Portale
ATKV-Woordveertjies vir liefdesverhale en romanses
2020-10-21Die wenners van ATKV-Woordveertjies in die kategorieë liefdesromans en romanses is vanoggend bekend gemaak.
ATKV-Woordveertjies 2020: Toekenning vir Leesbevordering
2020-10-20"Die Toekenning vir Leesbevordering gaan vanjaar aan die Uyavula Lees- en Skryfprojek. Die projek bedien kleuters tot 13-jarige kinders in Macassar, Chris Nissen Park en Onverwacht (wat die gemeenskappe van Nomzamo, Zola en Lwandle bedien) deur middel van leesklubs en voorleesgeleenthede in Grondslagfase-klasse of vir individuele kinders. Tydens 2019 het 119 vrywilligers ongeveer 2 093 kinders bereik in vyf skole, 52 klasse en vier leesklubs."
ATKV-Woordveertjiewenners 2020: Kinderboekafdeling
2020-10-20Die ATKV-Woordveertjiewenners vir 2020 in die kinderboekafdeling is pas bekendgemaak.
Uitnodiging: 49ste JBM Hertzog-gedenklesing
2020-10-15Jy word uitgenooi na die 49ste JBM Hertzog-gedenklesing wat op 21 Oktober om 18:00 gratis op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Facebook-bladsy aangebied word. Fransjohan Pretorius is vanjaar die spreker.
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2020
2020-10-09Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Virtuele boekbekendstelling: Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius
2020-10-07Jy word hartlik uitgenooi na die virtuele boekbekendstelling van Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius op 13 Oktober 2020 om 18:00.
Johan Myburg (1957–)
2020-10-07“Vir poësie is digters nodig. Vir poësie is lesers nodig. Lesers wat poësie lewend wil hou.”
Persvrystelling: Kan djy Afrikaans toelies in Arabies of Jawi?
2020-10-06As deel van die viering van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste verjaardag, loods hulle ’n gratis kompetisie waarin R10 000 op die spel is vir enigiemand wat enige kort Afrikaanse teks in Arabiese of Jawiese (Arabies soos aangepas om spesifieke Afrikaanse klanke weer te gee) skrif translitereer.
Persverklaring: WAT se handelsnaamkompetisie
2020-09-25Die WAT hou ’n kompetisie vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam en inskrywings sluit op 30 September. Eienaars van ondernemings of produkte met Afrikaanse name word genooi om in te skryf.
Afrikaans: Taal van my voorouers, my familietaal!
2020-09-25"Ons huidige regering het 25 jaar later nog geen daadwerklike poging aangewend om ons Afrikatale te ontwikkel nie. Dis dan juis die rede waarom derduisende leerders onderrig in ’n tweede of soms derde taal ontvang."
Persverklaring: Die ATKV groet ’n groot gees
2020-09-25Die afgelope 12 jaar het Danny Titus hom beywer vir taal en kultuur. Saam met die ATKV het hy Afrikaans toegankliker en inklusiewer gemaak en daarvoor sal hy onthou word.
Persverklaring: Seminaar – NP Van Wyk Louw 50 jaar na sy dood
2020-09-23Jy word hiermee hartlik uitgenooi om ’n seminaar oor NP Van Wyk Louw by te woon wat op 7 Oktober van 12:30 tot 16:45 op die Akademie se Facebook-blad gebeeldsend sal word.
Persverklaring: SA Akademie wys nuwe voorsitter van die Akademieraad aan
2020-09-23Oppel Greeff en Ilse Feinauer is onderskeidelik as voorsitter en ondervoorsitter van die SA Akademieraad vir die tydperk 2020–2023 aangewys. Lees hier vir nog inligting oor die raadslede.
PEN Afrikaans Nuusbrief: September 2020
2020-09-17Lees PEN Afrikaans se nuusbrief van September 2020 hier.
Marlize Hobbs (1972–)
2020-09-16"Ek glo nie mens moet mors met woorde nie; as iets gesê is, het jy bestaansreg daaraan gegee en dit kan maak of breek."
ATKV-Woordveertjies 2020: Finaliste bekend
2020-09-15Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Wenners sal vanaf 19–23 Oktober op die ATKV se Facebookblad bekend gemaak word.
PEN Afrikaans: Om met ’n skalpel te skryf
2020-09-11Tertius Kapp, bekroonde draaiboekskrywer, vervaardiger en dramaturg, besin in hierdie artikel oor verwerkings van bestaande tekste vir die silwerdoek. Wat maak 'n verwerking geslaagd? Wat is die slaggate? Hierdie artikel vorm deel van PEN Afrikaans se reeks "Die wêreld van die skrywer".
Loftus Marais (1982–)
2020-09-10"Ek voel goed oor kontemporêre Afrikaanse poësie. Daar is soveel opwindende goed wat gebeur. Dit voel asof ek deel is van iets groots." Loftus Marais se ATKV LitNet-Skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Veronique Jephtas gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-09-10Die fokus van dié residensieprogram (aangebied in samewerking met PEN Afrikaans) is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.
Tweede oproep: 2020-Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe
2020-09-09Aansoeke vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se derde Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe sluit Maandag 14 September 2020.
