Persverklaring: WAT se nuutskeppingskompetisie 2021

  • 2


Die WAT se jaarlikse Nuutskeppingskompetisie is vanjaar op Vrydag 13 Augustus in Monitor op RSG aangekondig. 
 
Die nuutskeppings moet verkieslik woorde wees wat 'n nuwe verskynsel op 'n treffende manier beskryf of 'n alternatief vir ontoereikende bestaande woorde.
 
Die nuutskeppings hoef nie te rym nie.
 
Vanaf Maandag 16 Augustus sal daar elke dag tussen 07:30 en 08:00 in Monitor aangekondig word vir watter drie inskrywings daar gestem kan word, ten einde die dagwenners en uiteindelike wenner te bepaal.  Die pryse vir die wenners sal Maandag aangekondig word.
 
Stuur jou nuutskeppings NOU na wat@sun.ac.za! Op Vrydag 19 Augustus word daar vir die groot wenner gestem.

  • 2

Kommentaar

  • Stephan Pretorius

    Afristaan

    Kan jy Afristaan? Die woord bestaan uit... Afrikaans en verstaan. Met ander woorde kan jy Afrikaans verstaan?

  • Jan Schaafsma

    Porrel(s)

    Afrikaanse woord vir Engelse "nurdle".

    In Oktober 2020 het 'n vraghouer met klein plastiekkorreltjies wat as grondstof vir die vervaardiging van verbruikersartikels van plastiek dien (in Engels "nurdles") by Plettenbergbaai in die see beland. Miljarde van dié korreltjies het langs die suidooskus op strande uitgespoel. Bykans 'n jaar later vind 'n mens steeds duisende van dié besoedelende porrels (plastiek + korrels) op die hoogwatermerk as jy op die strand (in my geval Bettysbaai) gaan stap.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top