Taalmonument | Virtuele program vir Jeugdag | Virtual programme for Youth Day

  • 0
Drakenstein-kunstenaars sal jonges motiveer en vermaak

Ter ere van Jeugdag 2021 bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) ’n opwindende gratis program wat ter plaatse opgeneem en vanaf 16 Junie 2021 aanlyn beskikbaar sal wees vir ’n wêreldwye gehoor.

Gegewe die huidige uitdagings, is dit ’n geleentheid vir die instelling om hul bande met die gemeenskap te versterk asook musiekbeoefening en kulturele loopbane onder die jeug te bevorder. Volgens die ATM se direkteur, Michael Jonas, wil die instelling ook Afrikaans in al haar diversiteit en gedaantes ter bevordering van nasiebou en maatskaplike samehorigheid vier.

Die program self vind op 5 Junie by die Taalmonument plaas waar 100 uitgenooide jongmense na die gewilde en plaaslik bekende Nosipho H se motiveringspraatjie en sangitems kan luister. Dit word opgevolg met Zebulon Kochk, 2020-wenner van ’n Kokertoekenning vir die bevordering van Afrikaans onder die Suid-Afrikaanse jeug, wat sy gedigte voordra. Daarna sal Bianca Goosen, wat onder meer al by talle kunsfeeste opgetree het, asook die jong opkomende Wellingtonse sterre RJay & LKay die gaste met musiek en sang vermaak. Die hele geleentheid sal professioneel opgeneem en geredigeer word om ’n pragtige program vir ’n wêreldwye gehoor saam te stel. Dit sal boonop unieke skote van die monument insluit sodat kykers ’n beter idee kry wat die instelling als bied.

"Plaaslike talente word dikwels tydens groot geleenthede misgekyk of uitgebuit en word ook nie altyd na waarde geskat nie," sê Jonas. "Om hierdie redes wil ons ’n platform aan plaaslike kunstenaars bied om te kan groei, vaardighede te slyp en broodnodige blootstelling te bekom. Vermaak het immers die krag om ons te verenig en in krisistye aan mekaar te verbind."

Volgens Jonas het die opstande van 16 Junie 1976 verreikende gevolge vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap en die Afrikaanse wêreld gehad. "Die tragiese gebeure kan seer sekerlik beskou word as een van die grootste flaters in die geskiedenis van hierdie relatief jong Afrikataal. Dekades later gaan die taal steeds gebuk onder negatiewe persepsies weens die opstand, daarom bied Jeugdag ons die kans om te herbesin oor die instelling se omstrede verlede en die by tye steeds verdeelde taalgemeenskap wat ons bedien."

Die Jeugdagprogram sal vanaf 09:00 op Woensdag, 16 Junie 2021, gratis op die ATM se Facebookblad en YouTube-kanaal beskikbaar wees waar enigiemand dit enige tyd kan bekyk.

Vir verdere inligting oor hierdie en ander geleenthede, (aanlyn-)kursusse en Covid-19-protokolle, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za.

Jaarpermitte is beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin (tans aangebied teen ’n 20%-afslag), wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die Taalmonument en taalmuseum is oop vir besoekers – tans gratis toegang vir kinders onder 18. 


Drakenstein artists to motivate and entertain young people

In honour of Youth Day 2021 the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) offers an exciting free programme that will be recorded in situ and will be available online for a worldwide audience from 16 June 2021

Given the current challenges, this is an opportunity for the institution to strengthen its links with communities as well as to promote music practice and creative careers among the youth. According to the ATM's director, Michael Jonas, the institution also wants to celebrate Afrikaans in all its diversity and forms, in order to promote nation-building and social cohesion.

The programme itself will take place on 5 June at the Taalmonument where 100 invited young people can listen to the popular and local celebrity Nosipho H's motivational speech and songs. This is followed by Zebulon Kochk, 2020 winner of a Koker Award for the promotion of Afrikaans among the South African youth, who will perform his poetry. Afterwards, Bianca Goosen, who has participated at numerous art festivals, as well as the young rising Wellington stars RJay & LKay will entertain the guests with music and song. The entire event will be professionally recorded and edited to put together a beautiful programme for a worldwide audience. It will also include unique shots of the monument to give viewers a better idea of what the institution has to offer.

"Local talent is often overlooked or exploited during big events and are not always appreciated," says Jonas. "For these reasons, we want to provide a platform for local artists to grow, hone their skills and gain much-needed exposure," he says. "After all, entertainment has the power to unite and connect us in times of crisis."

According to Jonas the uprisings of 16 June 1976 had far-reaching consequences for the South African community and the Afrikaans-speaking world. "The tragic events can certainly be regarded as one of the biggest mistakes in the history of this relatively young African language. Decades later, the language continues to suffer from negative perceptions due to the uprising, which is why Youth Day offers us the opportunity to rethink the institution's contentious past and the still sometimes divided language community we serve."

The Youth Day programme will be available for free from 09:00 on Wednesday, 16 June 2021, on the ATM's Facebook page and YouTube channel where anyone can watch it at any time.

For further information on this and other exciting events, (online) courses and Covid-19 protocols, call 021 863 0543/4809 or visit www.taalmonument.co.za.

Year permits are available at R120 for individuals or R220 per family (currently offered at a 20% discount), which includes access to all Full Moon Picnics. The language monument and language museum are open to visitors – children under 18 currently enter for free.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top