Die lap agter die toiletpot

  • 0

Foto: Canva

Die lap agter die toiletpot

In baie Kaapse huise
staan daar ’n ou lap agter die toiletpot.

Hy was nie altyd daar nie.
Eendag was hy nuut.
Die mooiste lap in die huis.

Maar soos die jare aangaan,
skuif ons hom na die swaar werk.

En toe verstaan ek –
’n ma is ook so.

Sy staan eerste op
en gaan laaste slaap.
Sy vat die swaar
sodat haar kinders ligter kan leef.

’n Huis sonder ’n ma
is net ’n gebou,
maar met haar
word dit ’n tuiste.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top