Volledige kommentaar van die Afrikaanse Taalraad op die tweede konsep van die Universiteit Stellenbosch se hersiene taalbeleid
(Also in English below)
Hiermee die kommentaar van die Afrikaanse Taalraad op die tweede konsep van die hersiene taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US). Die kritiek is reguit maar konstruktief.
Die tweede konsep is ’n veel meer gesofistikeerde en deurdagte dokument as sy 2016 -voorganger wat die universiteit verbind tot die gebruik van Engels, Afrikaans en isiXhosa as onderrigtale. Dit raak aan soveel kwessies van belang vir Afrikaans en meertaligheid dat diegene wat minder vertroud met die taaldebat aan die US is, dalk sal sukkel om te verstaan hoe sommige belanghebbers, onsself ingesluit, krities daaroor kan bly.
Die probleem berus egter nie op wat die beleid sê nie, maar in wat verswyg word.
Die beleid spring byvoorbeeld van ’n algemeen uitstekende oorhoofse doel (purpose) tot algemeen uitstekende beginsels (principles) en gedetailleerde maatreëls (provisions). Wat egter ontbreek, is duidelike en meetbare doelwitte, 'n kritieke tekortkoming wat nie reggestel word deur die insluiting van uitgebreide burokratiese maatreëls nie (iets van 'n kuriosum vir 'n beleidsdokument).
Hierdie tekortkoming, tesame met die afwesigheid van die uitkomste waarna gestreef word, maak die beleid rigtingloos en belemmer doelgerigte beplanning en evaluering van implementering. Dit maak ook die skynbaar neutrale implementeringsprosedures, wat in soveel detail aangebied word, kwesbaar vir die impak van nie-eksplisiete of ander botsende beleidsdoelwitte. Daarmee word die waarskynlikheid van ongewenste uitkomste en die mislukte realisering van die beleid se onbetwisbare meertalige potensiaal verhoog.
Soortgelyke kommentaar is in die geval van die eerste konsep en die oorspronklike beleid van 2016 gelewer, maar skynbaar sonder om aanklank by die universiteit te vind. Dit is jammer, want die afwesigheid van spesifieke en meetbare doelwitte en duidelike gewenste uitkomste, lê aan die wortel van baie van die wantroue teenoor die universiteit en sy hantering van taal.
Benewens dié kwessie, bly ons skepties oor die vertrekpunte van baie van die universiteit se argumente. Die afwesigheid van ’n behoorlike koste-bate-analise van die verskillende beleidsopsies tot die beskikking van die universiteit, iets wat die universiteit se kosteberekening van meertaligheid dalk in 'n ander lig kan plaas, steur nog steeds.
Daarby verbaas die US se volharding met beperkinge op die gebruik van die inheemse tale (Afrikaans ingesluit) op ’n nagraadse vlak, veral in die lig van voorbeelde wat deur ander Suid-Afrikaanse universiteite gestel is. Die intellektualisering van dié tale en die handhawing daarvan vind immers hier eerder as op voorgraadse vlak plaas. ’n Pragmatiese plan kan tog sekerlik hier gemaak word.
Ons neem ten spyte van dié stellings kennis van die groter bereidwilligheid van die universiteit om hul denke te verduidelik (byvoorbeeld die konteksdokument) en op kritiek te reageer. As sodanig hoop ons dat ons finale opmerkings behoorlik oorweeg sal word. Ons bly verbind tot verdere gesprek met die universiteit oor die implementering van die taalbeleid, en hoop om sodoende die uitkomste vir veeltaligheid, Afrikaans en isiXhosa aan die US te verbeter.
Kommentaar in Engels
Herewith the comments of the Afrikaanse Taalraad on the second draft of the revised language policy. The criticism is forthright but constructive.
The second draft is a far more sophisticated and thoughtful document than its 2016 predecessor that commits the university to the use of English, Afrikaans, and isiXhosa as languages of instruction. It touches upon so many issues of importance to Afrikaans and multilingualism, that those less familiar with the language debate at the US might struggle to understand why some interested parties, including ourselves, might remain critical thereof.
However, the problem vests not in what the policy says, but in what it does not.
For instance, the policy vaults from generally excellent aims to generally excellent principles and detailed measures (“provisions”). What is missing, though, are clear and measurable objectives, a critical shortcoming that is not remedied by the inclusion of the extensive bureaucratic measures, something of a curiosum in a policy document.
This shortcoming, along with silence about the outcomes being strived at, effectively renders the policy rudderless and obstructs purposeful planning and evaluation of implementation. Furthermore, it renders the apparently neutral implementation procedures, presented in so much detail, vulnerable to the impact of non-explicit or other conflicting policy objectives. This enhances the chances of undesirable or unintended outcomes, and of a failure to realise the policy’s indisputable multilingual potential.
Similar issues were raised in our comments regarding the first draft of the revised policy, as in 2016 in fact, but is yet to strike a chord with the university. Yet, the absence of specific and measurable policy objectives and clear desired outcomes lies the root of much of the distrust towards the university and its intentions regarding language.
Beyond this matter, our misgivings about the university’s point of departure in much of their argumentation remain. Particularly disturbing is the absence of a proper cost-benefit analysis of the different policy options available to the university, something that might place the university’s calculus regarding the costs of multilingualism in a different light.
We also profess ourselves puzzled by the university’s ongoing restrictions regarding the use of the indigenous languages (Afrikaans included) at a post-graduate level, especially in view of examples set by several other South African universities. This is, after all, where the intellectualisation of these languages and the maintenance thereof truly takes place. Surely, a pragmatic plan is possible here.
However, we also take note of what looks like a greater willingness on the university’s part to explain their thinking (e.g. the context document) and to engage with and absorb critique. As such, we hope our final comments will be given proper consideration. We also commit ourselves to ongoing engagement of the university about the implementation of the policy, hoping thereby to improve the outcomes for multilingualism, Afrikaans, and isiXhosa.
Kommentaar
Netjiese kommentaar.
Die gebrek aan duidelike beleidsuitkomste laat 'n mens wonder wanneer plaaslike universiteite die moed bymekaar gaan skraap om werklik iets konkreets te doen omtrent hulle ewigdurende gebabbel oor meertaligheid deur onder meer van studente te vereis om ter wille van (veel meer geslaagde) integrasie 'n taalkursus te laat volg waarin "die ander" se taal as gesprekstaal aangeleer word. Aan Stellenbosch praat ons dan van kursusse in ten minste Afrikaans en Xhosa.
Om funksionele individuele meertaligheid te bevorder deur studente sover te kry om mekaar se tale as gesprekstale aan te leer.