vonnis

  • 0

vonnis

tuimelende klip
wat vreugde verwoes
wonde skeur
droomflarde waai
tot niks

grou moeras
woeste maaier
wat hoop versink
die kind verdrink

ongenaakbaar pervers
is die liefde gepers
tot frummelvrug
wat plof
tot stof

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top