Portale
Die volkspeler agter die Taalgenoot se sukses
2021-01-27"Dis maklik om te skok, maar dis moeiliker om in te lig sonder om te skok."
Mediaverklaring: Taalgenoot nou vir ’n ieder en ’n elk
2021-01-22Taalgenoot bied soveel meer as die tradisionele nistydskrif: boeiende, interessante stories en artikels oor die Afrikaanse taal, kultuur en leefstyl, asook ’n in-diepte kyk na die werk van die ATKV.
Kennisgewing: Geskiedenissimposium, 29 Januarie 2021
2021-01-22Alle belangstellendes word uitgenooi na die Geskiedeniskommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se simposium op Vrydag 29 Januarie 2021 wat virtueel aangebied gaan word. Vanjaar se tema is: "Kommunisme in Suid-Afrika: Verlede, verloop, vandag, 1921–2021". Bywoning is gratis.
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2020
2021-01-20Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Ina Rousseau (1926–2005)
2021-01-14"Daar moenie vir my voorgesê word wat ek moet lees en nie moet lees nie, nes daar nie vir my voorgesê moet word wat ek moet eet en nie moet eet nie. Nes eet behoort lees te alle tye ’n aktiwiteit van genieting te wees wat met vreugde beoefen word." Lees oor Ina Rousseau se lewe en werk.
SA Akademiepryse 2021: Herinnering – nominasies ingewag
2021-01-14Belangstellendes word hiermee herinner aan die sluitingsdatum vir nominasies vir die 2021-Akademiepryse op 31 Januarie 2021.
JC Kannemeyer (1939–2011)
2021-01-04"Afrikaans beleef ’n tydelike terugslag. Ons kry seer. Ons sal seker nog seerder kry. Maar daar is in dié taal soveel geestelike energie werksaam, dis nie deur politici of ’n regering afskryfbaar nie. Daar moet ’n kentering kom." Lees oor JC Kannemeyer se lewe en werk.
Audrey Blignault (1916–2008)
2020-12-22"Vandat ek kan onthou, het die woord my bekoor. Ek wou altyd skryf. Ek het nie gedink hoe ek wou skryf nie. Ek het geweet: ek wil vertel. Ek wil sê hoe dit is."
Mediavrystelling: Taalmonument bied opleiding oor boekherstel en -bindery aan
2020-12-14Wentzel, ’n gekwalifiseerde meesterboekbinder met meer as 45 jaar se ondervinding, bied ’n inleidende kursus oor die herstel van ou hardebandboeke van 24 tot 26 Februarie 2021 aan en van 29 tot 31 Maart 2021 bied hy ook ’n gevorderde kursus by die ATM aan.
Persvrystelling: Merlyn van der Rheede op US se konvokasie aangestel
2020-12-11Die Afrikaanse Taalraad verwelkom die aanstelling van Merlyn van der Rheede (projekbestuurder van die Taalraad) as addisionele lid van die uitvoerende komitee van die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch.
Mediaverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds maak vertalings van Ronelda S. Kamfer, Dalene Matthee en Ingrid Winterbach moontlik
2020-12-11PEN Afrikaans kondig met trots aan: ’n Arabiese vertaling van Fiela se kind deur Dalene Matthee, ’n Nederlandse vertaling van Chinatown deur Ronelda S. Kamfer en ’n Nederlandse vertaling van Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach.
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2020
2020-12-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Tuan Guru en die aartappelboer – oor Afrikaans en versoening
2020-12-03"Dit is ’n verhaal wat reeds 200 jaar bestaan. In die verhaal hoor ek die versugting van onderdrukte mense wat ’n voorspraakmaker en beskermer in Tuan Guru sien. Iemand wat bereid is om op te staan teen afjakkery, die kleinboetie van sosiale en politieke verdrukking."
Uitnodiging: Klinkklaar – virtuele huiskonsert
2020-12-03Jy word uitgenooi na ’n virtuele huiskonsert waartydens 21 toonsettings van gedigte oor afsondering uitgevoer sal word. Die konserte word gratis op 4 en 11 Desember om 18:00 op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Facebook-blad uitgesaai.
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met wenner Nichola Viviers
2020-12-02"Alhoewel die virusregulasies leë teaters tot gevolg gehad het, het dit beslis die idee wat ons van teater het en kan hê, vir ewig en totaal verander. Omstandighede het kreatiewe skeppers forseer om nuwe maniere van kuns maak te skep en DigiToneel is maar net een klein voorbeeld van hierdie uiters voordelige aanpassings."
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met naaswenner Jeanne-Marié Koekemoer
2020-12-02"Dit is ongelooflik om te sien hoe mense aanhou aanpas en vervorm binne hul gegewe omstandighede en ek dink dis vreeslik nodig om aan te hou beweeg, te verander en groei en dan met dinge soos digitale vertonings dit wel regkry en wel iewers kom."
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met derdepryswenner Merwe van Gent
2020-12-02"Teater is vir my net so noodsaaklik soos water. Daarsonder sal die samelewing inmekaar tuimel."
Swart Vrydag- en Kubermaandag-winskopies by die WAT
2020-11-27Borg twee woorde vir die prys van een. Kyk watter winskopies kan jy nog vandag en op Maandag by die WAT raakloop.
Christine Barkhuizen-le Roux (1959–2020)
2020-11-26“Ek hou daarvan dat elke woord in digkuns soveel gewig dra. ’n Mens moet letterlik oor elke woord dink en besluit of dit sy plekkie in die gedig werd is.” Christine Barkhuizen-le Roux se profiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou bygewerk.
Bekendstelling van Randfigure – Stemme van toe tot nou
2020-11-26Vroeg in Desember 2020 vind die bekendstelling van die bundel Randfigure – Stemme van toe tot nou by vier geleenthede plaas. Hier is nog inligting oor die bekendstellings in Bloemfontein, Wellington, Stellenbosch en Pretoria.
