PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2021

  • 1

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 Julie

Nuwe keur: Eybers soos goeie ‘lyfdokter’
AJ Opperman in gesprek met Ena Jansen, samesteller van Immigrant, ’n nuwe keur uit Elisabeth Eybers se werk.

4 Julie

Profiel: Vroue veg om eie lewe te lei in Robertson se ‘Isle’
Laetitia Pople via e-pos in gesprek met Claire Robertson

Boekevat: Jaag dit wat skeppend is met alles in jou na
’n Rubriek deur Carié Maas

Resensie: Te min vir die verbeelding
Jonathan Amid oor Eendagsblom deur Jauques le Roux

Resensie: ‘Karoo’ betrek al die sintuie
Francois Bekker resenseer Ons Karoo deur Deon Meyer en Coenie de Villiers

Resensie: Almal reisigers met swaar bagasie
Sonja van der Westhuizen resenseer ’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver

6 Julie

Boekenuus: Philip de Vos vereer vir bydrae tot kinderliteratuur

7 Julie

Gesoek: Digters van alle ouderdomme vir fees
Mariana Malan skryf oor die Gedigtefees op McGregor

12 Julie

Resensie: Bundel ’n onthouboek van digter as swerwer
Neil Cochrane resenseer Nomadiese sterre deur Joan Hambidge

Boekevat: Wanneer drome help sodat ’n mens kan begin skryf
’n Rubriek deur Jo Prins

14 Julie

Kyk weer: Jaco Fouché gesels oor bekroonde nuwe boek

Boekenuus: Jansen se boek vertel leerkragte se stories in inperking
Eugenie Gregan skryf oor Teaching In and Beyond Pandemic Times.

15 Julie

Boekenuus: SA skrywer gee 2de boek in Furry Fandom-genre uit
Elretha Britz skryf oor Jako Malan se nuwe boek.

Boekenuus: Lesers deel in reis vol nostalgie
Willemien Green skryf oor Nolan Venter se rubriekbundel.

19 Julie

Resensie: ‘Roxy’ is kleurryk, oortuigend en boeiend
J.B. Roux resenseer Roxy deur Kristel Loots

Resensie: Ruwe krag van ‘Vier susters’ slaan jou wind behoorlik uit
Jonathan Amid resenseer Vier susters deur Gerda Taljaard

Resensie: Pitkos vir ma’s wat op koue koffie leef
Stefaans Coetzee resenseer Kouekoffie deur Carla Lang

Resensie: Roman fyn afgewerk, kordaat in die hand
Jean Meiring resenseer Die miskruier en die maan deur Carié Maas

Boekenuus: Goeie terugvoer op nuwe Christelike uitgewer
AJ Opperman berig oor Luca, ’n nuwe Christelike druknaam.

Nuusberig: Skryf in vir Jonkerprys, digbundel
AJ Opperman berig oor die Ingrid Jonker L’Art Poetique-poësiekompetisie en die publikasie van ’n bundel wat daarmee saamval.

21 Julie

Sterfteberig: Digter Rosa Smit (76) sterf
Die digter en skrywer het weens Covid-19 afgesterf.

In memoriam: Digterskilder Rosa Smit ‘het passievol geleef’
’n Huldigingsberig deur Laetitia Pople

22 Julie

Nuus: Im4theArts skep handves vir regte van SA kunstenaars
In hierdie handves word die regte uitgestippel waarop kunstenaars in Suid-Afrika aandring.

23 Julie

Profielonderhoud: ‘’n Voorie kán president word’
Charles Smith in gesprek met Danie Langner oor sy boek, Die Voortrekkers hou koers

24 Julie

Nuus: Skryf in vir Avbob se 5de poësiekompetisie

In memoriam: Caltex het nooit ophou skep, maar ook nooit geraas geaak
Sjaka S. September huldig sy vriend, die Stellenbosse digter, skrywer, musikant en liedjieskrywer, Calex Omega.

26 Julie

Resensie: Juweel ’n móét vir die rak
Fransjohan Pretorius resenseer The Anglo-Boer War 1899-1902: 963 Days deur Pieter G. Cloete

Resensie: Kunstenaar-kurator se inventaris van verlies
Trisa Hugo resenseer Vin deur Lien Botha

Boekevat: Elke vers ’n kunswerk
’n Rubriek deur Ian Raper

Resensie: Aangrypend eerlike verhaal
Jonathan Amid bespreek La: ’n Reis na die lig deur Ansja Ferreira

27 Julie

Boekenuus: Stellenbosch dalk Unesco Afrikaanse dorp van letterkunde
Laetitia Pople berig oor ’n bod wat Darryl David ingedien het

Boekenuus: 2 skrywers van SA op langlys vir Booker-prys
Karen Jennings en Damon Galgut is beide op die Booker-langlys

28 Julie

Boekenuus: Kinderboek breek lansie vir nuuskierige kinders
Christiaan Boonzaier skryf oor Die meisie met 21 vrae deur Boitumelo Mothupi

30 Julie

Boekenuus: Harry Potter-boek behaal R1,6m. op veiling

 

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Julie op LitNet verskyn:

Waar kom ons vandaan? Van die begin van die heelal tot vandag deur Andreas Engelbrecht, Schalk Engelbrecht en Marleen Visser: ’n lesersindruk

Arendsvlerke vir Siebert deur Elsa Winckler: ’n lesersindruk

Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas: ’n resensie

Floreer deur Ilse Salzwedel: ’n resensie

Bure van nature: Waar mens en natuur skouers skuur deur Hennie van Deventer – ’n resensie

Die Stella-moorde deur Susan Cilliers, ’n lesersindruk

Een of ander held deur Zirk van den Berg: ’n resensie

More about opera deur Hans van Heerden: ’n lesersindruk

Eerste daar deur WS van der Waals: ’n lesersindruk

Vier susters deur Gerda Taljaard, ’n resensie

Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg: ’n lesersindruk

Dominique deur Erla-Mari Diedericks: ’n lesersindruk

Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg: ’n lesersindruk

Ingonyama en ander maats met leeueharte: ’n Kortverhaalbundel saamgestel deur Carin Krahtz – ’n resensie

Onder die vlerke van jou liefde deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Maya se musketier: ’n onderhoud met Marga Jonker

Robert: ’n Onderhoud met Robert Hamblin

’n Baie lang brief aan my dogter: ’n oudio-onderhoud met Marita van der Vyver

AD Keet: Die man met die sandale agter "Muskietejag"

Die volgende resensies het gedurende Julie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

4 Julie

Resensie: Fanie Olivier bespreek Laramie: ’n Terugblik op Eugène N. Marais saamgestel deur Jeanette Ferreira

Resensie: Die uil in die ysbos deur Susan Coetzer, geresenseer deur Juliana Coetzer

Resensie: Trisa Hugo bespreek Limerence deur Vincent Pienaar

Resensie: Hein Viljoen resenseer Seisoene op parool deur Hans Pienaar

11 Julie

Onderhoud: Lien Botha gesels met Debbie Loots oor haar tweede roman, Vin

Onderhoud: Johan van Zyl gesels met Gerhard Greyvensteyn oor sy krimidebuut, Die Seepunt-insident

18 Julie

Resensie: Herman Lategan resenseer Robert: A Queer and Crooked Memoir for the Not so Straight or Narrow deur Robert Hamblin

Nuut op die rak: “Nuwe fiksie en feite vir die kooi”

  • Jaco Fouché se Simoelégri: Stad van onrus;
  • Francois Smith se Die getuienis; en
  • Hendie Grobbelaar se Maskermense
  • Daniel Hugo se Klinkklaar;
  • Immigrant: ’n Keuse uit die gedigte van Elisabeth Eybers saamgestel deur Ena Jansen;
  • Cas Vos se Onder die vlerke van jou liefde; en
  • P. van Wyk Louw se Raka in ’n nuwe Engelse vertaling deur Iván Kovács
  • Mission of Malice: My exodus from KwaSizabantu deur Erika Bornman; Albert Blake se Afrikaner-sondebok? Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwag-leier;
  • Sizwe Mpofu-Walsh se The New Apartheid;
  • Can we be safe: The future of policing deur Ziyanda Stuurman;
  • Cynthia Stimpel se Hijackers on boardHow one courageous whistleblower fought against the capture of SAA;
  • Musings onder redaksie van Pieter J. Mathews;
  • Nikki Bush se eiesoortige selfhelpboek Future-proof yourself: How to win at work and life; en
  • Clem Sunter en Mitch Albury se Thinking the future: New perspectives from the shoulders of giants

Nuut op die rak: “Vroue verbreek stilte”

  • Bettina Wyngaard se Onverskrokke vroue: Uitdagings en oorwinnings van Bybelse tye tot vandag;
  • Shana Fife se Ougat: From a hoe into a housewife and then some;
  • Pumla Dineo Gqola se Female Fear Factory;
  • When secrets become stories: Women speak out onder redaksie van Sue Nyathi; en
  • Touch: Sex, sexuality and sensuality, saamgestel deur Tiffany Kagure Mugo en Kim Windvogel

25 Julie

Resensie: Jean Meiring resenseer Vin deur Lien Botha

Resensie: Annelise Erasmus bespreek Die vyfde slag deur Johann Grobbelaar

Resensie: Ware spookverhale van Suid-Afrika deur Daniël Lötter, geresenseer deur Jonathan Amid

Die volgende resensies het gedurende Julie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

8 Julie

Kook en geniet (Volledig hersien)

Talle Suid-Afrikaners het ’n emosionele verbintenis met “Kook en geniet” omdat dit al geslagte lank deel van ons ryk koskultuur en -erfenis is. ’n Resensie deur Louise Viljoen.

13 Julie

Klein kook en geniet

“Jy kan jou maar reghou vir baie ure se pret in die kombuis wanneer jy Klein kook en geniet sou inspan om jouself of jou kinders te leer oor kosmaak en bak. Dié kookboek staan nie ’n tree terug vir meer gevorderde resepteboeke net omdat dit gemik is op die onervare kok nie,” skryf Louise Viljoen.

22 Julie

Ware spookverhale van Suid-Afrika

Lees “Ware spookverhale van Suid-Afrika” liefs gedurende die dag, verál as jou verbeelding maklik op loop gaan en die geringste geritsel of skaduwee jou hartkloppings gee … Lees Louise Viljoen se resensie.

23 Julie

Boek van die maand: Tweegevreet

“Ten diepste is Tweegevreet ʼn misdaadverhaal en hoewel ʼn mens agter die intrige en waarskynlik die opklaring van tergende vrae (wie is die skuldige?) aan lees, is dit die karakterbeelding wat jou bybly,” skryf Johan Myburg.

27 Julie

Kinders se Slange van Suider-Afrika

Kinders maak in hierdie opwindende gids kennis met 36 van Suider-Afrika se interessantste en mees algemene slange.

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie onder redaksie van Francois Lion-Cachet verskyn:

Onderhoud: Francois Lion-Cachet in gesprek met S.J. Naudé oor sy kosmopolitiese skryfwerk

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793.

Woensdag 7 Julie

Ilse Salzwedel gesels met Susan Coetzer oor haar roman, Die uil in die ysbos. Suzette Kotze-Myburg gesels oor ‘n nie-fiksieboek oor Genghis Khan wat sy kan aanbeveel. In die slypskool vir voornemende skrywers, gesels Ina Strydom oor karakters en karakterisering. In Johan Myburg se internasionale bydrae kan jy meer uitvind oor die werk van die kinderboekskrywer, David Walliams, wat ook in Afrikaans beskikbaar is. Daar is nuus oor die wenner van die Desmond Elliotprys, en meer oor die digter Stephen Dunn, wat onlangs oorlede is.

Woensdag 14 Julie

Ilse Salzwedel gesels met Gerda Taljaard oor haar nuwe roman Vier susters, en met Daniël Hugo, medesamesteller van die versamelbundel Maskers en mure. In die slypklas vir voornemende skrywers gesels Ina Strydom oor die storielyn. Johan Myburg vertel meer oor die Bookerprys se beoordelaars, die Edinburgh boekfees, en die werk van William Blake, die Britse digter.

Woensdag 21 Julie

In die eerste van twee gesprekke gesels Ilse Salzwedel met die digter en letterkundige Fanie Oliver. Daniël Hugo praat oor die kuns van vertaling uit Nederlands.  In Ina Strydom se slypklas vir skrywers gee sy raad oor die ontwikkeling van die storie. Johan Myburg deel ‘n inspirerende storie oor boekversamelaars in ‘n oorloggeteisterde Damaskus, en JK Rowling se jongste fantasieverhaal vir kinders, Die Ickabog, wat in Afrikaans vertaal is.

Woensdag 28 Julie

Ons bring hulde aan die digter Rosa Smit, wat verlede week oorlede is. Ilse Salzwedel gesels verder met digter Fanie Olivier. Ina Strydom gesels oor byklanke in haar slypklas vir die skryf van radiodramas. Johan Myburg vertel meer van ‘n nuwe roman oor die vroue van Troje, die wenner van die Theakston Old Peculier misdaadroman van die jaar, en ‘n nuwe biografie oor Dante ter herdenking van hierdie beroemde skrywer se sterfjaar 700 jaar gelede.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896.

Dinsdag 6 Julie

Dann-Jacques Mouton lees gedigte voor uit Nathan Trantraal se oeuvre. Woorde soos "aangrypend, eerlik, sonder sentimentaliteit, skokkend, skreeusnaaks en ontroerend" word gebruik as Trantraal se poësie bespreek of beskryf word. Die gedigte kom uit die bundels Chokers en Survivors, Alles het niet kom wôd en Oolog.

Dinsdag 13 Julie

Rolanda Marais lees gedigte voor uit Kameleon deur die Belgiese digter Charlotte van den Broeck. Die bundel is uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo. Kameleon is van den Broeck se bekroonde debuutbundel en bevat 'n reeks oënskynlik naïewe maar ironiese, speelse en subversiewe gedigte wat 'n meisie se identiteitsoektog na vrouwees karteer. Dis 'n ontdekking van die lyflike en van taal, en delf deur herinneringe, landskappe en vorms.

Dinsdag 20 Julie

Ons bring hulde aan een van ons grootste skrywers en digters, Petra Müller, wat in Junie 2021 oorlede is.  Jy kan uitsien na 'n wye verskeidenheid van gedigte en kort prosa deur Petra Müller wat voorgelees word deur Juanita Swanepoel, Margot Luyt, Anna-Mart van der Merwe, Joanie Combrink, Rolanda Marais, Marion Holm, Cintaine Schutte, Karli Heine, Elmari Johnson, Lise-Mari van Wyk en Jana Kruger.

Dinsdag 27 Julie

Juanita Swanepoel lees gedigte voor van Olga Kirsch, die Jodin wat in Afrikaans gedig het al het sy die grootste deel van haar lewe in Israel deurgebring. Daniel Hugo skryf: “Die Afrikaanse digkuns is einde(r)loos en verryk deur sy “balling”digters: Elisabeth Eybers, Breyten Breytenbach, Barend J. Toerien, P.J. Philander, Sheila Cussons. Ook Olga Kirsch is meer as net ‘n “oorwinteraar in die vreemde”; sy is ‘n digter vir alle seisoene.”

De Week van de Afrikaanse roman bied in samewerking met die Taalunie en die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam ’n aantal aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

Die volgende gesprek word in Augustus vrygestel.

Woorde wat weeg

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/.

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

6 Julie

Resensie: Raka (vertaling)

Joan Hambidge resenseer N.P. van Wyk Louw se Raka uit Afrikaans in Engels vertaal deur Iván Kovács. Naledi, 2021.

13 Julie

Resensie: Die vlug van ’n vreemdeling

Joan Hambidge resenseer Magmoed Darwiesj: Die vlug van ’n vreemdeling. Soos vertaal deur Bester Meyer. Naledi 2021.

14 Julie

Resensie: Maskers en mure

Marlies Taljaard resenseer Maskers en mure – Daniel Hugo & Francois de Jongh (samest.). Turksvy, 2021.

22 Julie

Resensie: Hierdie Maandag is abstrak

Nini Bennett resenseer Anita van der Walt se debuutbundel.

  • 1

Kommentaar

  • Neil van Heerden

    Dankie PEN vir hierdie maandelikse samevatting van Afrikaanse boeknuus. Dit is besonder nuttig. Doen asseblief so voort.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top