ATKV is dáár vir jou. Woes lekker. Duidelik.

  • 0

Die ATKV is ’n diverse en inklusiewe kultuurtuiste vir alle Afrikaanssprekendes, ongeag hóé jou Afrikaans klink.

Die ATKV span vier “lekker” landgenote in om sy nuwe veldtog vlytig aan die volk oor te dra. Met die tema “Belê in jouself, belê in die toekoms” en die hutsmerk #weesdieverskil wil die organisasie sy strewe daarna om in Afrikaans ’n verskil te maak wyd laat weerklink.

Terence Bridgett, Cindy Swanepoel, Germandt Geldenhuys en Lundi Khoisan het geen bekendstelling nodig nie. Elkeen is geliefd in eie reg vanweë die vernuftige uitstal van hul veelsydigheid – of dit nou op die verhoog, op die kassie, voor die kameras of agter die mikrofoon is.

“Suid-Afrikaners word gedaag om vanjaar in hul eie menswees te belê en die wêreld om hulle ten goede te verander,” sê Sonél Brits, besturende direkteur van ATKV-MSW.

Mahatma Gandhi het gesê: “Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien.”

Waar begin ’n mens om die wêreld te verander? Dis maklik, begin by jouself. Een klein verandering in jou binnewêreld kan ’n rimpeleffek hê wat kan uitkring na jou gesin, jou familie, die gemeenskap, jou dorp en land en selfs die wêreld.

Sonél sê voorts:

In 2021 wil die ATKV hierdie manier van “wees” uitdaag deur Suid-Afrikaners aan te moedig om met die hulp van die ATKV in hul menswees te belê.

Wanneer jy jouself ontwikkel en groei, word jy ’n volronde mens. ’n Mens wat dan danksy nuwe vaardighede en kennis ’n verskil kan gaan maak. Die ATKV het in elke fase van jou lewe ’n ontwikkelingsgeleentheid vir jou en die mense naaste aan jou.

Ons is baie opgewonde oor die nuwe bemarkingsveldtog en hoop dat Suid-Afrikaans dit sal geniet en dat dit hulle ook sal inspireer om by die ATKV betrokke te raak.

ONTHOU: As jy jou tussen 14 Junie en 14 Augustus by die ATKV aansluit, staan jy ’n kans om R10 000 of een van twee lewenslange ATKV-lidmaatskappe te wen. WhatsApp #weesdieverskil na 082 654 7577 as jy belangstel om deel van die ATKV-familie te word. Bepalings en voorwaardes geld.

#weesdieverskil

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top