niks gelike nie. Die goed het vol stof geraak en het nie nes vars blomme geruik nie. No! Ek’t niks van hulle gelike nie, not at all!
En boonop het Graaffernet nog baie stofstrate gehad en net een waterkar. Kotie Theron, die stadsklerk, het buitendien net aanmekaar gecomplain die mense betaal nie hul rates en taxes nie, so daar’s g’n geld vir ’n tweede nie.
Naderhand, weet’ie meer van jare nie, maar was in die ‘60’s, ewentewil, het Hank en Rhoda Westerbeeck gekom oppie dorp en nog ’n florist oopgemaak. Sy was ’n flamboyant, highfalutin vroumens gewees met swanky klere, ideas en ’n deurmekaar boskasie rooi hare (Joey Theron moes battle om dit te style, hoor!) wat snaakse arrangements gemaak het. Sommer net so deurmekaar. “It’s nature, must look like nature,” was haar sage so tussen haar rokery deur.
Long cigarette holder!
Só hard met ’n dik stem gepraat en hard gelag. Not very ladylike. Mens kon jou verkyk vir hierdie stage play. Hank het net bestellings afgelewer in ’n minivan. Hulle het toe ook al grand blomme van die Baai af bestel wat oornag met die trein gekom het: longstem roses en orchids ook.
Hulle het in Cypress Grove gebly en het ’n pet orangoetang gehad! Topsy! Sy’t in ’n spaarkamer gebly met die deur en venster wawyd oop, maar toegemaak met fyn ogiesdraad. Vir vars lug. Sirkulasie vir die benoude ruik. Binne was ’n yslike doringboom, floor to ceiling, sonder blare en dorings ... Daar het Topsy so tussen die takke rondgeswing en kort-kort onder die kieliebakke gegrou en tjankgeluide gemaak as sy speel op die drie bale hooi onder die boom. En hét ons da’m nou gelag vir haar – as sy haar verêre het, het sy haar agterstewe vir jou opgelig dat jy ’n pienk gedoente sien. Mammie het altyd gesê dis die pienk roos. Ons kon ons doodlag vir Topsy.
Maar toe kom Interflora mos ok nog oppie market en mens kon blomme stuur vir mense in ander dorpe of ’n anner land as hulle verjaar. But you never saw what was delivered, en die kaart was nie in jou eie handwriting nie ... Só impersonal. So you never saw dat wat jou mense gekry het, was jou money’s worth nie.
Ai, en toe land styrofoam mos ok nog op Graaffernet en ’n ander style van blomme rangskik, soos posy bowls, dié volg toe. Die’t ek nogals gelike. Jy kon dit orals sit: middel vannie tafel, side tables, grafte – die style was very useful. Dit was als deur styrofoam en florist draad se gehelp. Jy kon die blomme nou mooi in die rondte arrange. En die troutafels het nou almal gespog met klein posy bowls. Nie meer die glasbotteltjies wat mens so maklik kon omstamp as jy rek vir ’n rainbow sandwich nie. En, most of all, jy’t nie a sideboard vol mandjies blomme als op een plek nie, maar oralster.
En die bouquets van die bruide het omtrént nou highfalutin geword met die florist wire en tape, dat party bouquets ampers tot op die grond gehang het. En die mans se buttonholes kon nie hulle skouerblomme in die lapel se gaatjie pas nie – mens moes dit met ’n speld vassteek. Onderstebo mind you, watwou, dis nou high fashion. Can you believe it? Nogals onderstebo.
Sylvia Ross het die Union High se stage gedecorate vir prizegivings. En die school colours was green and gold. Sy’t baie arum lilies oppie plaas gehad en niks gecharge nie. Dit was alles geel gepaint en weerskante groot arrangements gemaak van dit en die groot blare. Mens moes so careful wees as jy daai trappe bestyg vir ’n boekprys laat jy nie self gepaint wôre nie.
Deesdae siet mens is los arrangements weer fashion. Nikse mandjies wat net oppie sideboard kon gestaan het nie; okkie Elsa de Jager se poems in flowers nie – als is nou da’m weer freestyle – nes met swem.
Plain en simple – sommer bunches vol. Jy kan koop by die supermarkets en cafés ok. Die arme florists is maar few and far between.
Ek wonner of Graaffernet nog een het? Weet julle?
Lees ook:
Elders gesien: Dalene Matthee – g’n aansit, finish en klaar …


Kommentaar
Absoluut. Ons mis ons "flower baskets".
Ai, Elise. Weereens lekker gelees. Laat mens sommer deel voel van die ervaring.
Te wonderlik vir woorde. My vrek gelag vir die kalkoen se stertvere.
Te pragtig Elise. Ek onthou darem nog vir Rosemine. Na 25 jaar noem ek myself 'n Graaff-Reinetter!
Elise, weer eens 'n pragstukkie werk uit jou pen. Ek het nou nooit eers gewonder oor die blomme in GR nie, maar nou dat jy dit so noem, maak alles sin. Dink net aan die jonge mans wat geswot het op die Onderwyskollege en hulle damesvriendinne, hulle moes tog ook bederf word!
Weer eens goeie taalkundige gebruik en sinvolle verduideliking. Pragtig geskryf, dit voel kompleet of ek mev Redelinghuys self geken het!!
Gaan so voort ek sien uit na die volgende skrywe.