Portale

Video: NP Van Wyk Louw-gedenklesing ‒ Jeremy Vearey (18 Junie 2020)

LitNet LitNetKanaal op YouTube 2020-06-18

Die NP Van Wyk Louw-gedenklesing wat op 18 Junie deur Jeremy Vearey gelewer is, kan hier gekyk word. Die web-lesing is geargiveer en kan enige tyd gekyk word.

Laurika Rauch as beskermvrou van die WAT op RSG se "Monitor"

LitNet Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2020-06-17

Anita Visser voer Vrydagoggend tussen 07:30 en 08:00 in "Monitor" op RSG ’n onderhoud met Laurika Rauch as beskermvrou van Borg ’n Woord. Luister gerus met watter grasie sy haar taak verrig.

ATKV-Postmatriek – "’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen"

Remona Voges, Lizette Odendaal ATKV-Portaal 2020-06-11

"ATKV-Postmatriek is ’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen terwyl hulle aan ’n indrukwekkende CV werk, tonne blootstelling aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite en loopbaanrigtings kry, ’n gestruktureerde emosionele-intelligensie-program deurgaan en selfvertroue en lewensvaardighede opbou."

Persverklaring: Taalmonument vier Jeugdag met virtuele konsert

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-06-09

Ter ere van Jeugdag 2020 bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Marco Mentoor Produksies ’n opwindende gratis aanlynkonsert wat opkomende Drakensteinsterre aan ’n wêreldwye gehoor sal bekendstel.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2020

LitNet PEN Afrikaans 2020-06-05

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

PEN Afrikaans: Die misdaadskrywer, die stopteken en hoe om mense se vakansies te ruïneer

Irma Venter PEN Afrikaans 2020-06-05

In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se artikelreeks "Die wêreld van die skrywer" vertel bekroonde spanningskrywer Irma Venter meer oor die rol van navorsing en aktuele kwessies in haar spanningsverhale. Hoe pak sy daardie deel van die skryfproses aan en hoe gaan sy te werk om navorsing met die storielyn te integreer?

Persverklaring: Koronahumor span die kroon

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-06-05

Wen! Met nuutskeppings soos "koeshoes", "grendelgriep" en "kwarantynwyn" asook die snaakse Afrikaanse meme en grappies wat soos ’n virus op sosiale media versprei, is dit duidelik dat daar geen tekort aan kreatiwiteit in hierdie tyd is nie. Daarom word almal uitgenooi om, as deel van die ATM se 45-jarige vieringe, hul penne te ontperk en iets snaaks, absurds of ironies op te tower.

NP Van Wyk Louw-lesing vanjaar op LitNet aangebied

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020-06-04

Die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en LitNet, nooi u vriendelik uit na die jaarlikse NP Van Wyk Louw-gedenklesing. Die lesing word vanjaar as ’n webinaar aangebied op die herdenking van Van Wyk Louw se 50ste sterfdatum, Donderdag 18 Junie 2020.

Etienne Leroux (1922–1989)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-06-04

"’n Skrywer is dikwels profeties en skryf oor probleme waarvan die gemeenskap op die oomblik nie bewus is nie – sekere tendense wat hy nou al in die kiem sien. Deur sy sensitiewe waarneming word hy gepla deur dinge wat vir ander onsigbaar is."

Uitnodiging: "Toekoms van Kaaps"-webinaar

LitNet Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2020-06-03

Die Afrikaanse Taalraad, LitNet en die Afrikaanse Taalmuseum bied op 16 Junie 2020 vanaf 10:00 tot 11:00 'n webinaar aan met die tema "Die toekoms van Kaaps". RSVP teen 11 Junie 2020.

Skrywersonderhoud: Johan Jack Smith oor die Eugène Marais-prys

Naomi Meyer, Remona Voges, Johan Jack Smith Skrywersonderhoude 2020-05-28

"Ek dink dis fantastiese motivering om weer, en beter, te skryf. Ek het gaan kyk na vorige skrywers, en het gedink: 'Bliksem, jy bevind jouself nou in goeie geselskap.'"

PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van romans deur Harry Kalmer en Jaco Jacobs

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2020-05-27

PEN Afrikaans kondig met trots die jongste suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds aan. Die PEN Afrikaans Vertaalfonds bestaan te danke aan die ruim ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys en ter wille van die bevordering van die Afrikaanse letterkunde in die buiteland.   

ATKV vereer joernalistieke uitnemendheid

LitNet ATKV-Portaal 2020-05-22

Die ATKV-Mediaveertjies, reeds vir meer as ’n dekade die mees vooraanstaande  Afrikaanse mediatoekenningsgeleentheid, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met ’n nuwe beoordelingsformaat asook die aanlyn bekendmaking van die wenners. 

Uitstelling van die Winterskool 2020 van die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit tot verdere kennisgewing

LitNet ATKV-Portaal 2020-05-21

Onsekerheid oor wanneer die gepaardgaande gesondheidsgevare sal gewyk het, asook of die Noordwes-Universiteit, gastehuise, lugrederye en ander instellings teen 1-5 Junie gewone bedrywighede hervat sal hê, noop die ATKV-Skryfskool om Winterskool 2020 (soos beplan vir die genoemde datums) uit te stel tot verdere kennisgewing.

ATKV-Mediaveertjies vanjaar aanlyn

LitNet ATKV-Portaal 2020-05-21

Die ATKV-Mediaveertjies vereer die blinkste sterre in die mediabedryf vir hul uitstekende werk en deursettingsvermoë. Vanjaar word die wenners in die luister-, lees- en kykkategorieë aanlyn bekend gemaak.

ATKV-Mediaveertjie-wenners: LUISTER-kategorie

LitNet ATKV-Portaal 2020-05-21

Die ATKV-Mediaveertjies, reeds vir meer as ’n dekade die mees vooraanstaande  Afrikaanse media-toekenningsgeleentheid, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met ’n nuwe beoordelingsformaat asook die aanlyn bekendmaking van die wenners.

Rita (JM) Gilfillan (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-05-21

"Ek skryf, want dis op ’n sekere manier ’n bevestiging van ’n eie identiteit."

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings vir 2020

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020-05-20

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns maak die gesogte Akademiebekronings vir 2020 bekend.

Persvrystelling: Taalmonument vier 45ste jaar met Bybel in Kaaps

Sybrandus Adema Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-05-18

"Ter ere van die feit dat Afrikaans – en eindelik ook die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) wat 45 jaar in 2020 vier – deels te danke is aan pogings om die Bybel in hierdie taal te vertaal, is die instelling verheug om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet saam te snoer om nuwe vertalings van die Bybel in Kaaps in die Groen Galery uit te stal."

PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2020

LitNet PEN Afrikaans 2020-05-15

Lees PEN Afrikaans se nuusbrief van Mei 2020 hier. 

Top