Portale
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2020
2020-09-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
André Trantraal gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-09-03"Kaaps is soes een van hai ancient cities wat hulle onnerie grond ytgrawe ná iemand ’n precious ou koppie by accident daa discover et. Ôs het nou ees begin grawe en gan nog lank vat voo ôs by die foundations ytkom."
#WysJouWoord-kompetisie: Kies jou wenner
2020-09-02Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se kompetisie vir leerders om hul gunstelingwoord visueel uit te beeld, was ’n groot sukses. Die kompetisie is aangebied in aansluiting by die viering van Afrikaanse Taaldag op 14 Augustus 2020. Leerders van 18 jaar en jonger het woorde deur foto’s, sketse, skilderye en tekeninge uitgebeeld.
Neville Alexander-prestige-eerbewyse: Oproep om benoemings
2020-08-28As deel van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste vieringe, nooi hierdie instelling die publiek om geskikte kandidate te benoem vir die vierde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter waarde van R20 000 elk.
Jeremeo Le Cordeur gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-08-27"Ek het die huis met skrywers van kleur gedeel en dit het ruimte gebied vir ingewikkelde gesprekke en die deel van verskeie perspektiewe. Die konfrontasie van perspektiewe was uitdagend, maar wel ’n uiters lonende prosedure."
Olivia Coetzee gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-08-21"Die proeses om ’n idee te groei tot in ’n volle storie is die lekkeste ding op die aarde. Die proeses roep ’n mens om jouself net oep te maak vi die storie om deu te kô, en al die editors in my kop te vra om ees stil te bly."
Persvrystelling: Lesing – Die Lintonpaneel
2020-08-20Die SA Akademie nooi u hartlik uit na die eerste lesing van reeks 2 van Alex Duffey se lesingreekse wat virtueel op Dinsdag 25 Augustus 2020 stiptelik om 18:00 gebeeldsend word.
Marita van der Vyver (1958–)
2020-08-20"As ek dan ’n verantwoordelikheid het teenoor Afrikaans, is dit om te bly skryf daarin."
Persvrystelling: #WysJouWoord vir Afrikaanse Taaldag – kompetisie se sluitingsdatum uitgestel
2020-08-19Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se kreatiewe #wysjouwoord-kompetisie se sluitingsdatum is uitgestel tot 21 Augustus. Alle leerders 18 jaar en jonger word uitgenooi om aan die kompetisie deel te neem.
Veels geluk, liewe ATKV!
2020-08-19Ná 90 jaar word die kernwaardes van die ATKV steeds met onverdunde ywer aktief en doelgerig gehandhaaf en tot uitvoer gebring in belang van sy lede en die breër gemeenskap.
Persvrystelling: VivA – Uitnodiging na PanSAT/VivA-werkwinkel oor VivA se portale
2020-08-18VivA se portale sluit onder andere die Taalonderrigportaal (geskep vir Afrikaansonderwysers) in. Bywoning is oop vir almal, maar voornemende deelnemers moet registreer by navraag@viva-afrikaans.org om hierdie gratis aanlyn werkwinkel op 20 Augustus 2020 by te woon.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Augustus 2020
2020-08-18Lees PEN Afrikaans se nuusbrief van Augustus 2020 hier.
Persvrystelling: Korona se spitsvondiges vir Taaldag bekroon
2020-08-18Die wenner Fawa Conradie en die twee naaswenners, Nikita Naudé en Karel Dampies, het saam R4 000 en jaarpermitte losgeslaan én hul gedigte sal saam met dié van die ander nege (vir eers virtueel) in die Groen Galery uitgestal word.
Persvrystelling: Neville Alexander-prestige-eerbewyse – Oproep om benoemings
2020-08-12As deel van die vieringe van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste bestaansjaar nooi hierdie instelling die publiek om geskikte kandidate te benoem vir die vierde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter waarde van R20 000 elk.
Persverklaring: Aksie van die burgerlike samelewing – Saam die toekoms in met Afrikaans
2020-08-11Vyf-en-veertig persone van regoor die land het ingeskakel by hierdie aanlyn seminaar met die tema: "Afrikaans as ’n waardevolle hulpbron – selfs al verengels die skole en universiteite".
WAT: #WysJouWoord vir Afrikaanse Taaldag
2020-08-05Moeg van by die huis rondsit terwyl die skole gesluit is? Raak kreatief in Afrikaans en illustreer jou gunstelingwoord.
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2020
2020-08-05Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Outomatiese spraak- en sleutelwoordherkenning in Afrikatale
2020-08-05"Om byvoorbeeld die vermoëns van die bekende wetenskapsfiksierekenaars soos HAL in die fliek 2001 Space Odyssey en Star Trek se Computer te ontwikkel, vereis ’n ingewikkelde kombinasie van prosesse soos spraakherkenning, natuurlike taalbegrip, liplees, natuurlike taalgenerering en spraaksintese."
SA Akademiepryse 2021: nominasies ingewag
2020-08-04Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vestig graag u aandag op die Akademiepryse wat in 2021 vir toekenning oorweeg word. Volledig gemotiveerde voorstelle vir enigeen van hierdie pryse word ingewag. Die sluitingsdatum is 31 Januarie 2021.
Die brug tussen taal, regte en tegnologie: Praktykgerigte tegnologie-oplossings vir taalhindernisse in die regsdomein
2020-07-28"Die vraag wat in toekomstige gesprekke oor die tegnologiese oplossings vir taalhindernisse in die regsdomein gevra moet word, is hoe baie regte die mees weerlose mense verbeur omdat hulle nie op enige vlak toegang tot wetgewing het nie en hoe tegnologie gebruik kan word om toegang te bevorder."
