Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na [email protected].

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to [email protected].

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

landuit

Desmond Gird Poësie 2020-12-22

"landuit koebaai sê vir goeie pêlle 
bly maar ’n diep, rou, hartseer ding 
land in, sou ons julle terug wou bring; 
al die nabye geliefdes voel dieselfde"

Herfs

Anzel van den Berg Poësie 2020-12-22

"Ek wil jou beloftes afbrand 
sodat jy kan skroei 
Ek wil jou omgee in blare verander 
die soort wat wegwaai as dit winter raak"

burning bright

Susan Smith Poësie 2020-12-21

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Susan Smith se gedig hier.

Die koms en die vertrek van die oom: deel 3

Heilna du Plooy Fiksie 2020-12-18

"In die middel van die bed lê Hansie. Hy het ’n aandpak met satynlapelle aan en ’n wit formele hemp met fyn opnaaiseltjies. Hy het ’n donkerblou en silwer strikdas aan en blink skoene. Hy lyk of hy slaap."

Persverklaring: Sopnat gala-aand ’n reusesukses

Amanda Ahave De Meillon Skryfsake en rubrieke 2020-12-18

Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehaltepoësie in Afrikaans. Op 1 Maart 2021 skop INK af met ’n splinternuwe digkompetisie wat 2020 s’n gaan oortref. Hier is vanjaar se wenners.

Die koms en die vertrek van die oom: deel 2

Heilna du Plooy Fiksie 2020-12-17

"Hoe kan mens jou die verblindende skok van die twee jong mense wat hulle eersteling moes afgee, voorstel? Hoe sal iemand weet in watter oneindige stilte en leegheid hulle daar in hulle huis agterbly het? Want wat grootoupa geëis het, het net so gebeur."

In liefde gebroke

Drienie Joubert Kelly Poësie 2020-12-15

"Jou beeld stap stil by my terugdink verby. 
Jou asem wasem vergete liefdesverhale in my nek, 
en ek onthou die vuur, en smaraggroen skynsel in jou oë." 

Penarie

Kleinboer Poësie 2020-12-15

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Kleinboer se gedig hier.

Sies kollega, jy stink ten hemele!

Anna-Marie le Roux Fiksie 2020-12-15

"Liewe leser, vandag gaan ek vir jou ’n storie vertel wat my goeie vriend Tiens vir my vertel het en wat hý weer by ’n ander vriend gehoor het. Dié vriend was jarre der jarre gelede ’n professionele soldaat. Sy naam was Tiens."

Die koms en die vertrek van die oom: deel 1

Heilna du Plooy Fiksie 2020-12-15

"Ek en Annaleen ken mekaar al lank en ek kon nie onthou dat sy ooit vroeër van die oom gepraat het nie, nie eers een keer nie. Ek ken haar ma en tantes goed, want hulle woon op die dorp en kuier gereeld saam. Maar van hierdie oom het ek nog nooit gehoor nie. Waarom kom hy juis by Annaleen en Egbert bly? het ek gewonder."

Ode aan ons liefde

Salvia Ockhuis Poësie 2020-12-10

"Jare gelede het ons 
ons name 
in twee harte oor mekaar 
op ’n akkerboomstam 
uitgekerf;"

Fees vir die aasvreters

Driekie Grobler Poësie 2020-12-10

"ongenooid kom neem hul plaas 
aan die tafel van my gemoed 
maak hul ongevraagd tuis"

rooimierwoorde

Johanette Pretorius Poësie 2020-12-10

"jou letters word karakters in ’n vreemde taal 
dit verwar my eens korrekte linkerbrein 
letters en woorde word syfers wat nie klop nie 
hoe maak ek sin uit hierdie hope krabbellyne?"

bergvergadering

Pieter Odendaal Poësie 2020-12-08

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Pieter Odendaal se gedig hier.

Storielyn

Carla Botha Poësie 2020-12-03

"tog sal elke storie eendag kwyn 
            van mens-brein" 

Troebadoer-swerwerskind

Amanda Ahave De Meillon Poësie 2020-12-03

"waar die golwe teen die rotse klots 
het my paadjie weer gedraai 
my spore trap diep deur Beaufort-Wes 
ek verloor my siel in Namakwaland" 

Klaaglied van ’n houtstoel

Morné du Preez Poësie 2020-12-03

"Al het ’n blom ’n kelk en steel 
bly ’n blom ’n blom; 
al het jy die hoek en ek die tee 
is dit tog waar meester sy tyd bestee!"

Uit Ouma se fotoalbum (vir Ingrid)

Bester Meyer Poësie 2020-12-03

"maar toe onthou het
Ouma was die digter 
en jy 
dalk net 
die gedig"

Kommadagga short story: Twee vuilpoppe

Sandile Ntuli New writing 2020-12-02

"I am your son, and we are alike in so many ways. Yes, I like boys, but only to play with. But girls, girls I love. Only girls."

Shakespeare, sonnet #21

Loftus Marais Poësie 2020-11-30

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Loftus Marais se gedig hier.

Top