Die huiskom van ’n siel

  • 0

Kwart voor drie in die oggend
iewers in die donker koel se jaag
op die kooi se donserige matras
in die stilte van sy nag
lê ’n corpus in die dood van sy dag

met bedwelmde vergeet
en geen refraktiwiteit
binne die vormlose abissaal
alles indubio, geen perspektief
goed of sleg is maar ’n bedoeling

knaende, knetterende klou
vreugde, vry verlos
hande wat die oor verdoof
klanke wat die hand verhoog
’n skrikbeeld ’n droom

daar is mense wat jy ken
en daar is die onthou
soos toe klein hande om ’n geskulpte see vou
Jock wat aan sy frisbee kou
Buddha sweef verby asof hy alles ken

ek hoor my pa se stem ek hoor my stem
binne geboorte en uit die dood
beweeg ons met die spoed van lig
en staan stil, so stil soos ’n punt
soek die siel lewe en lewe soek die siel.

Lees ook:

Die motdood

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top