Portale
Christoffel Coetzee (1945–1999)
2020-11-09"Elke politieke e-pos skep sy eie geskiedenis en dit vind ek fassinerend."
Persverklaring: Jan H Maraisprys – Voorstelle vir 2021 word ingewag
2020-11-09Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Maraisprys vir 2021. Die doel van die Prys is om erkenning te gee vir ’n uitstaande lewenslange bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Nominasies sluit op 31 Januarie 2021.
Persverklaring: Afrikaanse Taalraad se nxa! nuwe direksie fokus op taaldiversiteit en inklusiwiteit
2020-10-30"Die voortbestaan van Afrikaans gaan afhang van hoe daar omgegaan word met die taal en of die diversiteit en tongvalle erken word. Diversiteit is ’n enorme bate. ’n Lewenslyn vir Afrikaans. Ons moet dit gebruik om die ryk kultuurerfenis van Afrikaans te vier en dit van negatiewe assosiasies te bevry."
Jeanne Goosen (1938–2020)
2020-10-28“Om te skryf is soos om te droom terwyl jy wakker is. Dis soos om te toor.”
ATKV-Woordveertjies vir prosa, niefiksie en spanningslektuur
2020-10-23Die ATKV-Woordveertjies vir prosa, niefiksie en spanningslektuur is bekendgemaak.
ATKV-Woordveertjies vir poësie, dramatekste en woordeboeke
2020-10-22Die ATKV-Woordveertjies vir poësie, dramatekste en woordeboeke is pas bekend gemaak.
Skrywers van LitNet Akademies-artikels ontvang gesogte toekennings
2020-10-21Johann Beukes en Rinda Botha het ATKV-SA Akademiepryse ontvang vir geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans wat in LitNet Akademies verskyn het.
MM Walters (1929–2020)
2020-10-21"Soos met die satire is die politiek altyd tydgebonde. Maar wat nié is nie, is die mens en sy angste en sy vrese." MM Walters se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
ATKV-Woordveertjies vir liefdesverhale en romanses
2020-10-21Die wenners van ATKV-Woordveertjies in die kategorieë liefdesromans en romanses is vanoggend bekend gemaak.
ATKV-Woordveertjies 2020: Toekenning vir Leesbevordering
2020-10-20"Die Toekenning vir Leesbevordering gaan vanjaar aan die Uyavula Lees- en Skryfprojek. Die projek bedien kleuters tot 13-jarige kinders in Macassar, Chris Nissen Park en Onverwacht (wat die gemeenskappe van Nomzamo, Zola en Lwandle bedien) deur middel van leesklubs en voorleesgeleenthede in Grondslagfase-klasse of vir individuele kinders. Tydens 2019 het 119 vrywilligers ongeveer 2 093 kinders bereik in vyf skole, 52 klasse en vier leesklubs."
ATKV-Woordveertjiewenners 2020: Kinderboekafdeling
2020-10-20Die ATKV-Woordveertjiewenners vir 2020 in die kinderboekafdeling is pas bekendgemaak.
Uitnodiging: 49ste JBM Hertzog-gedenklesing
2020-10-15Jy word uitgenooi na die 49ste JBM Hertzog-gedenklesing wat op 21 Oktober om 18:00 gratis op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Facebook-bladsy aangebied word. Fransjohan Pretorius is vanjaar die spreker.
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2020
2020-10-09Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Virtuele boekbekendstelling: Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius
2020-10-07Jy word hartlik uitgenooi na die virtuele boekbekendstelling van Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius op 13 Oktober 2020 om 18:00.
Johan Myburg (1957–)
2020-10-07“Vir poësie is digters nodig. Vir poësie is lesers nodig. Lesers wat poësie lewend wil hou.”
Persvrystelling: Kan djy Afrikaans toelies in Arabies of Jawi?
2020-10-06As deel van die viering van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste verjaardag, loods hulle ’n gratis kompetisie waarin R10 000 op die spel is vir enigiemand wat enige kort Afrikaanse teks in Arabiese of Jawiese (Arabies soos aangepas om spesifieke Afrikaanse klanke weer te gee) skrif translitereer.
Persverklaring: WAT se handelsnaamkompetisie
2020-09-25Die WAT hou ’n kompetisie vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam en inskrywings sluit op 30 September. Eienaars van ondernemings of produkte met Afrikaanse name word genooi om in te skryf.
Afrikaans: Taal van my voorouers, my familietaal!
2020-09-25"Ons huidige regering het 25 jaar later nog geen daadwerklike poging aangewend om ons Afrikatale te ontwikkel nie. Dis dan juis die rede waarom derduisende leerders onderrig in ’n tweede of soms derde taal ontvang."
Persverklaring: Die ATKV groet ’n groot gees
2020-09-25Die afgelope 12 jaar het Danny Titus hom beywer vir taal en kultuur. Saam met die ATKV het hy Afrikaans toegankliker en inklusiewer gemaak en daarvoor sal hy onthou word.
Persverklaring: Seminaar – NP Van Wyk Louw 50 jaar na sy dood
2020-09-23Jy word hiermee hartlik uitgenooi om ’n seminaar oor NP Van Wyk Louw by te woon wat op 7 Oktober van 12:30 tot 16:45 op die Akademie se Facebook-blad gebeeldsend sal word.
