Krismistyd op Graaffernet

  • 9

Dit was daai tyd van die jaar wat mens sommer die excitement kon voel in die winkelstrate van Graaffernet, even as jy smoors vroeg vakansiewerk toe geloop het.

Gertjie Delport was toeka se tyd manager gewees van Bergers oppie Hoek van Caledonstraat en Goedhals Square. Dis nou oorkant waar Phol Brothers en MG Furnishers, wat latertyd gekom het, voorheen was; maar right first was mos Gerrit Maritz, die waensmaker vir die Grote Trek van Piet Retief se boere destyds. Hulle is mos binneland toe om beter weiding en plaasgrond te loop soek. Met ossewaens! Can you believe’t! Die regering was daai jare mos net so betjoiings as deesdae, jong, en hulle wou net simply wegkom van dit alles, “Cheers” sê.

En annerkant vannie square was Botha’s Garage en Johnny van Rensburg se office block. Hy was mos die miljoenêr vannie dorp. Chauffeur en al!

Anyway, Gertjie Delport was ’n sommer kwaai omie met ’n grys kop, sy bril altyd oppie punt van sy neus as hy jou so daaróor uitcheck, boonop ’n outsize maag wat sy hempsknope so styf laat span het. Mens kon die penshare siet!

En Ria het heeldag gefrons en vir jou kwaai gekyk met Chinese eyes as mens net bietjie langer gevat het om jouse tee te loep drink met teatime of jou sandwich lunchtyd gaat eet het innie lunchkamer. So wonnerlik om te sit! Mens se bene het latertyd darem mos krampe gekry en voete wat brand van al die lank staan oraloor die winkel heeltyd net om teegoedoeke, waslappe, baby feeders en doeke, handdoeke en sommer any softgoods onner die son te wys en verkoop, toedraai en change loop haal by die office.

Maar my eie favourites was die Lucky Dips vir ’n halfkroon. ’n Groot boks (nes Rice Crispies s’n, vol inkleurboeke, crayons, blou indelible pencils, ’n rubber en plastic sharpener, ’n oprol fluitjie (feather and all) en ’n plastic mondstukkie, niggerballs en fruit drops en een van daai klein slabs Nestlé tjoklits wat mens een vir ’n pennie kon koop by Henry Whitlock se café in Church Street (all in a gauze sakkie) and, best of all, ’n yslike foldaway opblaas beachball. All colours of the rainbow. Gróter as die balloons van verjaarsdagparties. Jy kon hom opblaas en in die lug in boks en sommer oral rondjaë, nes jy kort-kort nog ’n hou inkry om te keer dat dit nie grondvat  nie. Soos genuine plastic geruik ôk.

Ai die sorgvrye dae van kinnertyd! Blêsedse Tyd wat mens so gou laat oud wôre, hy kan mos dam bietjie briek getrap het!

By Gertjie het mens dam salary gekry ôk, so £-12/6 (R1,25) ’n dag, maar ons het nie gemind nie. Not too bad.

Ons sou kon krismisbokste van ons eie koop vir Mammie, Ouma én Oupa. Én krismispapier om daai prêsents mee toe te draai. Net een rol paper, mind you.

Ek het die presentjies, soos mooi bookmarks, BIC penne, Vinolia seep vir Mammie en Ouma en Minora blades vir Oupa se skeermes, als gelykskoots by GKW gekoop daai payday.

En depends wat dit gekos het, dan het Ouma Potters & Moore laventel ôk gekry, of miskien Glodina Gloss om haar hare blink te spuit. Oupa het miskien dalk ’n sakdoek bygekry en Mammie sommer ’n groot klomp houtklerehangers wat sy covers voor gebrei het om te verkoop vir ekstra geld. En Mum. En ’n groot boks tissues wat ek skrams oopgemaak vir ’n groot slab Cadbury tjoklit, haar favourite.

Vir Jeanne ’n Lucky Dip en ’n rubber tennisball en plastic breipenne. Sy was so lief vir sports. Ons het so baie saam hop-scotch en klippie gespeel op Ouma se agterstoep en even bok-bok, staan styf, hoeveel vingers op jou lyf? Sy’t altyd gewen want sy’t kort stompies vir vingers gehad en mens konnie uitmaak hoeveel op jou rug gedruk wôre nie. Altyd sommer gevoel nes ‘n enkelte een. Maybe myne was straks langer vannie klavier se play en practice, dis dié wat sy kon reg raai. Ouma het tog dan altoos gesê ek het regte klaviervingers. En nog wegkruipertjie ôk. Ek’t meesal agter die longdrop weggekruip en kon maklik blok myself skrou!

But, best time of all was wanner Mammie sê dis tyd vir die krismisboom se opmaak, jy kon skoon op-en-af spring en hanne klap van excitement. Sy’t dan altoos georganize laat Charles Rubidge, van Wellwood, vir haar ’n dooie garingboom bring vannie plaas af. Hy en sy vrou het so ’n soft spot vir Mammie gehad. Hy’t dit in sy LDV gebring, want dit het nie in die kar se boot gepas nie. Anners sou sy sêlwers gery het. Maar hy’t nie gemind nie – hulle was dam afterall mos vrinne.

Anyway, nes ek sê, dis my favourite tyd gewees daai.

Ek het ’n ou verfemmer gevat en vol klippe en dryfsand gemaak en met ou Vaaltijn, die tuinman, wat dit indra en innie hoek van die eetkamer staangemaak.

Die garingboom is dan daarin geplant en die emmer met crinkle paper toegemaak. Mens kan dan nie sien dis ‘n Plascon-emmer nie.

Mammie het die garingboom eers met silwer verf gespuit. Sommer buite in die stal innie agterjaart. Maar dit was nóu ons buitekamer. Vir stoorgoed sommer – even innie geelhout krip ôk. Ek’t soveel maal gewonner of dit nou perde of beeste was wat daar gebly het en daaruit geëet het. Nou staan daar oral net cardboard bokse opmekaar gepak, suitcases, stukkende kombuisstoele en ’n hele spul rubbish wat Mammie nog nie wil weggooi nie. Moet eers ge-fine-sort word, soos sy met haar portmanteau gemaak het saans. Dit was mos daai tyd fashion gewees – die yslike handsakke. En geen afskortings binne nie. Simons en Cleghorns en even Foschini se vensters was algar vól. Mens het jou doodgesoek vir ’n lipstick in daai sakke ...

In die eetkamer het ek dan ‘n groot rol watte gevat en in stukkies uitgepluis en netjies op die droë blomme met gloy vasgeplak. Dan laat lyk dit soos sneeu lyk.

Next was dit die ronde tinsel balls van rooi, groen en silwer wat aan hul goue toutjies oral op die sneeu moes gegloy word, of hang op ander skurwe plekke aan hul goue toutjies.

Oupa het dan die bont krismisliggies kom connect met die plug. Hy’t sy hande agterna altyd gestaan en vrywe van plesier en hoek tot hoek gesmile as hy sien hulle brand. Hulle het so blink aan en af gegaan. Kort-kort. Aan en af, aan, af, aan ... Mens kon jou skoon verwôner.

Ek het ’n groot ster van die shoebox se deksel uitgesny en met blink tinfoil opgedolly. Terwyl ek op ’n eetkamer stoel geklim het, kon ek dit op die boonste punt vannie boom vasgloy.

Dan laaste was die stringe tinsel, ôk groenes, rooies en silwer. Hulle het in droops so tussen die takke gehang. Dan was die boom klaar en Mammie kon al die presentjies onder die boom arrange. Sy’t altyd gesê sy pak dit selwers, want die angles moet net reg wees, anners lyk dit deurmekaar. Ons moes alles oppie eetkamer se tafel los en sy sal pak. Ouma het hulle s’n self ôk gebring in die groot gevlegde rietmandjie. Maar sy moes altyd dan die voordeur sluit met die yslike groot, swaar ystersleutel. Hy was só baie swaar ouma moes dit in haar handsak dra.

Oukersaand sal ons vyf dan Krismisboom hou!

Alles was sommer nicknacks: tannestokkies met blokkies kaas, vienna sausage en suuruitjies aan, Salticrax met Boë sardines op tomato slices, gekookte eier slices met bietjie mayonaise en ander het weer stukkies crisp gebraaide bacon en mosterd op. Dan was daar klein bakkies cheddarnuts, cheese straws en gekerfde biltong of chips. En Mammie het vir ons sulketyd ’n groot bottel Fanta Orange cooldrink ook gekoop. Die grootmense het spots gehad. Maar ons twee kon ôk glasies clinck want dis afterall mos Krismistyd. En daar was ys in!

Mammie het dan Bing Crosby se Christmas Carols op die platespeler gespeel ôk en als was só lekker en jolly.

En so tussendeur die spots, lag en gesêls, snacks enjoy en sing along met die carols, het Mammie presents beginte uitdeel. So groot excitement. Groot gelag. Happiness galore.

Ek en Jeanne het meesal skoolklere en nou en dan soms skoolsootkyste gekry Krismistyd, maar daar was gewoonlik êrens tussen die pakkies darem ôk lekkergoed en ’n speeldingetjie. Maar speelgoed was eintlik vir verjaarsdagtyd – Krismis was nuwe skoolklere. Die volgende kwartaal wag and you don’t stay one size. Maar een slag het ek glad ‘n nuwe Hallelujaboek ôk gekry.

Krismisdag was maar gewoonlik koue kos. Dis mos hoogsomer en Graaffernet kon sommer warm bak in die sunstroke son.

Ons moes mos vroeg eers Church gaan loop met die eerste diens solaat mens vroeg by die huis kon kom om die tafel te decorate.

Rekent, daar was tot Christmas crackers ôk. Bont pampierservette vol prentjies van Vader Krismis, ’n bietjie blommetjies in sherry glasses hier en daar en, tussenin, twee wit kerse wat regop in gesmelte kersdrip op ’n piering gestaan het. Die drip vannie kers kon ôk dan nie oppie wit Damask-tafekdoek drip nie.

En finishing touches; bietjie tinsel hier en daar en van daai klein blink balletjies so tussen die breekgoed. Só exciting.

Maar die tafel was dan sô oorlaai dat die kos maar altyd oppie sideboard gedek moes word en die poeding op die tea trolley.

As Oupa klaar gebid het, kon die Christmas crackers getrek word met ’n harde geklap en met groot gelag. Binne in die cracker was gewoonlik ’n lucky charm en ’n stukkie paper met ’n recitation op.

Feesgety ...

Ouma het altyd die skaapboud en beestong gemaak, maar ek het niks vannie tong gelike nie, want ek het gegril daarvoor. Sy vel was afgetrek. Mens sny dit. Sy’t ook brawn of kerriesult gemaak. Mammie het die gebraaide hoenner gemaak. En daar was lekker wortelslaai, beetslaai, aartappelslaai, tamatieslaai en tiekiepoeding wat Ouma ôk gemaak het saam met custard. G’n jelly of blancmange krismistyd nie! Tickey pudding!

Dit was groot vrolikgeit as mens ‘n tiekie raakgebyt het – groot goodluck gaan jy hê! Maar ons moes dit agterna almal eers ordentlik skoonwas en droogmaak sodat Ouma dit in ’n skoon Marmite-botteltjie weer kon bêre vir volgende jaar se Krismistyd.

Hoe baie het ek nie geverlang na hierdie tye saam op Graaffernet nie. Vir my eie mense. So baie jare het intussen verloop.

Op sulke alleen krismisdae wat ek nie meer familie had nie, en so stoksiel alleen was in ander dorpe, het ek die rooi en die geel rose ge-embroider wat in my bedroom hang. Net krismisdae allenig. En elke steek was ’n traan, ’n verlang na Krismistyd op my se Graaffernet.

  • 9

Kommentaar

  • Rory Sullivan

    Ek verlang al hoe meer na daardie dae. Mooi geskryf, Elise. Ek sien alles net soos jy dit beskryf. Maak my hartseer, maar ek geniet dit.

  • Philip Laubscher

    Vat so raak. En dit is in n taal wat on Graaffinetters verstaan. Graaffikaans.
    Ek lag vir die Transvalers, especially die Pretoria-okés as hulle so probeer praat om cool te wees.

  • Oh wow, ek ken nie Graaff-Reinet nie, maar mens leef jou in daardie tyd met jou manier van skryf!! Ek dink jy sal beslis 'n goeie roman ook kan skryf!!

  • Frina Visagie

    Sjoe Elise maar hoe vêr vat jy my nie terug nie. Na tye van onskuld en blink oë met Pa, Ma en familie. Veral my Pa was soos ’n kind oor Kerstyd, en Kersfees was nooit weer dieselfde sedert sy dood nie. Maar dankie Here, dat die kernboodskap van Kersfees, nl die geboorte van Jesus, die énigste Verlosser van die wêreld, immers dieselfde sal bly.

  • Estelle (nèe Wessels) Pienaar

    Lekker herinneringe! Ek & Estelle (nèe Delport) praat nog laaang stories oor ons kinderdae in GR. Die Laubschers was goeie vriende daai jare. Oom Jack & pragtige Tannie Dorothy wat in die groot huis naby die Laerskool Volkskool gebly het. Nicky was my ouderdom en Philip dink ek was my tweelingbroers se portier. Ons het toe Pretoria toe verhuis, maar ons het altyd graag na al die stories geluister en verlang na die sorgvrye dae van speel in die park met die merrygoround of die pad vat al met die leivore langs! Goeie dae!

  • Barry Scholtz

    Absolutely gripping Elise. Undescribeable memories coloured by a unique language which you speak so well.
    I left Grt 1958 but remember everything clearly.
    At Bergers everything in the window was "and 11 pence" 😁
    The only other person who had a chauffeur was Wil Brummer who lived in Archie Lukoff's old house in Cyprus Grove. Beau Naude later (1985) lived there. Beau gave me the loan of a car for the day when I flew up in my Cessna 310 N twin to visit my Mom for a day. Looking at the cost of fuel today, the Cessna burnt 95 litres per hour at a cruise speed of 183 knots 😅 Please send me your postal address, I have some Grt stuff you may want. Perhaps I can overnight it...to collect at the Post Office 🤔

  • Alet Kingwill

    Hi Elise - Kom nou eers weer by jou skrywe uit. Ek en Donald het nou al te lekker gelees. Donald se Gran, Marge Rubidge, en sy ma, Pinky Rubidge, sou jou memoires BAIE geniet het. Granny Marge het in Cypress Grove gebly en ons maak nou nog haar tickey pudding. Die opmaak van die Kersboom is perfek beskryf. Keep writing, my dear - you are very good at it.

  • Charleine Olivier

    Baie nostalgie! Dankie, Elise, vir die pragtige vertelling in jou unieke styl. Jy mag maar - skryf én jou tale mix.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top