Elders gesien: Die klein kroontjie oppie kop

  • 10

Foto: Anastasia Gepp | Pixabay

Elders gesien op die Graaff-Reinet Facebook-groep

Cleghorn & Harris en ook die GKW Ko-op se vroue-afdeling het daai tyd groot geld gemaak met die sales van hoedens. Grand goed. Nie soos die tjalies oor die skouers en doillies oppie kop soos ant Deborah Goedhals gedra het nie… dié was mos considered outyds. Victorian was gesê – soos daai Queen annerkant die see. Die klein kroontjie oppie kop. Ons praat van regte HOEDE! Dié wat mens te siene gekry het in Fyngoud en Sarie Marais se boeke.

Dit was mos “in vogue” en vir vrouens ’n must gewees… Vir ant Deborah en haar tweelingsuster van Noodhulp se familie was dit later van tyd ’n prôpperste ding wat mens kerk toe drá ... watse nonsense was dit nou dat die vroumense so kla en kaalkop wil loop!!!?

Vrouens móés kerk toe met ‘n hoed op, getuienis in die hof aflê met ’n hoed op (anders moes die hofordonans sy sakdoek oor haar kapsel drape as sy die eed neem) en baie vroue het sommer net geloop in die winkelstrate, innie tuin, by die seaside in PE en sportsvelde met ’n beblomde strooihoed op. Pat Killassy se mantillas het eers latertyd gekom.

Ek het vertel al van Mrs Floor en haar vrugte-tooisel! So ek sal eerder maar verbyhou daarmee… dié skoot!

Dit is eers mos bietjiedag van my se tyd wat vrouens sonder hoedens kon gaan na die kerk of die hof. Die sinode het gebesluit. Maar steeds moes Flippie Retief en sy vrou wat so boeke geskrywe het, met hul streep dogters agterna, hul plek inneem in die kerk met hul mooie hoedens Sondae. Een groter assie anner. Eers dan kon aanbidders hulself regskuiwe om Ds du Toit te SIEN oppie preekstoel…! En Dolly Terblanche kon die orrel dán laat hard blaas deur die pype en wegtrek met die psalms en gesange.

Dit was mos laterjare toe ek al groot was en in Pretoria gewerk het dat ek weer vir Dorelle raakgeloop het. Sy was Dr van Schalkwyk en sy vrou Estelle (die kunstenares - GKW murals o.a.) se oudste van vier dogters: Dorelle, Marié, Jeanne en Andreé… Ek weet Marié se dogter Estelle is ook lid van onse geliefde groepie: Graaff-Reinet History…en ek glo sy sal nog van die family ôk invite om aan te sluit… Ewentewel, Dorelle was toe ’n Botha daai tyd.

Dorelle het ’n beminlike vriendin geword, al was sy so bietjie meer ouer as ek, maar ons het lekker ge-click en baie oor-en-weer ge-visit. En ek het ge-like van ouer mense – hulle kon so lekker “praat”. Haar man Dawid, was maar bietjie stuurs en aan die suur kant en mens het maar skerp skuins verbygehou by hom. Soms het ek en Dorelle nie net gekoek-en-tee nie maar ge-lunch ôk. Meesal Saterdae. Dis by haar wat ek geleer het van koue komkommersop! Eerste keer in my lewe. Wat weet ’n boerskind nou van koue sop? Dit moes mos piping hot wees… G’n smaak nie. Dis daai dag wat Dawie Couzyn en sy nuwe jong vrou ôk saam ge-lunch het. Eenmaals ’n week het ons tesame vergaderings toe ôk gegaan van die sake-en beroepsvroue. Dorelle was secretary en ek treasurer. Verbeel vir jou. Upstairs spul vrouens gewees. Een meer important as die ander… nie Graaff-Reinet se type nie!

Anyway, ek moes eenslag ’n groot operasie hê by die HF Verwoerd Opleidings-hospitaal. Maar dis vir vrouestories so ek vertel niks. Dit was maar vêr gewees van Sunnyside af en ek konnie my kar mos buite los nie en toe Dorelle sê sy sal my vat het ek dankbaar ingewillig. All dressed in yellow met ’n polkadot blouse by die pakkie, stop sy met so ’n regte breëband Lana Turner-hoed skuins oppie kop in haar Wolseley Hornet om my op te laai by die flat.

Mensdom, dit was dam so snaaks… Ons stop toe mos by die yslike prime minister se HF Verwoerd-kopbeeld by die ingang van die hospitaal. Terwyl sy die boot oopsluit dat ek die suitcase vol hospitaal pajamas kan uithaal, begint die kar eweneens stadig vorentoe loop oor knêrsende fyn gruis en sellertyd toe vat ’n sagte briesie die hoed en deposit dit oppie grond voor die mouterkar. Dis ôk net daai selle tyd wat sy realise sy’t vergeet van die handbrake optrek en hardloop vooroor op high-polfaais vir die kar se deur oopmaak terwyl dié so stadig vorentoe ry - reg bo-oor daai same Lana Turner-hoed. Met sy regter voorwiel. Platgestryk…! Shame die arme Dorelle; sy’t dan nou so goed gebedoel…! Ek was só upset!

Ek was latertyd bestuurder by die bank se tak in Queenswood en nog een van Graaff-Reinet se GROOT GEESTE het by my gebank: Anna Neethling-Pohl… It follows again, daar’s age difference gewees maar ons was vrinne nietemin want Graaff-Reinet en sy mense was die common denominator… MAAR SY’T WOORDEBOEK-AFRIKAANS GEPRAAT en was ’n grootkop by die universiteit in acting en drama en sulke goeters. Én skrywe. Boek met harde covers. Graaff-Reinet of te not.

Sy’t my altyd complementary tickets gegee as sy oppie stage was in die Aula. Een Saterdag wou ek gaan kuier en teedrink, want ek moes einste loop tickets kry. Maar ek kom toe bietjie vroeg daarsô toe sy nog die slaapkappie oppie kop had. Die grys ponytail was nog losgemaak en nie gevleg nie. Sy’t ’n hoë driekwart bed gehad van donker stinkhout met gedraaide pote en die kappie was altyd ge-drape oor een van die bed se posts. Toe het sy nou uitgewy oor daái slaapkappie en hoe mens sukkel om hulle nou gekoop te kry! Nie eers Uniewinkels het een nie! Ouma het sommer mos hairnets gedra om te slaap… Nietemin ons twee het toe kekker lekker gesêls en teegedrink en ’n date gemaak dat sy by my weer ’n slag ’n draai moet kom maak. My trappe het maar vir haar so opdraend laat snak vir asem dat dit nou nie so dikwels was nie. Sy in haar Volkswagen Beetle. Ligteblou.

Van Cubby Rubidge en Goer Marais se felt hoedens en plus fours het ek ook al vertel in vorige stories, maar nog nie van Kosie van Eck s’n nie. Kosie was ou Koos van Eck se seun en Reinette se broer. Ou Koos het duskant Aberdeen geboer voorheen maar in Stockenströmstraat op Graaff-Reinet kom aftreë. Groot roostuin van voor. Groot huis van face bricks. Was mos mode toentertyd. Baie vir my se Mammie kom kuier.

Klein Kosie was ietwat gestremd en bietjie haaslip ôk was gesê, want hy het maar swaar en stotterig gepraat en sy arm geloop en swing. Nou, hy’t altyd ’n keps gedra wanneer hy so toer deur die dorp se strate op sy driewiele bicycle. Dit moes drie wiele hê het Ou Koos geverduidelik sodat hy sy balans kan hou. Die bicycle het ôk ’n groot draadmandjie gehad vir allerhande goeters. Maar die mandjie was meesal leeg. En die wollerige groen check keps met sy knopie bo-op het darem gekeer dat sy neus rooi brand of dat hy sunstroke kry… oppie kop of agter in die nek. Hy was glo baie vatbaar. Hy was latertyd so ’n bekende gesig in die dorp dat vreemde mense gegroet het vir dié Kosie as hy verby kom op sy bicycle. Sy suster Reinette het Dr Theo Naudé se vrou geword latertyd na Tiny weg is terug Duitswes toe en nóg latertyd na Theo se dood, bietjie girlfriend gewees vir die National party se PW Botha, die prime minister. Maar hy’s mos toe dood in Wildernis/George. Vadertjie tog, almal het mos van almal oppie dorp se kas-goed gekên.

Nog ’n onvergeetlike mansmens van die dorp was Derrick Marnewiecke (sê: “maar-ne-wyk”) wat die poppe in Cleghorns se vensters ge-dress het. Hy’t dam só style gehad as hy om die hoek kom by Standard Bank met sy klein treëtjies op pad winkel toe. Hy’t nie kar gehad nie en het so regs van Rose Minnaar gebly in Somerset Street – so skuins oorkant die charge office. Nou kyk, hy’t berét gedra, so slap oor die kop getrek – soo’t hy nes ’n Fransman gelyk… sy een oor kon mens kwalik siet. Die boere wat gesêls het op Kingray’s se stoep as hul rantsoen kom laai, het partymaals as hy verbygekom het met ’n sakkie ewe onder sy kieliebak vasgeknyp, die stomme man agterna bekyk en gespot met die skewe hoed oppie kop. Wetie wat gesê was nie, maar ek weet dit kan net spot gewees het. Hulle het agterna dan altyd kliphard gelag so agter die vuiste dat ander skoon omdraai om te kyk wat aangaan…

En natuurlik was daar die huishulpe wat in gelid loop werk toe in die gestyfde wit kappies wat vasgesteek was met grips en haarnaalde. En groen overhauls. Mens sien dit ôk nie meer in vandag se tyd nie - nie eers meer by van die nurste in die hospitale nie. Hulls dra dan nie eers meer capes nie! Smiddags eers het die domestics die kopdoeke uitgehaal en vasgemaak oor die kop sodat die enamelbak vol huistoe-kos oppie kop ge-balance kon worre.

En dan was daar nog ou James Ferreira ôk met sy poliesmankeps op met die groot blinkswart sunvisor en badge – dat die snor ampers wegraak. Altyd op sy bicycle of agter die stuur van die geel vangwa. Dis daai tyd ook dat hulle opgehou het met die khaki uniforms se dra.

Én boon-op allie skoolkinders nog met cheesecutters en kepse … quite a sight as hulle so in croc march dorp toe vanaf al die hostelle in Plasketstraat! Undersize was tot by Std 5 caps en oversize van 6 af boontoe cheesecutters. Size was die six weeks holiday tussen-in standerds 5 en 6. Olivier Dippenaar se koshuis het ook gejoin. Kêpse en cheesecutters … altyd opgelig van met goeie maniere grootwôrre as hulle by grootmense verby geloop het … rooinekke en souties!

Ja kyk, daai was hoedetyd op Graaffernet gewees! Lekker dae gewees; sorgvrye dae – maar kyk, verlang ek nou skoon sodat my oë mos brand!

But bygones is mos maar altyd bye-gones…

Lees ook:

Elders gesien: Dalene Matthee – g’n aansit, finish en klaar …

Die brandende hoed

Die waarheid onder Oupa se hoed

Kan ’n skrywer ’n ander kultuur se hoed opsit?

  • 10

Kommentaar

  • Elise dis so n mooi beskrywing van toentertyd, en ek sien dit so in my geestesoog. Jy het rêrig "a way with words".

  • Jou onthou is ongelooflik en jy skryf en kleur ons ervarings van toeka so mooi in, dat dit my ook 'n traantjie laat pik.

  • Corneil Oberholzer

    Elise. Ek het die grootste deel van die hoed-hyday gemis. Tog het ietsie daarvan agtergebly op die platteland waar ek grootgeword het. Die enkele anties met die hoedens, en die ooms met werkshoed, dorpshoed en kerkhoed was vir my bekend. Dankie vir die trippie down memory lane! Die anties met hulle step-ins is ongelukkig nie meer met ons nie.

  • Brand Doubell

    Pragtig Elise, soveel herhinderinge. My ouers was albei op Volkskool Graaff Reinet, so ek het grootgeword met soveel stories wat dáár afgespeel het, maar natuurlik weer 'n era vroeēr.

  • Wat 'n lekker lees met "ware" woorde!! Elize, ek hoop dit is die begin van nog vele meer - jy het beslis 'n gawe!!!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top