Portale
PEN Afrikaans Nuusbrief: Februarie 2019
2019-02-14Oor: jaarplan 2019; resensiekursus en slypskool by die US Woordfees; Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg: volgende stappe en ’n simposium; Naas Steenkamp (1933 - 2018); ’n nuwe artikelreeks, spesiale aanbod: PharosAanlyn; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Januarie; nuwe Afrikaanse boeke in Januarie en Februarie.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2019
2019-02-13Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Peet Venter (1940–)
2019-02-07“Die misdaadroman leen hom by uitstek tot vinnige, volgehoue aksie en spanning. ’n Mens moet jou storie ken om dit reg te kry. Jy moet jou leser binne die eerste sin of twee vasvang, en nie weer laat los tot die einde nie.” Peet Venter se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Persverklaring: Tito se twiet oor Tukkies is in die kol
2019-01-28"Die Afrikaanse Taalraad (ATR) verwelkom die minister van finansies, Tito Mboweni, se Twitterkommentaar oor die afskaffing van Afrikaans by die Universiteit van Pretoria. Die Taalraad veroordeel insgelyks die uitrangering van Afrikaans as onderrigtaal aan die UP, want in effek lui dit die doodsklok vir alle ander Suid-Afrikaanse tale om tot onderrigtaalstatus uitgebou te word."
François Bloemhof (1962–)
2019-01-24"As skrywer is ek hier om stories te vertel, om mense ’n paar uur uit hul voorspelbare lewe te ontvoer. As mens is ek hopelik hier om ander mense elke nou en dan ’n bietjie beter te laat voel." François Bloemhof se profiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum in nou bygewerk.
Herdenking van ’n lewe: Naas Steenkamp (1933–2018)
2019-01-21Jy word uitgenooi na ’n geleentheid ter herdenking van die lewe van Naas Steenkamp (1933–2018), ’n stigterslid van PEN Afrikaans, op 4 Februarie 2019.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2018
2019-01-18Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Dana Snyman (1963–)
2019-01-10“Stories is soos brood vir die hart. ’n Mens het stories nodig soos jy water nodig het – as jy ’n betekenisvolle lewe wil lei. Stories is groter as mense.” Dana Snyman se skrywersprofiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
ATKV-Mediaveertjies 2019: skryf nou in!
2019-01-03Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2019 ATKV-Mediaveertjies is Vrydag 1 Februarie 2019. Hier is nog inligting.
PEN Afrikaans bring hulde aan Naas Steenkamp
2018-12-22PEN Afrikaans het met hartseer verneem dat Naas Steenkamp, een van ons stigterslede, gisteroggend oorlede is. Naas Steenkamp was saam met John Miles, Fanie Olivier en Kerneels Breytenbach die dryfkrag agter die stigting van PEN Afrikaans in 2012.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Desember 2018
2018-12-17Oor: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds meeste vertalings nog; die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg is deur die Nasionale Vergadering aanvaar; ’n artikel oor Izak de Vries; leesstof uit Taalgenoot se Lente 2018-uitgawe; staatspublikasie van skoolboeke, ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in November; nuwe Afrikaanse boeke in Desember.
ATKV-Rieldansfinaal 2018: Foto's en video's
2018-12-14"Rieldansers van reg oor die land het die afgelope naweek by die ATKV-Rieldansfinaal gedans dat die stof behoorlik staan. Vyf finalisgroepe het in elk van die drie kategorieë deelgeneem."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2018
2018-12-14Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Artikels en resensies uit Taalgenoot se Lente 2018-uitgawe
2018-12-13"Te danke aan die Taalgenoot-redaksie deel PEN Afrikaans graag die taal- en boekverwante inhoud uit dié kwartaallikse tydskrif se Lente 2018-uitgawe."
PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds meeste vertalings nog
2018-12-13Werk van Marlene van Niekerk, Breyten Breytenbach, Chris Barnard, Dan Sleigh en Lindie Koorts sal binnekort in vertaling beskikbaar wees.
Staatspublikasie van skoolboeke
2018-12-12"Die jongste DBO-publikasieplan kondig aan dat daar voortaan een kernhandboek per vak ontwikkel en gedigitiseer sal word om gratis aan skole te versprei. Uitgewershandboeke is afgegradeer na 'aanvullende materiaal' wat opsioneel vir skole sal wees."
Press release: Authors unite against Copyright Amendment Bill
2018-12-03"Authors have united in their call upon the South African legislature to refrain from adopting the Copyright Amendment Bill to be debated in the National Assembly this week."
South African authors protest against Copyright Amendment Bill
2018-11-29"Authors deserve better than what the legislature has given them in the Copyright Amendment Bill that is being railroaded through Parliament despite local and international opposition. As authors’ associations, we are calling on our members, as well as other authors and interested parties to spread the word about this bill and sign a petition against its adoption."
Rolspelers in die onderwys in gesprek: ’n Uiters suksesvolle nasionale beraad
2018-11-29"Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het op 9 en 10 November 2018 verskeie rolspelers in die onderwys genooi om te besin oor maniere om saam te werk en nie onnodig te dupliseer nie."