Portale
Piet van Rooyen (1953–)
2021-03-23"Die essensie van skryf is die eenwording van die skrywer met sy karakters en lesers, daar waar hy homself verloor in die ritme van die dans waarmee hy hom in die geselskap van ander besig hou."
Persverklaring: Winterskool, met skryfkompetisie vir opkomende skrywers
2021-03-19Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied op drie opeenvolgende Saterdae in Junie 2021 (5, 12 en 19 Junie) ’n aanlyn-Winterskool vir opkomende skrywers aan.
Harry Kalmer se In ’n land sonder voëls nou in Nederlands
2021-03-19Harry Kalmer, wat in Julie 2019 oorlede is, se laaste roman, In ’n land sonder voëls, is nou in Nederlands vertaal en word op 25 Maart aanlyn bekendgestel. Melt Myburgh het met mense wat by Harry en die vertaling van die boek betrokke was, gesels oor dié spesiale gebeurtenis.
Persvrystelling: Ope brief aan die US-senaat
2021-03-19"Hierdie senaatsbesluit het historiese implikasies. Hoor ons. Dit voel asof julle dit tot nou toe nie gedoen het nie."
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2021
2021-03-11Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Uitnodiging: Virtuele bekendstelling van Davy Samaai, kampioen van die Struggle deur Michael le Cordeur
2021-03-10Naledi, die Stigting vir Bemagting deur Afrikaans en Universiteit Stellenbosch nooi jou hartlik uit na hierdie bekendstelling op die 12de Maart 2021. Hier is nog besonderhede.
Persverklaring: Alle nuwe kursusse aan die US word binnekort dalk net in Engels aangebied
2021-03-09Volgens ’n voorstel van die Komitee vir Leer en Onderwys word die senaat om toestemming gevra vir afwyking van die fakulteite se taalimplementeringsplanne af te wyk om sodoende nuwe lesingsmateriaal slegs in Engels te kan aanbied.
Persvrystelling: Verbod van Afrikaans by Stellenbosch-koshuise
2021-03-09Die afdwing van die koloniale taal in die opvoedkunde en die gepaardgaande verbod op die inheemse tale, is natuurlik ’n ou en gediskrediteerde koloniale praktyk wat geweldige taalkundige en kulturele skade verrig het.
Persverklaring: Aanlyn dramakompetisie vir jong akteurs
2021-03-05Is jy ’n leerder met ’n droom om eendag die verhoog jou loopbaan te maak? Skryf dan in vir die unieke aanlyn dramakompetisie, en speel jou hart uit teen ander leerders wat jou liefde vir die kunste deel.
Jodi Jantjies stel ’n mini-album bekend met ATKV-Crescendo
2021-03-02"Crescendo het my aan die hand gevat en my toegelaat om myself te ervaar. Ek het myself gevind en so ook my selfvertroue voor ’n gehoor. Ja, vreemd genoeg, voor ’n gehoor vol ménse."
Moedertaal: bemagtig of bemoeilik?
2021-03-02"Hieroor is daar geen twyfel nie: die moedertaal is ’n vlymskerp instrument in die ontwikkelingsarsenaal van die kind. Hiermee kan die uitdagende oerwoude van die lewe makliker oopgekap word."
Persverklaring: Taalmonument verwelkom nuwe raad | Taalmonument welcomes new council
2021-02-22Die nege lede, waarvan drie op die vorige raad gedien het, verteenwoordig ’n breë spektrum van kulturele, linguistieke, regs- en finansiële kundigheid wat met vrug tot voordeel van die instelling aangewend sal word.
Persvrystelling: Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans vier Internasionale Moedertaaldag met idiome
2021-02-21Ter viering van Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie word 3 000 eksemplare van die boek, aangevul met gepaste aktiwiteite wat leerders sal lei om met die verskillende tale se idiome kennis te maak, onder hoërskoolleerders van geselekteerde skole in die Kaap Metro versprei.
NP Van Wyk Louw (1906–1970)
2021-02-16"Alleen dit: die kind swyg miskien, die skrywer kan nie swyg nie, juis omdat hy skrywer is. Hy kan saam lag, saam huil, hy kan kritiseer, selfs striem; saam juig en saam treur." Lees meer oor NP Van Wyk Louw se lewe en werk.
Persvrystelling: Taalmonument vereer skrywers van nuwe Arabies-Afrikaanse werke | Taalmonument honours writers of new Arabic-Afrikaans works
2021-02-12Ter ere van Arabies-Afrikaans se bydrae tot die wording van Afrikaans, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) verheug om die top-twaalf-inskrywings van die instelling se jongste skryfkompetisie uit te stal.
Mediaverklaring: ATKV-tak PEAAT vier sewe dekades op die planke
2021-02-10"ATKV-tak PEAAT bied al vir 70 jaar ’n platform vir amateurtoneelspelers waar hulle, hulle passie vir teater kan uitleef."
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2021
2021-02-09Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Mediavrystelling: Só kan jy opsaal vir Afrikaans digitaal
2021-02-08Hierdie gewilde AWS-opleiding maak deel uit van VivA se Teksredaksieportaal, wat spesifiek geskep is om in die behoeftes van taalwerkers soos vertalers, teksredakteurs, skrywers, onderwysers, predikante, ensovoorts te voorsien.
Persvrystelling: Laat jou gedig die lig sien | Bring your poems to light
2021-02-05Vir diegene wat dalk soms ’n bietjie dig voel as hulle pen op papier of vinger op sleutelbord plaas om ’n gedig op te tower, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) weereens ’n poëtiese oplossing: ’n virtuele werkswinkel met die geliefde digkunskenner Bernard Odendaal op Dinsdag 30 Maart 2021.
Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans wag aansoeke in vir maand se skrywersverblyf
2021-01-29Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans nooi vanjaar weer alle opbetaalde lede van PEN Afrikaans uit om aansoek te doen vir die verblyfsprogram wat in die Stigting se Paulet Huis op Somerset-Oos in die Oos-Kaap aangebied word.
