Persvrystelling: Merlyn van der Rheede op US se konvokasie aangestel

  • 1

Merlyn van der Rheede (projekbestuurder van die Taalraad)

Die Afrikaanse Taalraad verwelkom die aanstelling van Merlyn van der Rheede (projekbestuurder van die Taalraad) as addisionele lid van die uitvoerende komitee van die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch.

Van der Rheede, wat haarself as onafhanklike lid van die komitee beskou, ondersteun Afrikaans en moedertaalonderrig onomwonde. Gelykberegtigde meertaligheid en die toegang van voorheen benadeelde Afrikaanssprekendes, veral van jong vroue, lê haar ook na aan die hart. 

Die Afrikaanse Taalraad wens Van der Rheede sterkte toe in dié rol en noem dat die toekoms van Afrikaans aan dié universiteit gekoppel is aan die suksesvolle implementering van meertalige praktyke, asook die sistematiese uitbou van Xhosa.

Ons hoop die nuwe uitvoerende komitee sal ook hieraan aandag skenk. 

Intussen hoor die Taalraad graag van studente of dosente wat met taalkwessies sukkel, ongeag hulle taalagtergrond ([email protected]).

Ons hoop enige gebreke van die huidige beleid kan met die hersiening daarvan reggestel word, iets wat oop en konstruktiewe gesprek tussen alle rolspelers sal vereis.   

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Mervin Wessels

    Geagte me Van Der Rhede
    Geluk met u aanstelling.
    Afrikaans as medium van onderrig by Stellenbosch Universiteit moet uitgebrei word.
    My ervaring as opvoeder aan Emil Weder in Genadendal toon dat matrikulante skugter is om vir tersiêre opvoeding in te skryf, want institusies van hoër opvoeding neig almal om Engels as onderrig taal te gebruik. Dalk moet die US satelietkampusse op die platteland instel wat hierdie student kan akkomodeer. Boland kollege het reeds hul kampus op Caledon gevestig, wat dan nou die alternatief is vir US, aangesien hulle vanaf Genadendal die college kan bywoon sonder om te loseer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top