Biltong

  • 14

Foto: PixaBay

 Elders gesien op die Graaff-Reinet Facebook-groep

Just verby die afdraai Pearston toe on the way to Jansenville was die plaas van Llewellyn en Florence Biggs “Wellfound” where he farmed with Merino sheep and Angoras mainly. Sy kinders Gilbert (Chippy), Mabel (Mabs) en Tony (Dassie) was almal old Unionites. Dassie was that well known en geliefde eersteklas cricket player van die Eastern Cape – onse Dassie Biggs!

Sy pa, Llewellyn, het die meeste winters, assie hunting season ge-open het, van die teachers van die Union High, wat van hunting gehou het, genooi om op Wellfound te kom springbok skiet.

Oupa was usually een van hulle … Dis dan wanneer hy sy roer van die stofrak afgehaal het en skoon gemaak het in die study. En hy’t koeëls uit die trommel uitgehaal, diep onder die desk.

Hy’t altyd vertel wat an experience it was. Hulle moes vroeg oppie plaas wees and were taken to their positions innie veld deur Llewellyn vanselwers. Die teachers was almal so 100 jaarts van one another afgelaai, meesal inne donga. Hulle kon dan lekker aanlê tussen die doringbome om te skiet. Maar net vorentoe! Niks links of regs geskietery nie, anders skiet hulle mekaar raak! Just vorentoe.

Llewellyn used die plaaswekers op hul perde en ponies om in die rante in te ry and with sweepklappe op die harde grond die bokke af te jaag vlaktes toe where the teachers were waiting.

Ouma always packed a piekniekmandjie vir Oupa, ‘cause die son kan maar steek in die Karoo as die sonbesies geskrou het, even in the winter! En sy flask koffie moes ôk saam. Dan’t hy gebreakfast in the donga terwyl hul wag vir die bokke.

Lunchtyd, more or less, they were picked up again and the skietery had to be finished by then. Dan was dit braaityd en onder-die-prop-kuiery met die plaasmense, cause the carcasses moes deur die werkers collect word where they were shot innie veld. Everything was brought opstal toe in ’n treiler, wat getrek was deur ’n tractor, where the binnegoed uitgeslag was van al wat ’n bok was. (The male buck, het al die teachers geweet, moes in die veld ge-castrate word immediately after having been shot. Otherwise was die vleis bitter, was gesê. Die teachers moes daai job glo self doen.) Oupa het altyd gelag as hy vir Ouma vertel van die mansbokke, but I didn’t know why, want sy’t hom altyd stilgemaak met ’n “Nie voor die kind nie! Stop nou!” Dan het hy so lekker skreefogies gelag. Gelyk hy terg vir Ouma, otherwise hoekom het hy so gelag? Konnie verstaan nie ...

Oupa het never huistoe gekom without at least twee springbokke nie, but there usually was three. Hang af van weiding in die droogte. A springbok could jump over a grensdraad if there was greener grass on the other side. Die Karoobossies kon ôk maar obsternaat wees.

Die bokke was afgedra van die kar en dan opgehang in die buitekamer. Oupa sal moreoggend die goed slag. And was that a job!

Eerste die koppe en kidneys was vir ai’Driena om huistoe te vat. Oupa het dan die lewer vir Ouma gegee om in melk te laat lê na ai’Driena die vliessies afgetrek het en arteries uitgetrek het, want as hy klaar was, he wanted breakfast saam met gebakte eiers. Ouma kon die lewer so lekker braai innie pan, maar ons het nie gehou van kidneys nie … Mammie ôk nie. Ouma het altyd gesê dis ’n “acquired taste”.

Oupa het dan die bokke klaar afgeslag en die velle op die vloer oopgevlek, met die hare na onder. Then he put growwe sout en salpeter on the skin om dit te laat droog word sonder om sleg te word. Ouma het dit, wanneer dit droog was, as matjies gebruik onder die sidestoep se stoele en ook as afveëmatte by die buitedeure.

Partymaals het Vaaltyn dit vir Ouma gebrei. Maar by die kitchen door was mudsakke gegooi, cause ai’Driena het die springbokvelle te gou stukkend getrap. En by die voordeur was ’n groot coirmat.

Oupa then had breakfast en as dit verby was, het almal weer af met die trappe na die buitekamer te gegaan.

Ai’Driena het in die meantime die groentetafels afgepak en gewas, sodat Oupa die bewerking van die bokke daarop kon doen. Meantime het Ouma die sout, salpeter en koljander in die vysel fyngemaak. Oupa het self anner goed bygesit. Mrs Weitz van GKW moes 6 bottels bruinasyn laat deliver, want as Oupa al die biltonge uitgesny het, moes dit besmeer word met die koljander en asynmixture. Die asyn would chase flies away so they cannot lay eggs on the biltong terwyl dit op die sidestoep hoog teen die dak gehang het aan hakies op styfgespande bloudrade nie. En katte kon ôk nie so hoog spring nie. Die biltong sou daar hoog droog word.

Dan het Oupa dit in Ouma se groot enamelskottels gepak en toegemaak met gebleikte, oopgesnyde meelsakkies. Dis vir drie dae so in die skottels ingelê, but Oupa het dit every day deurmekaar gedraai.

Ouma kon darem ’n blad of twee en ’n boud score vir gaarmaak. Sy moes net eers varkspek kry van Taffie van der Merwe om dit op te stop. Die ribbetjies en oorskiet fynvleis was opgekook vir wildsvleis met naeltjies en ook brawn. Ouma made curry sult too. Lekker Maleise curry… Ant Dorkas altyd vir Oupa gestuur uit die Kaap.

Depends hoeveel bok Oupa geskiet het, dan het Ouma vir Mrs du Toit ook ’n karmenaadjie oor die straat gestuur.

When the biltong was ripe, was dit gestroop. Oupa with his hands strooped each biltong separately sodat most asyn af was. Daar was heelwat biltonge meeste kere, want dis mos nie so groot soos bees- of koedoebiltonge nie. En dan het elkeen draadhakies gekry. Nogals ’n job gewees om als deurgesteek te kry… Dan was dit op met die trappies na die sidestoep toe met al die skottels vleis.

And then the commotion really started!

Oupa used die tuinskoffeltjie duly washed and dried. Hy hak dan elke biltong se draadhakie aan die skoffel en mik dit dak toe om oor die bloudraad te laat hak. It had a long handle. Sy voorkop was naderhand vol perspiration en Ouma moes ’n sakdoek loop haal. Ek moes die biltonge aangee uit die skottel vir Oupa, so een-een, sodat he could hook them op die skoffeltjie om dit op te hang.

Wanneer hierdie gedoente klaar was, het Ouma vir ons tee gemaak in die groot rooi enamelteepot en vir ons geskink op die voorstoep nadat dit getrek het. Saam met karringmelkbeskuit. Sjoe, dit was darem lekker, want mens was dam só moeg gewerk!

En in so drie weke of a month kon ons dalk al proesels kry om te kyk hoe ver die biltong al gedroog is!

Karoobiltong bly darem maar tops – springbok, koedoe en bees! Maar specially Graaffernet se district s’n.

  • 14

Kommentaar

  • Uitstaande beskrywing van hoe alles so omtrent 60 jaar gelede hier op Graaff-Reinet gebeur het.

  • Jammer, maar min mense praat so deurmekaar, probeer hou by een of die ander taal. Dit raak steurend.

  • Rory Sullivan

    In die ou dae het Graaff Reineters so gepraat. Dit is hoekom dit bekend gestaan het as "Graafrikaans".

  • Jan van Greunen

    Dit is nodig vir skrywers, digters en storievertellers om streektaal te gebruik om die natuur, gewoontes, kultuur, leefwyse en daaglikse bestaan en menswees van daardie kontrei se mense korrek, feitelik en kleurvol uit te beeld maar moet asseblief nie dat hierdie Graafikaans in ons skole beland nie. Met die swak taalonderrig van kinders in ons skole en by die huis deesdae, sal dit dalk net goeie Afrikaans (en Engels) 'n nekslag toedien.

  • Jammer, maar ek het twintig jaar op Graaff-Reinet gewoon en hierdie skommeltaal is nie deel van my herinneringe nie. Dat die engelssprekendes wel die woord "lekker" gebruik het, onthou ek goed. Moontlik het ek net nie in die kringe beweeg waar dit nodig was om "anders" te wees om aandag te trek nie. Die Kaaps wat deesdae in ons kele afgedruk word is ook nie vir my oulik/snaaks nie - meer 'n belediging van my moedertaal. Goeie taal kan steeds gebruik word om gemors te beskryf, sonder dat die taal bemors word.

  • Deline Hobson

    I just love the way Elise tells her stories. Proper, good old Graafrikaans. I would love to hear her and the late Nancy Kingwill having a good conversation. Graafrikaans has been around for years. I spoke it at school and I still do. Afrikaans people have such a wonderful way of expressing themselves. How can us Englishers not add some of their words to our taal? Keep your stories coming, Elise ... we love them. They bring back so many memories.

  • Rory Sullivan

    Yes, I remember these two specific sayings by some farmers when we were at school in the sixties: "The meercat growed a gat under the fence" and "He slatted neer like a dog that vreted geef". Still remember those days with fondness. Enjoy reading articles by Elise.

  • Charleine Olivier

    Thanks, Elise, jy is besig om baanbrekerswerk te doen vir anderste Afrikaans. Ons werk daaraan om inklusief te wees in Afrikaans en al ons taavariasies in te sluit - ook die moderne jongmenstale, anders gaan Afrikaans uitsterf.
    Ek kyk nog steeds uit vir koedoebiltong in die winkel. Jou storie het my so laat dink aan my eie slagervarings saam met my ouma op die plaas. Dit was great tye.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top