
Dit is van die duiwel af
Ek het gaan staan
tussen Langlaagte
duskant Kortvlei
ek dink by Wuppertal
of Kamieskroon
ek kannie onthou nie
’n vreemde wêreld
in ’n land van stof
waar stofduiwels waai
die honger kraaie
eet dooie kos
in die pad
die treine was skaars
die stofpaaie stil
geen vliegtuig
vlieg hier oor
op daardie pad
is jy die kluisenaar
van hier tot daar
omdat niks
’n meter hoog groei
tog was ek tuis
hier in die niks
waar niemand
al mens is
wat jy mee kan praat
oor dit en dat
oor reën wat wegbly
die duiwel wat ryloop
aan die ander kant verby
waar ek en jy
mekaar vergeet het
waar Cleopatra
die droom
omgedraai het
die mis in
in die begin van ellende
soos dit gebeur
as mense lieg
sonder om te besef
dit is van die duiwel af.


Kommentaar
Dit wil my voorkom dat die minderheid digters lees nog minder hul sienings deel. Die volgende is dus my poging.
"Dit is van die duiwel af" is ’n atmosferiese, diepsinnige en poëties ryk gedig wat die Suid-Afrikaanse binneland suksesvol as ’n objektiewe korrelatief vir die menslike psige en morele disintegrasie gebruik en my maag laat draai het. In kritiek van my lees 1: Die eerste verse oor beskryf die verlatenheid , as die emosie oorgedra is stop, die herhaling verswak die gedig. 2: Die niks is sterk genoeg laat die “ ‘n meter hoog groei “ in die laai en niks groei so hoog in die Karoo 3: Die verskyning van Cleopatra is vreemd wat gebeur as die vers uitgelos word sal ook die twee “in” en “ in” uitskakel wat nou nie vloei nie.