Krismistyd as daar droogte is in ons liewe Karoo

  • 13

Agtergrondfoto: gdakaska | Pixabay

 

 Elders gesien op die Graaff-Reinet Facebook-groep

Die koringblommetjjes en blou salie moes die tuin ’n seaside look gee, maar hulle het slap gehang saam met die wit villette wat soos branderskuim tussen deur die royal blue moes waai ...

Maar dis once again droogte in die Karoo. En dié sidestep Graaffernet mos nooit, die reënt bly partykeers sommer jare weg.

Dan in die begint kon die modder-en-sementdamme darem bietjies help, but  even windpompe het stil geword daai tyd en boorgate het mostly opgedroog, want die grondwater het ôk gedisappear. Maak nie saak hoe hard die wind gestoot het oor die dorre Karoovlaktes nie, die waterpipes het g’n water gespoeg nie.

Skape moes soutlekke kry en water moes aangery word in 44 gallon drums om water in die cribs te kry.

Gone are the days dan om die gorrelende  stroompie water vanuit die Makey se put duskant van die Van Ryneveldspasdam in die watervore te hoor (vir leibeurte) deur die toe shutters en die oop opskuifvensters (hoog opgestoot vir die skrale  briesie wat must waai). Die ligte moes always maar af gewees het om zooming  muskiete uit te hou; daai bulte kon darem erg jeuk as hulle jou steek.

In die kinders se kamer was dit maar altoos benoud, want spoke het deur die shutters  geklouter om hul bang te maak en hulle wou nie hê dat mens die vensters bietjie oopmaak nie; omtrent geskrou! Pure blue blood murder ...

Die hitte wat opstoot deur die droë grond, het mens skoon depress ...

Sondae, rustyd, moes mens altyd hoor hoe die brommers so tekere gaan agter die kantgordyne teen die venster in die drukkende hitte. Ja nee jong, die somer is weer hier met sy hoë temperature en donderwolke, maar leë wit monuments, leeg, g’n nikse gereënt nie.

Mens moes maar simply op jou knieë bly ... en die sweet op jou voorkop afvee.

Die troppe vee het kleiner geword soos hul  hier en daar vrek in die veld en kampe. Die oeste droog op. Even spekbome en noorsdorings. Die doringbome se blare hang pap. ’n Rinkhals soek shade onder ’n rots.

Die arme boere! Die arme diere!

Ai, vir wat moet mens tog so suffer innie Karoo as daar drought is?

Taffie van der Merwe gaan weer sy chops se pryse sky high maak. En die droëwors ôk. Ek sal nie meer ’n proesel kry vir die ou koerante van oupa wat ek now en then moes afvat in Church Street op die carrier van my bicycle nie. Innie hitte. Mens het ôk so gesukkel met dié spul goed om deur die gauze-deur te kom. Hy moes vlieë uit hou. Die koerante was altyd geweeg en mens het nou en dan darem one-and-six gekry. It was used vir die toedraai van die delivery  van ’n vleisbestelling. Dit het glo die vleis koel gehou.

Ouma het darem ôk koerante teruggehou vir die longdrop en ôk vir ai’Driena s’n.

Ons sal maar simply moet kyk when next Dicky van Rensburg weer ietsie slag. Dalk kry mens at ’n bargain price. Maar mens wetie.

Selfs die uitgeteerde rooi Afrikanerosse herkou aan uitgedroogde blare – so het Vona vir oom Johnny nou die dag gesê.

Of dalk wat van oom Andrew?

Dalk kry mens ’n karmenaadjie vannie plaas af. Ant Maxie het darem altoos gesôrre. That’s as oom Dolf Botha nie mens voorgespring het en goeie prys gemaak het nie. Oom Andrew was mos maar lief vir sy purse.

Maar die trop is so brandmaer, want die Karoobossies was maar vaal. Dan is die vetjies maar min. En hy’t maar net eenkeer per jaar ’n vers en landrasvark geslag.

Mens moes van kaiings-on-bread vergeet. ’n Skaap was maandeliks geslag deur Dawid, maar was untouchable, want dis rantsoen vir die werkers soos hy hang in die ogiesdraad-en-nat-kole-yskas in die dairy. Nie eers lewer of niertjies nie.

But nou ja, die hoeners het dam nog lêmeel gekry en eiers gelê en die stukkie lusern sal seker oorlewe van die modderdam se bietje water waar dit nog nie droë krake gemaak het nie. Die hanslammers moét net mooi groot wôrre ... Totman en Hendrik dra aan van die druppels in ou verfemmers.

Die groente op die grond het geskroei van die warm son en dié onder die grond wou niks uitswel nie. Als was maar uitgedroogde tarsale, niks aalmoese daar te oes nie…

Ja nee, kyk, groot droogte in die somerstyd was maar hel op aarde, especially  op onse Graaffernet.

Sulke jare was daar net witvleis van hoenders op die Krismistafels. Niks leg of lamb nie. Net vader Krismis se jas met die wit cuffs  was rooi.

Dit was eers teen die begint van die volgende jaar, as die seisoene beginte draai en temperatures bietjie daal van 63 of 64 degrees, laat mens kon siet en harder bid dat die droogte gebreek sou wôrre or not.

Maar dit was eers annerkant Krismis en New Year…

Steek die wolke darem op? So bokant die koringblommetjies en vilette nou reeds morsdood geskroei?

En as mens lucky is en dit kom en daai druppels val op die asvaal stofgrond, was daar sommer klein stofwolkies wat talm en opstyg om elkerse drop.

Hierdie nuwe jaar se Krismis gaan dam seker red meat op die tafel hê, en almal sal sing en happy Krismis hou!

  • 13

Kommentaar

  • Anziske Kayster

    En so het ek 'n Kapenaar in murg en been ook gewoond geraak aan Krismis in die Karoo. Kaapse kerrie het nie 'n kans op survival maar ek veruil die lamsboud vir niks! Dankie Elise! Ek hoor al klaar die brommers in aanloop!

  • Wat 'n spesiale vertelling van Krismis en droogte in die Karoo. Nou net deurrygaste gegroet en oor 4 dae is dit Krimis en dit is 35° en droog hier op Graaff-Reinet.

  • Rory Sullivan

    Ja-nee Elise, ek bly in Graaff-Reinet en jy maak my verlang na die verlede. Tog ook lekker ou dae.

  • Jeanne Fouche

    Wonderlik geskryf. ’n Mens kan jou inleef met die gebeure van die droogte innie Karoo. Hoe dit almal raak: mens, dier en grond.

  • Dr RM Odendaal

    Wat ’n kosbare weergawe van ’n droogte in GR. Metafore is goed gebruik; so ook illustratiewe gebruik van taal.
    ’n Kosbare tekening in taal van ’n goeie stukkie aarde wat smag na die reën en ’n sprong tussen hoop en verlange so goed uitgebeeld.

    Die skrywer mág maar skryf.

  • Franselien mouton

    Lekker en kontreigerig geskryf! Skryfster het duidelike kennis van daardie wêreld. Lekkerlees op sy beste!

  • Elsanne McNaughton

    Onse dorp met sy neerdrukkende hitte, vlieë, muskiete en sonbesies verruil ek vir niks! Ek geniet dit altyd om jou geskryf te lees Elise. Well done once again.

  • Niks neem mens so terug na ons dierbare Karoo soos daardie eerste druppels wat plof in die stof! Elise nou sit ek in Bethal wraggies "voor my eie agterdeur en huistoe verlang" gevoel!

  • Charleine Olivier

    Nog 'n stunning vertelling, Elise! Ons het gewoonlik see toe gegaan en Krismis op Graaff-Reinet gemis, maar van die res van daai hitte en droogte was ek deeglik bewus. Spaar steeds obsessief water - en dit is nou erg droog in die Baai.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top