Troutyd op Graaffernet se strate

  • 9

Foto: StockSnaps | Pixabay

...
Die bridegroom het teen dié se tyd al om die kar gehol gekom om vir haar vir sy eie elmboog te kom claim. Dit was altoos mos die pa by die kerk en die bridegroom by die reception. Sy's mos nou syne en die wedding bands was aan die ringvingers, so nou he could prove it!
...

Die Blue Room van die Drostdy Hotel was destyds in my voorgroottyd baie popular, maar ’n bietjie behind size en was meesal mainly vir birthdays ennie such like. Of sometimes ôk weddings, but dan moes dit klein en very romantic wees. Niks té groot. Eerder iets soos oues van dae se second time around, of soos van daai wat true gesweer het voor die magistrate. Dit was sommer naby mos, oorkant die straat, en innie dag was dit lekker koel oppie verandah agter die hibiscus laning. Jy kon so tussendeur afkyk in Pastoriestraat na die Reinet House.

Die Sermans se kos was altoos baie lekker, maar hulle was mos Jode, so “die servings was sometimes maar bietjie aan die skrapse kant,” het party gesê. “Jy verstaan, is mos da’m ’n celebration! So, móét genog wees!” Al vyf servings: sop, vis, twee soorte vleis, poeding en cheese and coffee. Almal die courses met hulle eie messegoed. En gestyfde damasktafeldoeke en serviettes. Tommy Ferreira sal weer moet skuins staan vir vars vis van die Baai af en Taffie sal weer van die jongste hamels moet uitslag.

Stretch Court was net agter die hotel en Arthur, die waiter, het die propperste kokke van daar loop uitvry en onder die duim gehad.

En dan was daar die town hall. Die Queen Victoria Hall van Graaffernet was so extra past being very big. Just om te laat voel dis ’n wedding het baie gevat! Just to helder it up a bit even. Dit sal té veel vannie crinkle papiergoed, wishbones, wat silwer gepaint was met strikkies aan, balloons en blomme altogether vat to make it pretty and look like a wedding. Maar meeste vannie grênd mense, dis nou die very posh en highfalutin, het hul weddings daar gehou.

En Mr Snyman, die caretaker, moes agter die boom nes ’n houtsoldaat wagstaan, hands behind the back, om die agterste deur vannie gehuurde limousine mouter van Marius Strydom oop te maak. Die bride kon dan met swirls, twirls en curls, en vol smiles en baie importance, uit die kar sukkel met al haar guipure lace en veils en yslike bouquet. En die glittering tiara oppie kop nog! Nes Marsha Arseniva, die ballet teacher, vir die meisies geleer het, word daai toon in die grand satin shoes gepoint voor sy trap oppie sidewalk.

Ja, can you believe it! Graaffernet het toe mos al sementblokke vir pavements gehad by al die important uitstaanplekke. Grênd jong, baie grênd gewees.

Die bridegroom het teen dié se tyd al om die kar gehol gekom om vir haar vir sy eie elmboog te kom claim. Dit was altoos mos die pa by die kerk en die bridegroom by die reception. Sy's mos nou syne en die wedding bands was aan die ringvingers, so nou he could prove it!

Nou ja, van dan aan het daai gepronk teen die trappe op beginne move. Die lang sleep nes ’n wye besem al oor die trappe!

Die guests was almal binne met hulle nekke krom gedraai om te kyk wanneer kom die bruid dan.

Die bride ennie groom stamp al dye van excitement by die entrance met die toe deure! Hulle moes wag tot die “Here comes the bride” wedding march beginte speel, dan al kopknikkend, left and right, beginte march, af na die bruidstafel toe. Klompe cheers, hande geklap en whistles all over, als so tussendeur “Here comes the bride”.

...
En in die side saal se kombuis swoeg al wat ’n boervrou is, dié wat nie ge-invite was nie, om die grêndste kosse onder die son te maak. Almal papnat gesweet! Hande afdroog aan die voorskooie en ’n afdroogdoek oor die skouer voor al daai kospotte.
...

En in die side saal se kombuis swoeg al wat ’n boervrou is, dié wat nie ge-invite was nie, om die grêndste kosse onder die son te maak. Almal papnat gesweet! Hande afdroog aan die voorskooie en ’n afdroogdoek oor die skouer voor al daai kospotte. Dis g’n joke om soveel kos te maak nie hoor! Mens kan gedink het hulle is van lotjie getik to even try it.

Maar kyk: Die wedding receptions van Robbie Berger se Roberta Hall was van ’n annerste water; amper altyd plein die lekkerste. Niks van daai ekstra grêndgeid nie! Plain down to earth and propperste, g’n behind your class gewees nie. Boeretroues!

Mens moes mos park onder die dennebome innie doodloopstofstraatjie tussen die hall en die tennis courts.

Partymaals het Hendrik Kirsten en Hester Sullivan-hulle nog tennis gespeel. Depends of hulle ge-invite was wedding toe of nie, maar anyway, hulle het ringside seats gehad om die bruid te sien as sy haar arrival maak!

Maar daar was ok baie parking op Market Square vóór die Graaff-Reinet Hotel, van onder by die Urquhart House tot by die Plaza bioscope. Die parking in die stofstraat was mos maar mainly vir family met fikse nekke en wat kon reverse, dis nou as hul bietjie onder die prop gekuier het.

Intussen arrive die eerste gaste. Partymaals nooit eers kerk toe gegaan nie, want hulle wil beste seats kry naby die hooftafel en die wedding cake. Dalk kom hul op die kiekies, vir die wedding album!

Jan Genade moes sommer so gebukkend, koes-koes tussen die mense, die bridal entourage snap. Arme mens. Sonder sy baadjie hoor!

Mammie het ons verbied om vooruit te hardloop en seats te boek, want sy't gesê dis om jou ongeletterd te hou. Dis common – ons moes agter haar of Ouma loop.

Oupa het sulke tyd mos kort-kort vasgeval met mense wat wil gechat het.

Die bruid, haar ma en Martha Berger het lank tevore die eetgoed bespreek en georder, Mrs Redelinghuis se flower arrangements ok. Pappa must pay.

Maar met die drinks was dit back to front en die groom, of sy pa, moes dít betaal.

Robbie Berger, eienaar vannie Graaff-Reinet Hotel wat die Roberta Hall gehad het, was aanmekaar met waiters en sy groot bos sleutels aan die hardloop, bleskop onderstebo en ’n ernstige smile, om te sorg die bar is opgestock van alles en daar's genog ys.

Dit was als innie background. Die plase slaap vanaand weer alleen.

Die tafels was almal gedress in die colour scheme van die bruid en die strooimeisies. Mostly red those days. Al het mense altyd gepraat van dis ’n white wedding. Daai voor die magistraat was off-white weddings.

Die stomme Mrs Redelinghuis moes ok sorg vir die blomme arrangements op allie tafels.

Dit was gewoonte in my se tyd om ’n groot bord opgestapelde soutgoed en ’n groot bord opgestapelde soetgoed, albei geline met paper doilies, vir elke tafel te hê. Alle soorte goed, hoor! Vol rainbow sandwiches here and there to helder it up some. Depends, of course, on die size van die tafel – six, eight or ten seats? Dan was daar meer sulke borde. En tussen-in als bakkies vol peanuts, gekerfde biltong, droëwors en sulke eetgoed.

...
Orals op die tafel lê trimmings soos silver wishbones met strikkies aan (dit moes pinkie teen pinkie getrek word en you make a wish) tussen konfetti.
...

Orals op die tafel lê trimmings soos silver wishbones met strikkies aan (dit moes pinkie teen pinkie getrek word en you make a wish) tussen konfetti. Én daar was stukkies mementotroukoek, with marzipan en icing, als toegeplak in cellophane met cellotape and a little card met die bruidspaar se name, troudatum en “baie dankie thank you” op geprint, so tussen glitter en konfetti in die colours vannie strooimeisies se grênd rokke –  dié moes mens onder jou kopkussing sit vir sweet dreams daai aand van wie jy eendag mee gaan trou!

En nog side plates met gekleurde servette en champagne glasses ... als so opgestapel en oh so grand, my dear!

En êrens in ’n hoekie, naby die seremoniemeester se microphone, is ’n band aan die intune vir boerepolkas en walse. Daar gaan gedans ook word, maar agterkant van die troukoek wat latertyd nog gesny moet word.

En dan was dit die groot arrival vannie newly weds en die bridesmaids en hulle ouers en die wedding march en handeklap en gefluit! Met Jan Genade, agterstevoor, voor aan die tou besig met sy snaps.

Eindelik kon almal weer sit na die bruid gesit het.

En dominees was ok daar om te bid voor iemand iets mag eet of drink. G’n ongeletterdgeid nie, propperste very prim en propper.

En dan het die party losgetrek, hoor! So tussen speeches, gelag en gesels van die mense, musiek, geëet en gedrink, kinders wat skree of rondhardloop met balloons wat eens versier het, glase wat klink, of iets wat breek, Martha of Robbie wat orders blêr vir die waiters bo die lawaai.

But let me tell you, kyk, van reuke en klanke van alle kleure ... Verbeel jou nou die merry mixture van 200 mense se perfumes en aftershaves, die benoudheid van asems en liggame wat so vinnig en excited dans, alle soorte drank van wyn en verdwyn, kosse (mainly hardgekookte eiers mind you), twak van pype en cigarettes, al die blomme en boonop nog die hitte van Graaffernet se high summer. You can draw your own conclusions. Mens het maar kort-kort ’n draaitjie geloop by die stofstraat buite. Net om jou verstand bietjie lug te gee.

En die bridal bouquet moes nog gegooi word ok. Die ding van die garter het eers later jare gekom. Dis net ongetroudes wat moes mag vang, g’n niks getroude vrou nie! Sy moes nie vir haar van lotjie getik hou nie! Net unmarried ladies as die bruid agterstevoor die bouquet oor haar skouer gooi tussen die meisies in.

Daar was altyd gelag en gecelebrate dat die lucky een wat hom vang, is die next bride.

Die straatligte het al muggies getrek teen die tyd dat van die eerstes vertrek huis toe, maar binne in die Roberta Hall het die aand vir die jongklomp nou eers aangebreek. Robbie Berger moes maar nog bier by die hotel se koelkaste loop haal met sy bos sleutels en spul waiters op ’n streep agterna!

Die oues van dae beginte al karre toe stroll – die aand gaan darem té lank word vir hulle.

Dis sulke tyd wat die kwaaijongens die spul leë bierblikkies in lang toue agter die troukar vasgemaak het en balloons aan die kar se aerial. Pranks galore gewees. En oralsteroor was met shoeshine oppie ruite en windscreens gepaint: JUST MARRIED, PAS GETROUD.

Nou toe, gaan hou nou very romantic, diep-kyk-in-lovey-se-oë honeymoon in so ’n affêringte! I ask you!

Graaffernet se straatligte was al afgesit teen die tyd wat die laaste lawaaimakers huiswaarts keer.

  • 9

Kommentaar

  • Ek het in my geeste se oog die bruilof belewe. Ek was ook al op bruilofte van formaat. Daar is ook die bruilofte wat wroegings was om by te woon. Wou dan die present wat ek gebring het gaan terug steel, maar is berispe. Gaan eerder na 'n lekker begrafnis toe as 'n dooierige bruilof.

  • Rory Sullivan

    Het dit baie geniet, Elise. Weereens mooi. Troues het absoluut net so plaasgevind. Kan onthou hou ons as kinders om die motors gespeel het. Die lekkerste dae nog omdat alles so eenvoudig was.

  • Petrie Burger

    Dankie, Elize. Onthou so goed, veral die Kirsten-en-Abie Malan-troue, waar jy heerlik gewals het. Ek het nie geweet hoe nie. Was Arthur van Drostdy ook die man wat Sondae die klavier gespeel het?

  • Ek voel of ek op daai troue was. Jy het die vermoë om die leser soos een van die karakters te laat voel.

  • Ansie Malherbe

    Elise, jy skryf so goed. Dit voel asof jy in prentjies skryf, want ek het nou weer vele sulke troues in my geestesoog beleef. Dankie dat jy ons kosbare Graaff-Reinet se geskiedenis lewendig hou!

  • Christo Viljoen

    Wonderlike herinneringe aan mense en plekke wat ek persoonlik geken het. Dit is die Graaff-Reinet wat was, beskryf in korrekte Graaff-Reinettaans.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top