Die stert wat die hond swaai

  • 2

Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer)

Julius Malema is ’n politikus oor wie baie, baie kritiek uitgespreek kan word. Hy is opruiend, ’n populis, antidemokraties, iemand wat in die regte omstandighede ’n diktator kan word.

.......

Hy is ook ’n persoon wat sy vinger baie stewig op die pols van die meerderheid het, en soos ’n haai kan hy bloed in die water rondom die regerende party ruik van myle weg.

.........

Hy is ook ’n persoon wat sy vinger baie stewig op die pols van die meerderheid het, en soos ’n haai kan hy bloed in die water rondom die regerende party ruik van myle weg. Nie dat hy afstand nodig het nie – hy het nog genoeg ondersteuning van faksies binne die party wat maar alte gretig is om hom te gebruik om onmin en chaos te saai.

Malema se invloed binne die regering en selfs met die media is buite verhouding tot die ware waarde wat hy toevoeg. Maar hy het homself nou gevestig as die stert wat die hond swaai. Skaars ’n dag nadat hy gaan “inspeksie” doen het oor die aantal buitelanders wat in een winkelsentrum werk, word daar aangekondig dat die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, ’n week lange “blitz”-inspeksie van die gasvryheidsbedryf in die Wes-Kaap sal doen. Hy word vergesel van inspekteurs van sy departement, die polisie en die Departement van Binnelandse Sake.

Dit voel ‘n bietjie soos Bheki Cele se inspeksies om toe te sien dat die arme anties wat by Shoprite koop, hulle maskers dra. Dis performative, vir die kameras om te wys iets word gedoen. Hoekom gaan Binnelandse Sake saam? Om te kyk hoeveel buitelanders in die sektor werk, en of hulle permitte het, natuurlik. Soos Malema het hulle nou skielik ’n passie ontdek om te verseker dat buitelanders nie ten koste van Suid-Afrikaanse werkloses aangestel word nie.

Bewonderenswaardig, as dit met integriteit gedoen word. Maar ons almal weet baie goed dat wanneer Malema en Nxesi van “buitelanders” praat, dan fokus hulle nie op die Duitsers en Britte en Amerikaners wat hier werk nie. O nee, die “buitelanders” wat hulle teiken, kom almal uit ander dele van Afrika. Baie van hierdie mense moes alreeds uit hul eie lande vlug. Hulle probeer hier ’n beter lewe maak, maar loop hulle dan vas in staatsondersteunde xenofobie. Verlede jaar was dit vragmotorbestuurders, hierdie jaar is dit kelners.

.........

Nie Malema of Nxesi vra die baie basiese vraag hoekom so baie besigheidsmense verkies om eerder buitelanders aan te stel as Suid-Afrikaners nie. Hulle is blind vir die feit dat daar baie keer ’n reuseverskil in werksetiek en toewyding tot kliëntediens tussen buitelanders en Suid-Afrikaners is. Hulle neem nie in ag dat baie Suid-Afrikaners eenvoudig nie belangstel in die tipe werk wat deur buitelanders gedoen word nie. 

...........

Nie Malema of Nxesi vra die baie basiese vraag hoekom so baie besigheidsmense verkies om eerder buitelanders aan te stel as Suid-Afrikaners nie. Hulle is blind vir die feit dat daar baie keer ’n reuseverskil in werksetiek en toewyding tot kliëntediens tussen buitelanders en Suid-Afrikaners is. Hulle neem nie in ag dat baie Suid-Afrikaners eenvoudig nie belangstel in die tipe werk wat deur buitelanders gedoen word nie. 

Nie Malema of Nxesi se ondersoek probeer regtig enige probleme oplos nie. Nie een neem in ag dat hulle optrede heel waarskynlik daartoe kan lei dat baie van die buitelanders wat hulle teiken, nou weer die slagoffers van xenofobiese geweld kan word, soos wat al ’n paar keer in die verlede gebeur het nie.

Malema se fokus is om te wys hoe relevant hy is. Nxesi probeer wys dat Malema nie al een is wat inspeksie hou nie, en hy kan dit groter, beter en langer doen.

Stel hullle belang in werkskepping? Nee. Is goeie arbeidsverhoudinge vir hulle van belang? Nie juis nie. Maak dit saak dat die bedryf wat hulle teiken, alreeds lamgelê is deur die verskillende inperkings en sukkel om kop bo water te hou? Natuurlik nie. Hulle speletjie van one-upmanship is veel meer belangrik as om die ekonomie te probeer help.

Dit maak gewoon nie saak of ’n bedryf wat alreeds op sy knieë is, nou verder ontwrig word nie.

Dit gaan nie oor die arbeidsmag, of werkskepping of die ekonomie of mense nie.

In wese gaan hierdie skermutseling oor die ego van ’n opgeblase regerende party wat lankal voeling verloor het met sy mense. Hulle behoort hulle nou daarop toe te spits om dit wat onder hulle bewind verkeerd geloop het, reg te maak. Skop korruptes uit, stel bevoegde mense aan, bou ’n werksetiek op, herstel die skade wat in munisipaliteite en in gebrekkige dienslewering aangerig is, maak seker dat die staatsdiens waarlik diens lewer en nie net burgers belemmer nie. Herstel vertroue in die staatsdiens sodat belastinghuiwering uitgeskakel word. Dit kan gedoen word, met ferm besliste optrede.

.........

Hulle behoort hulle nou daarop toe te spits om dit wat onder hulle bewind verkeerd geloop het, reg te maak. Skop korruptes uit, stel bevoegde mense aan, bou ’n werksetiek op, herstel die skade wat in munisipaliteite en in gebrekkige dienslewering aangerig is, maak seker dat die staatsdiens waarlik diens lewer en nie net burgers belemmer nie. Herstel vertroue in die staatsdiens sodat belastinghuiwering uitgeskakel word. Dit kan gedoen word, met ferm besliste optrede.

...........

Maar nee, dis te veel gevra. Dis veel beter om by ’n gastehuis in te stap, gevolg deur kameras en polisiebeamptes, as om die werklike probleme van die land te herstel.

En al wat regtig gebeur, is dat die agenda vir die land gestel word deur ’n man in ’n rooi pet.

  • 2

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    Die meeste Suid-Afrikaners verkies dinge net soos dit is. Daarvan getuig die ANC se oorwinnings by die stembus in een verkiessing na die ander, na die ander. Enigste alternatief is die DA en dit is 'n rassistiese party, soos jy al aangedui het in jou artikels.

  • Die rakleeftyd van bevrydingdorganisasies is wêreldwyd ongeveer 30 jaar. So die ANC leef in die doodsnikke. Die probleem is dat sulke partye dan soos in ander Afrikastate alles in hul vermoë doen om aan bewind te bly en opposisie met geweld onderdruk.
    Laat ons hoop dat die lot Suid Afrika gespaar bly en Malema en saam met RET ook van die toneel verdwyn.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top