Nog ’n koppie boeretroos vir jou?

  • 12

Smoors, op ’n Sunday, het dr Van Schalkwyk partykeers by Ouma a little tea kom drink after church, before going home. Hy’t always gepark in Milner Street as hy kerk toe gaan. As ek by haar was, het Ouma gesê ek moet tjoepstil wees. I am not allowed om saam te praat met die grootmense nie. Kinders moet gesien wôre en nie gehoor nie!

Ek was darem só lief vir Ouma en het by haar gekuier whenever I could.

Oupa wasn’t always by die huis. Straks gaan loop bowls speel ... Hy’t mos maar sy manners gehad om kerk te sidestep.

Nou ja, dan moet ek maar agtertoe gaan en hopscotch op die agterstoep se cement blocks loop speel, till ek hoor Dokter groet. Then you had to come sê koebaai – altoos met ’n smile en skaam curtsey. Hy’t my neus geknyp, en die mond wat smile skuins gedraai en na Ouma gekyk en gesê: “Die kind groei daam vinnig, Georgie!”

Hy’t altyd geruik soos ’n dokter. Ek was bang vir dokters.

Mammie always said dr Van hy’t my gevang when I was born. Ek kon daai ding nooit so lekker verstaan. Was ek dan a ball wat geskop is? Het ek weggehardloop? Vir wat moes ek gevang word? Of was ek eintlik rêrig ’n blouapie vannie bos, nes Oupa sê? Swing van een tak to another, net sy stert afgesny. Hoe’t ek dan begin om te lewe?

Mammie het net altyd gesê ek moet wag. Ek sal verstaan as ek groot is.

Ons twee, ek en Ouma, het dan op die trappies gestaan en waai vir Dokter tot die Vauxhall om die draai disappear het. Die stof het ok altyd soos grond geruik wat nou-nou omgespit was. Dan’t ek vir Ouma gehelp om die teegoed kombuis toe te dra, die koekies innie sideboard te bêre, en ek het always dan ’n ekstra custard cream gekry. Ouma was nooit snoep nie.

As mens die deur van ’n cupboard oopmaak by Ouma, het dit altyd na iets anders geruik. Ouma said dis die hout se smell wat ek ruik. Die rosewood van die glaskas se laai, die kamfer van die linnekis, die menthol campher en elastoplast van die medisynekassie – maar ouma se klerekas always smelled van perfume en lekkergoed. Niks soos hout nie.

As ek oppie sidestoep gespeel het, het ek altyd gedink aan die werk wat Ouma had to do om Oupa se skoolhouflannelbroeke skoon te maak every Saturday morning. Dit was asof I could smell it, hiersô oppie tafel hier waarlangers ek speel.

Ai’ Driena moes dan eers die strykkombers kom uitsit before sy die benzine in die buitekamer kon gaan haal, met die droë sakdoek daarby, en Ouma het personally dan die kolle uitgevrywe. Sy’t altoos gesê dis amper nesoos drycleaning, but it’s cheaper. But it was hard work, she had to press hard. And very dangerous, ‘cause dit kan vuur veroorsaak. So het Oupa gesê. And he was clever. Hy was ’n teacher. Hy’t gesê dit gee fumes af en mens moenie dit inhale nie.

Maar, can you imagine it, Graaffernet het even a drycleaners gehad, doerie tyd al. But remember, dit was net vir beste wear, en nie vir shorts en kakiebroeke, gyms, speelklere, pajamas en sulke soort kleregoed nie. En ok nie vir Oupa se plus four flannels nie. Just sy beste suits wat hy kerk toe moes aantrek.

Ben Putter se Radium Drycleaners was in Church Street. Sy en sy vrou s’n gewees. Ben was lank, maer, wit hare and altyd haastig. Daar was ’n palm tree in ’n big pot by die drycleaners se entrance. So skuinskant.

Mens het partymaals even geskrik as hy in such a hurry met sy deliveries by die deur uitkom en jy moes opsy staan. Mens kon mistrap by daai plant. Hy laai dit alles in sy klein, rooi panelvantjie met hangplek agterin. Die klere mag nie kreukel nie. Sulke dwars iron pipes. Die delivery van het even die naam op gehad. So skuins geskrywe in blou: RADIUM DRYCLEANERS.

Al die klere het altyd op wire coathangers gehang, en was covered met ’n lang plestiek sak. Jong, was dit nou grand daai tyd vir jou. En daar was a fixed price vir alle soorte klere se dryclean. Oupa sometimes het die draad van dié coathangers ok gebruik om biltonghakies te sny. Dit wassie as thick as bloudraad nie. But nevertheless, dit was sterk. En alles smelled so clean hoor, maar ek wetie was it soap of benzine nie – but very clean. Nes hospital.

Die Putters het ’n gróót tuin ok gehad agterlangs hul huis, langers die Radium-winkel. Ampers reg tot doer by Rivierstraat. They even had a cow that was milked for milk. En also skrophoenders.

Maar dit het ons ok gehad.

We had sulke rooi Australorp en spierwit Leghorns, just vir eiers se lê. Mammie het vir Ouma ok gegee daarvan and also Miss De Villiers en Miss Haarhoff. En bantampies vir cocktail eggs.

Oupa always said dis gesond, want dis proteins, maar I didn’t understand watse goed is proteins. Ek moes met die egg basket laatmiddag eiers loep uithaal. Ek was net always só bang vir slange. Hulle like mos van hoendereiers …

Wag, daar ry Mr Putter nou. Ek staan dan so ingedagte! Pure petroldampe nou. En warm teer.

Maar as mens by Radium Drycleaners uitgekom het, and you turn right, just a klein entjie by Taffie van der Merwe se butchery verby, anderkant van Middelstraat, kerk se koers toe, was Mr Adams se groentewinkel – ’n groot, rooi en wit street sign oppie stoep se dak het geproclaim: Mr Adams Greengrocer. And that shop always smelled of vegetables, very fresh, maar inside nogals ok altyd van Ouma se curry poeier. Snaaks, mens kon jou skoon staan en verwonder.

En dan just otherside vannie straat was die café van Henry Whitlock. Allie lekkergoed was so wyd gedisplay in die lang glastoonbank – appelkose, pinkies, blackjacks, Wilson’s, liquorice. All sorts. En rekent, tot even Rowntree’s se fruit pastilles en fruit gums wat so duur was. En Flakes. Kan jy glo? But mens kon cigarettes ok ruik.

Hy’t canaries innie café gehad wat tweet nou en dan, en oppie stoep was nog fruit en vegetables for sale ok.

Just bietjie verder, aan dieselle side of the street, just before Mr Nolte die tailor, het sy broer ok a café gehad. Almar Café. But Tommy se café was soos die corner tearooms. Counter shopping yes, also sweets, but was mainly ronde panelite tafeltjies met kombuisstoele where you could drink tea or even selfs a float ook. Saam met a cream horn of doughnut. Bokomo het gemaak. One could sit en kyk vir die traffic innie straat.

En one could always smell bread, polish and coffee as mens daar ingaan.

Also duskant vannie straat, but oppie corner, was die Brummers se Gem Implements. Hulle het tractors vir die plaas geverkoop, geservice en reggemaak. Dorsmasjiene, harke, front-end loaders – everything. Maar meestal John Deeres. Darem nou en dan Massey Ferguson ook, maar net sometimes. And they changed tyres also. Deurgetraptes for new ones en punctures ok vir regmaak. By hulle het jy altyd net rubber en olie geruik. Sometimes kon jy even in olie gly ok, as daar oppie stoep gemors was. You had to kyk waar jy loop daarso.

Nes by Joe Lotter, die panelbeater. Hy’t gebly dáár langers die huis van Bella Traas. By die Gideon Scheepers se monument; die Laubschers wat poppe maak, het ok daar gebly.

Nou ja, ou Joe, hy’t ok afgeloopte tyres altyd gehad by sy scrapyard. Sommer weggegee ok. Pappas en Oupas het swings gemaak virrie kinders. Dit het aan teerpale gehang wat gestink het. Rubber en teer so deurmekaar, but die kleintjies het dit gelike.

Nou ja, it was just about that time wat omtrent elke tuin in Graaffernet ’n tyre wou hê, of gehad het, in die agtertuin. Dit het op sy side gelê en had to be gepaint word. All colours of the rainbow, hoor. Tractor tyres, motor car tyres, maak nie saak nie. Just had to be tyres. Alles by die Brummers of Joe Lotter, van boere, of gewone garages gekry. Net nie bicycle tyres nie, hoor. That wasn’t used. Die tyres was dan red, orange, blue, green – sommer alle kleure geverf. En dis dan volgegooi van beesmis, dryfsand en bogrond wat gemix is, en afterwards dan vol van blomme geplant. Zinnias, calendulas, portulaca-vygies – all  types. Dit moes net colourful wees. Mens kon altyd sien daar’s ’n lost bee wat PT doen om daardie blomme.

Ek het nie veel gehou van die tyres nie. Vir my het dit dan gelyk na kindergarden. Ek het gelike van ’n plain garden, soos Ouma en Rose Minnaar s’n. But dis in sulke groot tuine wat jy gif ok moes strooi. En thát didn’t smell like talc! Ek mag nie naby sulke plante gekom het wat Ouma met Bexadust of DDT gedokter het nie. Jy kon dit gesien het – sulke wit poeier. Dan moes jy ’n wye draai verby vat. Sy’t paraffin in blikkies gegooi ook vir die groot geel-en-swart torre wat die dahlias en rose gevreet het. Sy’t dit aan ’n riet gehang wat sy in die grond gesteek het.

Ek dink nou van gif. Ouma het ’n flitpomp gehad wat sy weggesteek het behind die spensdeur langs die kruik met tank water. Daar was ok gif in. Sy’t dit gespuit in die lug vir muskiete saans, but I can’t remember wat sy dit mee volgemaak het nie, but I think it was in grootmenstaal kerosene. Sy’t baie geweet van gif. Die flitpomp had so ’n lang lyf gehad met ’n glasbotteltjie wat voor hang. At the back was ’n handle which jy uitgetrek het en ingepush het. Dan spray die gif hoog in die lug.

En dan ’n laa-aang, uitgerekte, taai, bruin ding wat laag gehang het en vlieë gevang het bokant die kombuistafel. Die vlieë they stuck to it. En bluegumtakkies wat gespuit was met gif en uitgedeel was deur die municipality.

Die Bexadust was used outside also vir miere …

But nou genog van gif – I’m feeling like Daisy de Melker! Net moord en doodslag.

Dis during daai dae dat kitchen dressers so in die limelight gekom het. Sulke cream en light greens. Die hele kas was cream gepaint en al wat ’n laai en deur was in light green. And al die handles was silwer. In the middle bo was ’n klein kombuisklok ook gewees en just below it twee glasdeurtjies wat sideways oopgeskuif kon word. But jy kon nie daardeur sien nie. The best tea cups and glasses was kept there. En to finsh it off, to make a continental kombuis, you got a panelite table met ’n silwer rand en comfortable stoele met plastic covers. Usually dieselfde colour as die tafel se blad.

On the counter vannie dresser was al die oopmaaksilwerteapots wat op ronde plastic pootjies staan. Hulle lids you could open up, vat die teapot uit to make tea of te moet was and jy sit dit terug in its place. It was like a tea cosy. Dan nog suikerpotte, milk jugs met doilies, sout- en peperpotte en ’n ry blikke, of hout cannisters, vol tea, coffee, rice, meal also.

So if you had a dresser was jy sommer by almal baie in tel gewees. I’m telling you!

Ons het net kombuisrakke gehad en Ouma het kaste met gauzedeure van voor.

Oupa het altyd ’n klein blikkie Mobil Oil ook innie study gehou. Next to die Juwellex wat hy die horlosies mee reggemaak het. Dit het nes petrol geruik. Die olie he alone could use om skarniere van deure, which made a noise as jy dit oopmaak of toemaak, reg te maak. Of om die bicycle se chain, of die dwars ding wat die speke aan vas was, te olie sodat dit nie squeaks maak nie. Dan trap mens darem vir jou lekker saf skool toe hoor!

Man, those days het mens boonop nog moerkoffie ok gekry, Koffiehuis- en Kloofkoffie.

Plaaskoffie wat jy in ’n muslin bag in die pot kon sit en oppie swartstoof los was my favourite. Met ok nog ’n mespunt sout by. Of jy kon dit even in ’n percolator gemaak het. And thát, saam met ’n stuk karringmelkbeskuit van Ouma! Now that smelled like home.

Lots of belonging ... Jy simply couldn’t get better. Graaffernet se home, hoor! Tot vandag toe. Unbeatable, sê ek vir jou! You can take my word!

Rêrig ...

Nog ’n koppie boeretroos vir jou? Wat sê jy?

  • 12

Kommentaar

  • Hendrik Putter

    Elise, uitstekend! Soos jy alles beskryf is dit asof ek my kinderdae weer herleef! As ek dit nie mis het nie, het my oorlede pa Radium begin en self die gebou gebou in die 60's. My broer Ben het toe later vantyd Radium by hom oor geneem. Ek onthou alles soos gister soos jy beskryf. Daar was eindelik 2 palmbome en dit was altyd my werk om hulle nat te maak en te versorg. Nog klein en in die laerskool, onthou ek hoe ek altyd alleen moes sukkel om die "man hole" op te lig om water uit die lei voor vit te kry. Jou timing moes ook altyd reg wees, wanneer dit jou leibeurt was om dan die palms nat te maak. Bewaar jou siel as jy n natmaak "skip".
    Ja en langs ons was "Adampie" soos almal hom onthou het. Sy vrou se naam was Fatima en hulle het 6 kinders gehad, ken nog almal se name! Hulle was op Spandou Hoërskool. Hulle van was Amod. Onthou nog menige aande hoe Ben my broer hom met wiskunde moes help terwyl hy (Bilo) op skool was. Kon nie vir beter bure gevra het nie!
    Dan was daar oom Whitlock-kafee skuins oorkant die straat waar die Brummers gebly het. Nie oom Vicky nie, Tiekie Brummer en sy ma en broers. Vrydae was sakgeldtyd gewees en kon jy 'n cone vir 3c koop. Koeldrank en pakkie tjips het 10c gekos en as jy die leë bottel terug gee het jy 2c terug gekry! My pa se naam was Kallie en was 'n baie bedonnerde ou man gewees!🙈 Hy sou vanjaar 'n 100 jaar oud gewees het.

  • Hi, Marais, dankie dat jy die storie wat briljant geskryf is, met ons gedeel het ... om te dink dat jou pa my gevang het! Kon ek nie so vinnig soos hy gehardloop het nie!?

  • Ansie Malherbe

    Soms skryf jy die onthou in my geheue so helder, dat ek skoon hartseer raak so mooi is dit. Ek geniet elke storie.

  • Lucille Mcgahey

    Ons was altyd aangespreek as husse met lang ore as ons tussen die GROOTmense was!!! Dankie, Elise, so lekker gelees!!!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top