Oumaklere

  • 14

Foto deur Chris Curry op Unsplash

...
Maar Ouma het ok maar baie sights gehad. Mens kan nie stry nie: Dit móés Mackintosh se butterdrops wees by Kingwill & Murray; dit moés Atlantic pantaloons wees by Cleghorns se Miss McGregor; Salka Sheim van Simon’s móés bel as hul haberdashery en materials department nuwe Arnel- of Selenise-material ingekry het.
...

Dit was nog in daardie tyd toe die Berrangé-brug nog oor die wye Sundays River van hout gebou was en toe dit net wyd genoeg was vir twee rygoed; maar weerskante one-way traffic sidewalks ok gehad het vir die kollege se students – alles wit en groen gepaint.

En dit was ook daardie tyd toe die hele lengte van Kerkstraat, vanaf die brug right through tot by die Grootkerk, either side van die straat die most beautiful oak trees gehad het. Grotes met skurwe stamme.

Ek en Ouma kon dié prentjie daam so bewonder wanneer ons by die charge office oorie pad na die library moes loop op pad na Mrs Bester vir Ouma se fittings. Mrs Bester is Ouma se dressmaker.

Sy laat maak weer so ’n paar, twee of drie, nuwe outfits.

Nou kyk, my se ouma het ek baie lief gehad. I worshipped her ... Sommer al van kleintyd af. Fairytale ouma met towerstok en al – die feather duster wat sy saggies haar blou en wit pottery mee afstof, orals deur die huis.

Maar Ouma het ok maar baie sights gehad. Mens kan nie stry nie: Dit móés Mackintosh se butterdrops wees by Kingwill & Murray; dit moés Atlantic pantaloons wees by Cleghorns se Miss McGregor; Salka Sheim van Simon’s móés bel as hul haberdashery en materials department nuwe Arnel- of Selenise-material ingekry het.

Sy’t mos net fyn patrone gedra, want groot goed laat mens uitgestoelt lyk nes ’n adamsvy. In die winter was dit Viyella – was mos van merinoskape se wol geweave. Dis seker wat van FCU se wol geword het, het ek gedag. In England, my dear. Nie sommersó nie! Niks crimplene of trilobal nie.

En die lang borstrok móés net van Gossard wees. Met al sy dertig eyes ’n hooks wat ek moes kom vasmaak smiddae na teetyd as sy opgedress het vir dorp toe gaan. Smoors was maar sommer net step-ins. Én ek moet die suspenders ook vasmaak.

En die smiddags se opdress was even net so as daar net sundowner spots met Oupa en Mammie oppie sidestoep gemaak word, agtermiddag as Mammie ons optel after work. Mind you, nou nie van die nuwe Arnel- en Selenise-roksmateriaal nie. Net dié wat al bietjie opgedra was, maar nog goed genog is. Daai wat se belte se ogies al bietjie misgesteek was, offie soom was al twee maal ingewerk gewees en die material het plek-plek sy flair verloor.

Ouma was vol geite met materials, hoor! Dit móés chintz wees vir gordyne, candlewick vir bedspreads, en Oupa se plus-fours moes Mr Nolte maak van Viyella – somerstyd en winter. Dis nou except die grys flannels. Daai broeke het hy only met sy blazers gedra. En sy whites het van Garlicks in die Baai gekom vir sy bowls se gespeel.

As ek klaar gehelp het en Ouma haar gesigpoeier en lipstick aansit, moes ek meantime ysblokkies gaan uithaal en in die ice bucket sit innie yskas. Dit was omtrent a job, just vir sterk mense hoor! Die ice cubes was in ’n bakkie in die deepfreezer en dit het ’n lang handle gehad wat jy moes optrek om die cubes los te maak voor jy dit kon omkeer. And that was a job I tell you. Dan praat ek nie nog eers van die sodawater maak nie. Die syphon was groot en swaar met ystermeshdraad al in die rondte om die bottel. En mens moes koue tank water tot by die merk ingooi, die keps opsit en toedraai en dan kom die Sparklet. Ek was so skuins vir daai contraption, want dit het net so hard geskiet as ’n roer as jy dit uitdraai! En mens kon mos nou nie same time jou ore toedruk nie!

Oupa het self die spots ingegooi op die bin in die spens. Dit was ál bin wat gesluit was, die drinks bin. Ek en Jeanne se Oros Crush was sommer in ou brannewynbottels aangemaak and was innie bin next to the fridge. Ek moes ek en Jeanné s’n ingooi met koue tank water en net een blokkie ys. The rest was for the grown-ups. En ons mag net eenmaals cooldrink kry in the water glasses, want they was big en jy gaan jou bed natmaak as jy so baie liquids drink laatmiddag. Onthou soppertyd se tee wag nog!

Anyhow, ek’t nou baie wyd loep draai. Where were we? O ja, ons wil Kerkstraat cross op pad na Mrs Bester. Met dié wat ons so links en regs virrie traffic kyk, steek een van Ouma se sunshade se ribbetjies amper in my oog. Ek moes koes vir die vales!

Ouma se Triple Star-skoene, met supports vir die bunions, het so hol geklink as we walked oorie straat. I loved that sound. By skool was gesê só much authority ...

Met die crossing kon ek agter Ouma verbyloer vir Mammie se kar, die blou 1953 Anniversary Ford, waar dit gepark was by die magistraatskantoor.

By die Anglikaanse Kerk moes ons onderdeur ’n groot koelteboom loop wat rooi lucky beans uitgeskiet het vir seeds. Mens mag nie meer sy naam sê nie, want dan kom fetch die police jou. Dis politics. Weetie van daai so goed nie; maar ek ken sy naam, even as ekkitie mag sê nie ... Ek’t vir Mammie en vir Lollie elkeen een saadjie opgetel om huis toe te vat.

Toe draai ons af in Cross Street en oppie hoek, onder, was Mrs Bester se huis. Aan die linkerhand. Die voordeur was in Pastoriestraat.

Dis haar man wat so op sy bicycle gery het deur Graaffernet se strate om die water readings te neem by die small meter boxes oppie sidewalks met die ysterdekseltjies. En haar se Elsa was married met die town clerk, Kotie Theron.

Mrs Bester het ’n gryskopbolla gehad en brille gedra, sharp nose, nooit gesmile nie en kort-kort deur die netgordyn geloer om te sien wie loop verby. Sy’t ’n yslike speldekussing om haar arm gedra, full of knoppiespelle. Party van hulle was coloured ok; rooies, geles, bloues – you name it.

En terwyl Ouma in die naaldwerkkamer die fittings moes doen, het Mrs Bester my uitgewys om in die eetkamer te gaan sit en wag. Die fitting room was te klein vir ons almal. Op sulke hoë stoele langs die table – ek kon my bene darem in en uit swing as ek op my hande sit.

Die kamer was always cold en dark en mens konnie uitmaak wat Ouma en sy gesels agter die aangestote deur nie. En ek kon ook nie gaan luister nie, want dit was ’n kraakvloer, en ek was maar bangerig ...

Op pad huis toe het Ouma altyd haar purse uitgehaal by Arthur Shamley se café en vir my ’n Wall’s ice cream cone gekoop wanneer ons opdraai in Bourkestraat by die ou seminary verby, verby Lollipop se oppie-pad library en die Bessingers se huis verby, Mrs Theron, Flippie Retief se tuishuis en om die draai by die Wesleyaanse Kerk en die Dudley Hall, die manse, met sy woodbine laning, Mrs McNaughton, Miss Rex, voor ons oppie hoek die afdraai kon vat af in Milnerstraat, toesetyd nog stofstraat, na nr 7, Oupa en Ouma se huis en my eie kasteel met sy groot ystervoordeursleutel.

Ouma het die sunshade al toegemaak as ons by Enid Minnaar se lawn verbyloop en gewaai vir Inez Kroon waar sy op hulle koeltestoep sit.

“Where you walking around? It’s so damn hot, Georgie!” roep sy na Ouma van die stoep af.

“Nee,” sê Ouma, “I’m having a new dress made and must to have gone for a fitting, and ou Barney is playing bowls again,” hou Ouma innie loop nog aan, “en my bunions are killing me, I can’t wait to take off my shoes! Lekker aand Inez!” Ouma waai dan vir haar.

“Shame, enjoy your evening too – lekker slaap.”

Ek waai ok vir haar. Ek’t gehou van aunty Inez, but Ouma het gerekent sy’s bietjie a busybody, en gerekent dat sy bietjie haar distance hou.

“Kyk, Ouma se kind moet weer bietjie die knipper loop haal en die soutbos bietjie trim. Dit maak weer die geel streep toe teen die ligpaal, dan kan die vuurwa nie sien waar daar water is nie. Okay?” sê Ouma toe ons die stoeptrappies opgaan.

Ons het ok net tot ruste gekom in die koelte on the sidestoep na sy haar skoene gaan uittrek het, toe Oupa van die bowling club af arrive en Jeanné van haar hockey practice.

Oupa sê hy moes eers study toe, want Hannah Oberholzer se horlosie het gaan staan oppie green. Sy en Duimpie, die spekulant tussen die boere innie district, het saamgespeel.

Trips. Oupa rekent dis ’n flywheel wat gebalance moet wôre. Hy’t mos so gelike van met horlosies peuter en try regmaak smiddags as al die test books van die klas gemerk was. Hy moet nog kyk ook na more se klaswerk, want hy gee science by die Union High School.

“Barney, daar kom Elsebie al daar bo om die draai vannie werk af. Jy kan mos maar eers mos ietsie gaan skink vir ons en bietjie chat met ek en Elsebie en later na Hannah se horlosie kyk tog?”

Oupa vryf sy hande so teen mekaar met ’n verleë smile terwyl hy kyk hoe Mammie stop voor die deur voor hy die glasdeur oopmaak op pad spens toe.

Ja-nee, die brandy glase is uitgesit oppie silver tray, daar’s ys in die yskas, die syphon is vol. Hy moet net skink ... Daar’s hy, dink hy.

Sulke tyd het ek gelike, want Oupa het altyd dan grappies vertel ok. Maar nou en dan het hy my my times tables laat opsê. Dit het my altyd nervous gemaak.

“Hallo, hallo, hallo – en hoe gaan dit hier?” kom Mammie opgewonde en vrolik om die hoek. “Waar’s Mammie se kinders? Kom gee vir my ’n drukkie en ’n soentjie!”

Die gesels van allie gedoentes van die dag word blootgelê. Mammie was Clerk of the Court by Graaffernet se landdroskantoor. Onder die gesels brei Ouma een strook deur, al kyk sy nie oppie naalde nie, en Mammie pak haar handbag uit om netjies te rearrange, en na ’n paar grappe het Oupa gesê hy wil net ’n draai gaan loop. Maar ek het gesien hoe sluip hy in by die study na hy met die trappe opgekom het vannie longdrop af. Hy kon ’n challenge net nie refuse nie – en kyk, daai horlosie is mos nou vir hom ’n challenge. Hy moet reggemaak word – dis vir seker.

Ek haal skaam die lucky beans uit en sit een voor Mammie en een voor Jeanné oppie stoeptafel. “Dis julle persente,” sê ek trots. Mens kon Mammie se liefde voel soos dit shine uit haar oë toe sy vooroor leun en sê: “Dankie my skat, kom gee vir Mammie nog ’n soentjie, toe!”

Met die skaam opstaan van die opvoustoel stamp my elmboog per ongeluk ’n groot poinsettiablaar af van een van die skadubome langs die stoep. En daar waar dit af is, bloei toe ’n taai melkerige traan. Stadig rol dit af teen die tak, al stadiger, Tot dit val oppie grond ...

  • 14

Kommentaar

  • Santie Dold-Chapman

    Ek beleef elke oomblik, Elize!
    Jy vat al jou ouma se draadjies vas en weef dit in 'n pragtige, goue ketting.
    Die foto daarby gee my haar nek om dit om te hang.

  • Rita Slabbert

    Die details vat my terug na my kinderdae op Graaff-Reinet, Elise! Pragtig! Jy is so gebless om dié gawe te ontvang het.🙏

  • Rory Sullivan

    Geniet dit altyd om al die ou name van Graaff-Reinetters te lees, voel partykeer asof ek saamstap.

  • Ansie Malherbe

    Nou het ek so lekker saam met jou en jou ouma deur ou Graaff-Reinet gestap. Baie dankie dat jy jou heerlike onthougoed met ons deel!

  • Petrie Burger

    Baie dankie, onthou so goed wat jy vertel, en spesiaal die lucky beans. Ek wag vir die volgende episodes.

  • Dr RM Odendaal

    Wat 'n lieflike en so vertrosende stukkie werk! Mens voel sommer tuis in Elise se teenwoordigheid. Mooi so, Elise, ons wag vir die volgende opwindende stukkie nuus!

  • Dankie, Elise, vir die lekkerleesstories van Graaff-Reinet. Ek sien uit na jou volgende aflewering!

  • Uysie Alberts

    Ek het heerlik aan hierdie herinneringe gelees - dankie, Elize!
    Ons was ook so ná aan ons oumie en oupa. Dit sorg vir 'n ryk kinderlewe!

  • Ag Elise .... hoe mooi, al jou kleintyd-memories, tot die kraak van die plankvloere! Ek bly in 'n ou huis met sulke lawaaierige vloere, so ek verstaan al te goed! Ek wens mý ma, ouma Georgie se ánder dogter, kon dié trip down memory lane lees! ❤

  • Such a lady, jou ouma! - met buneons en al!
    En om ʼn mammie se liefde darem te kan voel soos dit shine uit haar oë... jou memories maak my hart warm!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top