Die brandende hoed

  • 0

Foto: Wikipedia - Detail van ’n kunswerk deur René Magritte

(’n ode aan dié in die kunste)

twintig jaar se sweet, min of meer
dis wat lê agter die spie en voor die kwas
’n gebreekte siel wat staar na ’n heel spieël

’n donnerse wit duif,
rol sy vlerke oor die golwe van oop-bloutes
net om in ’n vierraam-hok ’n uitheemse studie te lok

dis soos die Da Vinci-code, fok nog ’n oplossing
leë blaaie wat op jou swets
en naakte doeke wat jou kruisig

sekulêre kommentaar, o' tog'ie
hier kom die dwaas, daar sit die meester en sy pyp
almal is ryp vir die loesing

die liggaam hou sy eie obduksie
steek jou hand in die brandende hoed
die siel is heel, die liggaam bly gebreek

ek kry jou by die Royal hotel agter die whiskyglas
in die stofstrate van Aberdeen
agter die spie se swart ink en voor die appelblou kwas

Lees ook

Die motdood

Die huiskom van ’n siel

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top