
Bettina Wyngaard (foto: Izak de Vries)
Uncle Cyril
Hoe vaar die siel? Ek kyk elke Maandag soe yt om te sien wat op Uncle se hart lê in ôse brief.
Ek notice innie laaste tyd praat Uncle nogals baie oorie violence teen vroue, en child abuse. Is goed, maa’ dit kannie net bly praat bly nie. Is ’n saak wat na an my hart oek is, that’s why ek nou skrywe. Die beste way hoe ôs kan beginne om real change te maak is deu te kyk na hoe ôs praat en wat ôs sê. Case in point, Uncle, vi wat wôd vroue, kinnes en disabled mense altyd saam gelump in Uncle se briewe en speeches, en somme innie goverment department oek? Wiet djy nie djy infantilise vroue deu hulle met kinnes saam te lump ie? En djy lat dit klink asof disabled mense niks agency van hulle eie hettie.
.........
Wiet djy nie djy infantilise vroue deu hulle met kinnes saam te lump ie? En djy lat dit klink asof disabled mense niks agency van hulle eie hettie.
.........
Nei man, Uncle, you can do better, much better.
Ek wiet daa’s baie om mee te deal, but issit dan nou norag om djou letter to the nation te copy en paste? Toe ek die wiek se letter beginne lees, toe dink ek eeste daa’s by mistake een van veliede jaa se briewe gepublish. Ees halfpad deu toe besef ek Uncle het gecopy en paste, en toe net soe bietjie extra padding annie end gesit.
Moenie ôs intelligence soe insult nie, Uncle.
Maa kô ôs praat oo daai brief. Is nice om te sien Uncle is biesag met laws om vroue te protect (ennie kinnes ennie disabled, maa ek het mos klaa getjais hoe ek daa’oo voel). Van daai laws is al donkieblou djare innie works, Uncle. Nou ek wiet, as djy iets vinnag gedoen wil hê, dan kom dit vinnag deu. Soe ek assume die voetesliepery mettie laws is oorlat djy en djou ruling party dittie soe serious beskou nie. Maa die regte soundbites moet gegie wôd om ôs te paai, soe ôs hoo die hele tyd van goete wat innie pipeline is.
Hoe lank is daai pipeline, Uncle?
Daa is een major miscalculation in daai law wat sê die polisie is guilty an misconduct as hulle nie die abused vroue helpie. Wiet djy wat it is, Uncle? Oukei, ek laaik oek ie as mense sê ek moet iets raai nie, soe lat ek vi Uncle help. Die poelieste issie grootste abusers, Uncle. Die misconduct issie as hulle refuse ommie vroue te help ie. Many times is die vroue wat hulle nie wil help ie, hulle colleagues innie polisie se vrou en kinnes. Die misconduct, en die criminal conduct, is oorlat hulle die perpetrators is.
En djy wil it ’n crime maak as enige adult wiet van abuse en dit nie report ie. Soe criminalise djy die innocent bystander wattie involved wil raakie. Vra eider hoekom wil hulle nie involved raak ie. Wan ôs ammel wiet die polisie gan niks maak ie, en dan moet djy deal met ’n abuser wat djou oek nou innie oog het.
Let’s get real, Uncle. Die enagste way wat abuse gan ophou, is as djy vroue real choices gie. Praat van vroue as die equals van mans, nie van kinnes nie. Change die way bureaucracy met vroue deal, lat hulle nie die heeltyd ’n man se permission norag het ie. Change die way society vroue sien, as lesser than. Wiet djy Uncle, ek praat van experience. As die kinnes innie straat stout is, en ’n vrou praat met hulle, dan kap hulle ignore. As ’n man ytstiek, dan hoef hy nie ees te praat ie, hulle is somme ammel soet. Oppie spot.
In biesagheidsplekke wôd ’n vrou se complaint nie soe ernstag opgevat soes ’n man s’n nie.
.......
Wiet djy Uncle, ek praat van experience. As die kinnes innie straat stout is, en ’n vrou praat met hulle, dan kap hulle ignore. As ’n man ytstiek, dan hoef hy nie ees te praat ie, hulle is somme ammel soet. Oppie spot.
In biesagheidsplekke wôd ’n vrou se complaint nie soe ernstag opgevat soes ’n man s’n nie.
........
In plaas van vi ôs paper rights te gie, kô ôs try vroue se status as second-class citizens change. Djy sal surprised wies hoe vinnag dit translate in protection in anne areas. As vroue ernstag opgeniem wôd, en hulle kry equal social status met mans, dan kan ek guarantee die abuse gan soe vinnag stop Uncle se kop gan spin.
Uncle, djou legacy kan wies lat djy vi vroue papierregte gegie het, of djou legacy kan wies dat djy die man is wat vroue equal status lat kry het. Your choice. Maa dit beginne daarmee lat djy in djou eie party hys skoonmaak met mans wat vroue abuse. Real punishment, nie ’n show opsit om ôs monne stil te maak ie.
Ek gie djou A+ for trying, maa die tyd vir trying is veby. Is nou tyd lat real change kom.


Kommentaar
Jy skryf so dat mens aanhou lees. Dit kan die president nie regkry nie. Nie met my nie ten minste. Ek het altyd sulke mooi voornemens om die prez se e-posse deur te lees. Maar ek dop die toets elke liewe keer. Ek kan nie wat hy skryf ernstig opneem nie. Net so min wat hy sê.
Mal ook oor die Kaapse Afrikaans. Ongelukkig beskou president Ramaphosa se regering nie Afrikaans as inheems nie. Hy praat ook maar meestal net hier rondom eleksies bietjie Afrikaans. Ek dink mens sal meer bereik as jy in Shakespeariese Engels aan onse prez skrywe. Ek lees die prez se vrou is die eintlike een wat Afrikaans goed ken.
Pragtige Kaapse voorstedelike Afrikaans. Spreektaal uitstekend omgeskakel na skryftaal...