Persverklaring: SA Akademie wys nuwe voorsitter van die Akademieraad aan

  • 0

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë aan dat die spesialis en kliniese farmakoloog en internasionaal bekende geneesmiddelontwikkelaar, Oppel Greeff, pas aangewys is as die nuwe voorsitter van die Akademieraad vir 2020 tot 2023.

Ilse Feinauer, wat die Ton en Anet Vosloo-Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk by die Universiteit Stellenbosch beklee, waar sy Afrikaanse taalkunde en Vertaalteorie en -praktyk doseer, is verkies as die Akademieraad se ondervoorsitter. 

Lees hier onder oor die lede van die SA Akademieraad 2020–2023.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top