Elders gesien: Die klein kroontjie oppie kop

“Dit is eers mos bietjiedag van my se tyd wat vrouens sonder hoedens kon gaan na die kerk of die hof. Die sinode het gebesluit. Maar steeds moes Flippie Retief en sy vrou wat so boeke geskrywe het, met hul streep dogters agterna, hul plek inneem in die kerk met hul mooie hoedens Sondae. Een groter assie anner.”