Persverklaring: Seminaar – NP Van Wyk Louw 50 jaar na sy dood

  • 0

Jy word hiermee hartlik uitgenooi om ’n seminaar oor NP Van Wyk Louw by te woon wat op 7 Oktober van 12:30 tot 16:45 op die Akademie se Facebook-blad gebeeldsend sal word. Die titel van die seminaar is "NP van Wyk Louw 50 jaar na sy dood"Sien ook die besonderhede hierby aangeheg.

Jy hoef nie ’n Facebookrekening te hê om dit by te woon nie. Gaan so te werk:

  • Maak die Akademie se Facebookblad op 7 Oktober om 12:30 oop.
  • As jy op die Facebookadres klik en dit maak nie oop nie, kan jy alternatiewelik die volledige adres kopieer en dit op Google se soekspasie plak om die Akademie se blad so oop te maak.
  • Klik op “Posts” links op die blad en wag op die seminaar wat ongeveer om 12:32 sal begin. Dit mag dalk nodig wees om effens af te rol op die bladsy en wanneer jy die seminaar vind. Klik dan net op die pyltjie links onder op die seminaar se skermpie om te begin kyk.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top