Jaar van maak of breek vir Matamela

  • 0

Jason Lloyd (foto: verskaf)

..........

Die slagordes is opgestel vir die siel van die ANC en dit sal die toekoms van Matamela Cyril Ramaphosa as ANC-president sowel as staatshoof van Suid-Afrika bepaal.

...........

Die slagordes is opgestel vir die siel van die ANC en dit sal die toekoms van Matamela Cyril Ramaphosa as ANC-president sowel as staatshoof van Suid-Afrika bepaal.

Die ANC hou sy gebruiklike vyfjaarlikse nasionale konferensie in Desember en die verwagting is dat Ramaphosa as ANC-president teengestaan gaan word uit die geledere van die RET-faksie (voorstanders van sogenaamde radikale ekonomiese transformasie) binne die ANC, waarvan Jacob Zuma ’n prominente en toonaangewende lid is.

Die eerste skote is geskiet met die vrystelling van die langverwagte eerste deel van die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping. Die tweede en derde dele daarvan word voor die einde van Februarie verwag.

Die onthullings en aanbevelings in die eerste deel het die RET-faksie blykbaar ongemaklik gemaak en toe klap die skote met die meningstuk van Lindiwe Sisulu waarin sy onder andere skryf dat regters binne koloniale denke vasgevang is en ook dat die Grondwet net ’n struikelblok vir snelle ekonomiese transformasie in die land is.

.........

Alle oë is nou op Ramaphosa gerig om te sien wat hy met Sisulu gaan doen, omdat sy as ’n minister die Grondwet aangeval het en, in die woorde van regter Raymond Zondo, “swart regters beledig het” deurdat sy dié regters die Amerikaanse term “house negroes” toegesnou het.

Maar Ramaphosa gaan soos gewoonlik niks doen of sê nie. Nie net omdat hy bang is hy gaan die RET-faksie versterk in hul poging om hom as ANC-president te vervang nie, maar omdat hy weifelend as ANC-leier en staatshoof is.

So, moet niks van Ramaphosa in dié verband verwag nie.

Sisulu se aanval op die Grondwet en op swart regters is ’n suiwer indirekte politieke aanval op Ramaphosa. En Zondo moes hom liewer nie in die politieke modder begewe het nie. Ramaphosa is ’n politikus en moes Zondo die moeite gespaar het om op Sisulu te reageer. Hy moet die politieke klappe neem.

Zondo se reaksie skep verdere probleme, omdat die RET-faksie sy renons in hom verskerp het. Verder was dit ’n fout aan Zuma se kant om destyds ’n dienende regter as voorsitter van ’n geregtelike kommissie van ondersoek aan te stel. Hoekom het Zuma nie ’n afgetrede regter as voorsitter aangestel nie? Dit ondermyn die geloofwaardigheid van die kommissie dat Zondo adjunkhoofregter is en moontlik ook hoofregter kan word. Beter oordeel moes hieroor aan die dag gelê gewees het.

Die RET-faksie gaan Zondo se moontlike botsende belange tot hul voordeel uitbuit.

Wat Sisulu betref, moet Ramaphosa as president daarmee handel, omdat sy ’n kabinetsminister is. Hy moet van hom laat hoor en verantwoordelikheid as staatshoof neem.

Bygesê, Sisulu is in eerste instansie ’n Suid-Afrikaner en geniet die reg op vryheid van spraak soos verskans in die Grondwet. Maar grondwetlik verskanste vryhede het perke. In dié geval het ’n kabinetsminister die Grondwet aangeval en die President moet sy prerogatief uitoefen en bepaal tot watter mate Sisulu se reg ingeperk behoort te word. Gaan hy haar repudieer of as minister afdank? 

Die verwagting is dat die stryd feller gaan word in die aanloop tot die konferensie. Die RET-faksie is ook ongelukkig omdat die meeste van die resolusies van die ANC se 2017-konferensie, soos grondhervorming sonder vergoeding, nie geïmplementeer is nie.

Die vraag is of Ramaphosa die aanslag op sy leierskap gaan oorleef of, soos Thabo Mbeki in 2007, as ANC-president uitgestem gaan word.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top